Neo-Cons gereed om Sirië aan te val

Amerika en Brittanje het Dinsdag intensiewe voorbereidings getref om weer ‘n soewereine staat aan te val, nadat hulle voorheen redes versin het om Irak sowel as Libië te teiken. Die rede sal oënskynlik wees om pres. Basjar al-Assad van Sirië te straf vir sy gebruik van gifgas teen burgerlikes verlede week. Die VSA en Brittanje

Lees verder: Neo-Cons gereed om Sirië aan te val

Afleggings, stakings by myne

Mynwerkers by Amplats in Rustenburg in Noordwes gaan die maatskappy se aflegging van seweduisend werkers teenstaan. Werkers se toekoms is steeds onseker omdat werkers nog moet besluit of hulle skeidingspakkette gaan aanvaar of verplaas wil word. ‘n Massavergadering is gister gehou deur ‘n taakspan by Khuseleka 2 en die Khomanani 1 en 2 skagte. Amplats

Lees verder: Afleggings, stakings by myne

Walter Sisulu-universiteit sluit weens onrus

Die besluit deur die Walter Sisulu-universiteit om sy deure onbepaald te sluit, is deur talle organisasies veroordeel. Die administrateur, Lourens van Staden het studente aangeraai om die universiteit in Mthatha in die Oos-Kaap dadelik te verlaat. Dit sluit alle koshuise en ander akkomodasie in. ‘n Woordvoerder vir die universiteit sê die besluit is geneem omdat

Lees verder: Walter Sisulu-universiteit sluit weens onrus

Vermeende dwelmvervaardiger vas

‘n Nigeriese man is Dinsdag op ’n aanklag van die vervaardiging van dwelms in Germiston in hegtenis geneem, het die Ekurhuleni-metropolisie gesê. “Die polisie het hom na sy woonstel vergesel, waar ‘n tregter, skaal en twee kilogram fosfor en jodium gevind is,” het Wilfred Kgasago, woordvoerder, gesê. Kgasago het gesê katinoon, ‘n dwelm soortgelyk aan

Lees verder: Vermeende dwelmvervaardiger vas

Kaap van storms

Twee kouefronte beweeg in die rigting van die Kaap en sal na verwagting swaar reën, koue, oorstromings, sneeu, stormsterk winde en onstuimige seetoestande veroorsaak. ‘n Weervoorspeller van die Suid-Afrikaanse Weerdiens, het gesê die eerste front sou die Moederstad Dinsdag getref het. Die tweede front sal Woensdagmiddag sy opwagting maak en die provinsie tot Saterdag teister.

Lees verder: Kaap van storms

Louise Mabille teen Gillian Schutte in debat oor witskuld eerskomende Vrydagaand

Die praag-rubriekskryfster en filosofiedosent by Tukkies, Louise Mabille, pak eerskomende Vrydagaand vir die hiper-polities korrekte Gillian Schutte tydens ‘n debat oor die vraag hoe blankes in die openbare sfeer behoort op te tree. Schutte het ‘n tyd gelede ‘n opskudding veroorsaak met haar ope brief getiteld Dear white people wat sy as “Setlaarsuster” onderteken het. Daarin

Lees verder: Louise Mabille teen Gillian Schutte in debat oor witskuld eerskomende Vrydagaand

Goudprys styg weens moontlike aanval op Sirië

Die goudprys beleef ‘n elf-weke-hoogtepunt. Dit het verstewig ná vrese oor ‘n moontlike militêre ingryping deur die Amerika en Brittanje in Sirië. Die VSA het aangedui dat militêre optrede ‘n moontlikheid is, weens ‘n chemiese aanval in ‘n voorstad in Damaskus. Hulle hou President Bashar al-Assad daarvoor verantwoordelik, in weerwil van die feit dat daar

Lees verder: Goudprys styg weens moontlike aanval op Sirië

Melkboere trek swaar ‘maar verstedeliking skep suiwelaanvraag’

Produksiekoste is tans buitensporig hoog wat melkboerdery betref. “Teen die pryse wat ons kry, gaan dit broekskeur,” sê mnr. Bernard Maree, voorsitter van die Vrystaatse tak van die Melkprodusente-organisasie. Produsente in die provinsie verdien R3,65 tot R3,85 per liter melk, terwyl hulle R4,89 per liter nodig het om alle koste te dek. Van dié boere

Lees verder: Melkboere trek swaar ‘maar verstedeliking skep suiwelaanvraag’

Petroljoggies staak van Maandag

Tot 72 000 petroljoggies en ander werknemers by vulstasies en motorhandelaars landwyd sal van Maandag (2 September) af staak nadat die onderskeie partye in die loononderhandelinge nie ooreen kon kom nie. Die werknemers is almal lede van die metaalwerkersvakbond, Numsa. Volgens ’n Numsa-verklaring eis hulle ’n “menswaardige loon en verbeterde diensvoorwaardes”. Die NUM het intussen

Lees verder: Petroljoggies staak van Maandag

Epiese dop: Al 25 000 Liberiese matrieks dop toelatingseksamen

Nie een enkele kandidaat van die 25 000 het vanjaar se toelatingseksamen tot ‘n universiteit in Liberië geslaag nie. Die Universiteit van Liberië sal dus geen eerstejaars op kampus hê nie. Dié instelling is een van die vasteland se twee universiteite wat deur die staat bestuur word. Minder as ‘n honderd kon daarin geslaag om

Lees verder: Epiese dop: Al 25 000 Liberiese matrieks dop toelatingseksamen