Die skadudrukgroep, Higher Education Transformation Network, het aanklagte van bedrog teen die voormalige rektor van die Universiteit van Noordwes, Theuns Elof ingedien.
RSG berig dat Eloff en twee ander amptenare daarvan beskuldig word dat hulle die oordrag van tien miljoen rand na die Noordwes Hoër Onderwys-trustfonds onwettig goedgekeur het.
Die drukgroep voer aan dat daar botsende belange is aangesien Eloff nou die nie-uitvoerende direkteur van die trustfonds is.
Die drukgroep sê hulle het `n saak by Pretoria se Sentrale Polisiestasie ingedien.
Hulle hou vol dat staatsgeld misbruik is.
Na bewering is ene dr Ingrid Nonjongo Tufvesson, die transformasiebeampte en uitvoerende adviseur vir die bestuur en beheer oor transformasie, die brein agter HETN.
Sy het aan die Malmö Universiteit in Swede studeer en maak graag die valse bewering dat sy in 1999 nie toegang tot hoër onderwys in Suid-Afrika gehad het nie omdat sy bruin is.
Op die HETN-webblad valse bewerings oor studiegeleenthede vir bruines
Die Nazi-saluut in Iran, in gebruik sedert die begin van die eeu
Die Hoër Onderwys transformasie-netwerk (HETN) eis dat die wit bestuur van die Noordwes Universiteit summier afgedank word.
Die HETN het hul kommer uitgespreek teenoor die premier van Noordwes, Thandi Modise oor die beweerde massa-Nazisaluut wat by die Noordwes-Universiteit (NWU) plaasvind.
Die woordvoerder van die netwerk, Hendrick Makaneta het ‘n beroep op die minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande gedoen om dringend die instelling onder administrasie te plaas.
‘n Veldtog teen die wit bestuur NWU is verlede week deur Naspers van stapel gestuur.
Die HETN het glo “grafiese bewyse” wat deur Beeld op 21 Februarie 2014 gepubliseer is van die gebruik van ‘n Nazi-saluut by die Universiteit se Potchefstroom-kampus tydens ontgroening.
Verskeie slagspreuke soos “heil Hitler” is blykbaar ook gebruik tydens ontgroenigsrituele.
Volgens die HETN het hulle reeds herhaaldelik gewaarsku oor die verspreiding van rassistiese praktyke wat by die NWU floreer, op die wit Potchefstroom-kampus en in die werkplek van dieselfde instelling.
Die HETN het die “voortgesette skynheilige ontkennings deur die visekanselier van die NWU, dr Theuns Eloff in die aangesig van die naakte waarheid soos uitgebeeld in die foto’s sowel as die platoniese verskoning aangebied deur die rektor van die NWU Potchefstroom, prof Herman van Schalkwyk” rakende die saluut op sosiale media, betreur.
Die gebruik van die Nazi-tipe saluut is ‘n “internasionale misdaad” in Duitsland, Oostenryk en die Tsjeggiese Republiek en is onaanvaarbaar vir gebruik in ‘n staatsbefondsde instelling “in ons demokrasie”, het die HETN in ‘n verklaring gesê.
In een foto in die besit van die HETN “so vroeg as Desember 2013” is NWU Potchefstroom se rektor, prof Herman van Schalkwyk, “duidelik sigbaar te erken waar hy die beweerde Nazi-saluut van studente in die dieselfde wyse as tydens Hitleristiese tye beantwoord”, het die HETN gesê.
“In ‘n poging om bogenoemde beweerde praktyke, insluitend die summiere afdankings en viktimisering van swart werknemers en studente weg te steek, het die NWU Potchefstroom se elite gekies om geregtigheid en die waarheid te ontduik met ‘n oneerlike interdik teen die netwerk, met oneerlike bedoelings om ons te keer om die waarheid rugbaar te maak.”
Die HETN het ernstige beswaar gemaak teen die “misbruik van staatsbefondsing deur ‘n oneerlike kliek akademici en hul rassistiese makkers wat in stryd is met die letter van die Grondwet” asook die “diep rassisme steeds verskans in die hoër onderwys”.
Die premier van Noordwes, Thandi Modise sê die provinsiale regering sal die verwikkelinge monitor.
Iran, een van Suid-Afrika se bondgenote, gebruik dikwels dieselfde Nazi-saluut in die openbaar. Suid-Afrika en Iran bedryf saam die multimiljoerand Aryasasolpolimere-maatskappy.
Die HETN het hulself nie uitgespreek oor die “internasionale” aanvaarbaarheid van die Nazi-saluut in Iran nie.