Zuma nie na Bob se inhuldiging nie

President Jacob Zuma sal nie teenwoordig wees by Robert Mugabe se inhuldiging nie. Adjunkpresident, Kgalema Motlanthe verteenwoordig Suid-Afrika vandag by die plegtigheid in Zimbabwe. Hy word van die Minister van Internasionale Betrekkinge, Maite Nkoana-Mashabane vergesel. Bykans 40 huidige en voormalige staatshoofde, onder wie Thabo Mbeki en Kenneth Kaunda sal die inhuldiging bywoon. Die leier van

Lees verder: Zuma nie na Bob se inhuldiging nie

Agang se uitdaging: Zuma reageer

President Jacob Zuma het gereageer op Agang-leier Mamphela Ramphele se oproep om hom sy persoonlike finansies bekend te maak. In ‘n verklaring van die presidensie Woensdagaand, het Zuma gesê hy doen jaarliks aan die Kabinet verslag, volgens bepalings in die Grondwet. “Die Grondwet van 1996 en die Uitvoerende Lede Etiek, 1998, skryf die aard, inhoud

Lees verder: Agang se uitdaging: Zuma reageer

Kommissie verwerp berigte dat Seriti opsetlik wapenondersoek sloer

Die Seriti Kommissie van Ondersoek na Wapenaankope sit vandag sy openbare verhore voort, nadat hy nie kommentaar wou lewer op berigte dat die kommissie opsetlik vertraag word nie. Die woordvoerder van die kommissie, William Baloyi sê hy sal homself nie verwerdig om kommentaar te lewer op die berigte wat in Beeld verskyn het nie. Drie

Lees verder: Kommissie verwerp berigte dat Seriti opsetlik wapenondersoek sloer

Wilgehof: Geen bewyse van rassisme nie, maar departement hou vol

Die Vrystaatse Onderwysdepartement gaan voort met die ondersoek na beweerde rassisme deur ‘n graad-een onderwyser teen ‘n leerder van die Laerskool Wilgehof in Bloemfontein, in weerwil daarvan dat die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie geen bewyse van mishandeling kon vind nie. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) se woordvoerder Isaac Mangena sê die leerlinge, onderwysers en die Skoolbeheerliggaam (SBL) se

Lees verder: Wilgehof: Geen bewyse van rassisme nie, maar departement hou vol

Langer skooldag in die vooruitsig

Skooldae kan met tot ’n uur per dag gerek word om leerlinge die geleentheid te gee om ’n derde inheemse taal aan te leer. Elke skooldag sal tussen 24 minute en ’n uur langer wees, het die Cape Times berig. Dit is vervat in die konsepbeleid wat skole sal dwing om ’n bykomende inheemse taal

Lees verder: Langer skooldag in die vooruitsig

Bradley Manning kry 35 jaar

Bradley Manning, die Amerikaanse soldaat wat beskuldig word van die grootste lekkasie van geklassifiseerde inligting in die geskiedenis van die VSA, is Woensdag tot 35 jaar tronkstraf gevonnis. Die 25-jarige Bradley Manning is in ’n krygshof daarvan aangekla dat hy meer as 700 000 dokumente aan WikiLeaks verskaf het. Kol. Denise Lind het Manning verlede maand

Lees verder: Bradley Manning kry 35 jaar

Hof beslis dat Moebarak vrygelaat word

’n Hof in Egipte het beslis dat oudpres. Hosni Moebarak vrygelaat moet word, het ’n beampte gesê. Dit is nie bekend of die aanklaers teen die beslissing gaan appelleer nie. Die uitspraak kom na die verhoor waarin Moebarak tereggestaan het op aanklagte dat hy geskenke van ’n staatsbeheerde koerant aanvaar het. Die 85-jarige Moebarak is

Lees verder: Hof beslis dat Moebarak vrygelaat word

Chemiese aanval in Sirië eis meer as 1000 lewens

Die Verenigde Nasies (VN) se Veiligheidsraad het gesê ‘n verduideliking is nodig oor ‘n beweerde chemiese wapenaanval op burgerlikes in die voorstede van Damaskus Woensdag. Die Raad het nie uitdruklik gevra vir ‘n ondersoek deur die VN-ondersoekbeamptes in Sirië nie. Die aanval kom te midde van ‘n besoek van VN-inspekteurs aan Sirië om bewerings van

Lees verder: Chemiese aanval in Sirië eis meer as 1000 lewens

Cosatu, ANC dreig Hoër Volkskool Heidelberg met “3000-man-optog”

Cosatu, tesame met die ANC en die SAKP, dreig die Hoër Volkskool Heidelberg met massa-optrede ná ‘n tugverhoor wat aanbeveel het dat ‘n swart leerling geskors word. Volgens ‘n berig in ‘n plaaslike koerant, beplan “3000 lede van die ANC en sy alliansievennote Cosatu en die SAKP, om na Hoër Volkskool te marsjeer om beswaar

Lees verder: Cosatu, ANC dreig Hoër Volkskool Heidelberg met “3000-man-optog”

Aanvallers ‘praat Afrikaans met swaar aksent’

‘n Plaaslike sakeman verkeer steeds in ‘n bedenklike toestand, nadat hy verlede week in die vroeë oggendure deur vier aanvallers by sy huis in Nigel oorval is. Pedro Nortjé (50), eienaar van EMG Electrical, is eers vasgebind en daarna in die buik geskiet. Volgens Nigel se SAPD-woordvoerder A/O Madeleine von Wielligh, is Pedro met ‘n

Lees verder: Aanvallers ‘praat Afrikaans met swaar aksent’