Vrystaatse onderwys gee miljarde onregmatig uit

Die Vrystaatse onderwysdepartement het meer as R2,3 miljard se onreëlmatige uitgawes aangegaan en die meeste daarvan hou verband met die toekenning van tenders. Dit is volgens die ouditeur-generaal se verslag vir die 2014/2015 boekjaar wat vandag tydens ‘n sitting van die staande komitee vir openbare rekeninge in die provinsiale wetgewer bespreek word. Die verslag het

Lees verder: Vrystaatse onderwys gee miljarde onregmatig uit

Wits-betogers dreig met geweld oor klasgeld

Studente by die Universiteit van die Witwatersrand het Woensdagaand gewelddadig geraak tydens ‘n betoging oor klasgelde. Die bestuur van die universiteit het gedreig om die polisie in te roep as orde nie herstel word nie. Prof. Adam Habib, vise-kanselier het voorheen gepleit vir groter staatsubsidies om die verhoging in klasgelde te verhoed. Maar Mcebo Dlamini,

Lees verder: Wits-betogers dreig met geweld oor klasgeld

NG Kerk Otjiwarongo staak finansiële bydraes aan SA NGK oor gays

Die Nederduits Gereformeerde kerk Otjiwarongo het Woensdagaand ná ʼn buitengewone kerkraadvergadering besluit om alle bande met die Algemene Sinode in Suid-Afrika te verbreek. Die gemeente het alle finansiële bydraes aan die NG Kerk in Suid-Afrika gestaak, maar sal voortgaan om bydraes te lewer aan die Namibiese sinode, op voorwaarde dat dié bydraes nie aan die

Lees verder: NG Kerk Otjiwarongo staak finansiële bydraes aan SA NGK oor gays

Ivoorkus se verbod op velbleikmiddels afgelag

‘n Groot en groeiende swart bevolking van “tchatchos”, ‘n onvertaalbare term in die Ivoorkus vir mense wat hul donker velle met produkte soos Fair and White, Glow en Nature White bleik, sê hulle sal aanhou ondanks ‘n verbod. Die Ivoorkus se regering het vroeër hierdie jaar met goeie bedoelings velbleikmiddels verbied, maar swart verbruikers ignoreer

Lees verder: Ivoorkus se verbod op velbleikmiddels afgelag

Brug stort in duie oor besige Johannesburgse snelweg

Ten minste drie mense is dood en 17 beseer as ‘n gevolg van ‘n brug oor een van Johannesburg se besigste snelweë wat in duie gestort het. Duisende motoriste is in verkeersknope van kilometers lank opgehou deur die ineenstorting. “Ons is baie bekommerd oor die beseerdes. Dit is ‘n baie besige snelweg en dit was

Lees verder: Brug stort in duie oor besige Johannesburgse snelweg

Phiyega geskors hangende ‘n ondersoek

President Jacob Zuma het aangekondig dat die Nasionale Polisiekommissaris, Riah Phiyega geskors is met volle vergoeding. Haar skorsing is hangende ‘n raad van ondersoek wat haar geskiktheid om die pos te beklee sal bekyk. ‘n Aanbeveling van die Marikana Kommissie het tot die ondersoek gelei . Phiyega se rol in die dood van 44 mense

Lees verder: Phiyega geskors hangende ‘n ondersoek

Reform PUK betoog teen Afrikaans

Nagenoeg 150 studente het op die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit het Dinsdag betoog om ‘n memorandum van griewe aan die universiteitsbestuur te oorhandig. Reform PUK, wat die belange van swart studente wil bevorder, het egter gesê dat indien hul klagtes nie aandag kry nie, hulle die kampus onregeerbaar sal maak. Hul klagtes sluit onder meer

Lees verder: Reform PUK betoog teen Afrikaans

Moord op beesboer: Borgaansoek gehoor

Twee swartes wat verbind word met die dood van die Potchefstroomse beesboer Koos van der Leeuw, sal na verwagting vandag uitvind of hulle borgtog toegestaan is. Die ander twee beskuldigdes het verkies om nie om borgtog aansoek te doen nie. Die 68-jarige Van der Leeuw is in Augustus in die kop geskiet tydens ‘n rooftog

Lees verder: Moord op beesboer: Borgaansoek gehoor

EFF en Madonsela se samewerking gekritiseer

Die EFF het hul samewerking met die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, verdedig nadat Madonsela as ‘n derde party tot hulle Grondwethofsaak toegetree het. Die regerende party het vroeër sy kommer uitgespreek omdat Madonsela haar by die EFF skaar in die party se saak teen president Jacob Zuma. Die ANC se hoofsweep, Stone Sizani het gesê

Lees verder: EFF en Madonsela se samewerking gekritiseer

Boko Haram slaan toe in Tsjad en Kameroen

Dubbele selfmoordbomaanvalle Sondag het die lewe van minstens nege mense in die verre noorde in Kameroen geëis, ’n dag nadat driedubbele ontploffings in Tsjad die dood van 41 mense veroorsaak het. Boko Haram word vir die naweek se geweldpleging verantwoordelik gehou, het AFP berig. Albei lande is deel van die streekskoalisie wat teen die militante

Lees verder: Boko Haram slaan toe in Tsjad en Kameroen