‘n Nigeriese man is Dinsdag op ’n aanklag van die vervaardiging van dwelms in Germiston in hegtenis geneem, het die Ekurhuleni-metropolisie gesê.
“Die polisie het hom na sy woonstel vergesel, waar ‘n tregter, skaal en twee kilogram fosfor en jodium gevind is,” het Wilfred Kgasago, woordvoerder, gesê.
Kgasago het gesê katinoon, ‘n dwelm soortgelyk aan amfetamiene, is ook in sy besit gevind.
Die 29-jarige man sal Woensdag in die Germiston-landdroshof verskyn. – Sapa
