Die hoof van die Wordsworth-hoërskool in Benoni aan die Oos-Rand is van wangedrag aangekla en vir 90 dae geskors nadat sy swart leerlinge gevra het om hul hare te was omdat dit stink.
Daar word beweer dat sy “rassistiese aanmerkings” gemaak het.
Die departement van Basiese Onderwys sê dr. Annelize Horn het aan ouers geskryf dat swart leerders hul hare net eenkeer ‘n maand was.
‘n Woordvoerder van die departement, Phumla Sekhonyane sê Horn is verlede jaar deur die departement geskors. Sy sê ‘n ondersoek is pas afgehandel en dat Horn nou formeel aangekla is.
Een van die leerlinge het ‘n petisie begin omdat hy voel dat sy geteiken word deur ‘n paar ongelukkige leerders wat hulle nie aan die reëls steur nie en omdat sy streng was met hulle.
Shaun Bartlett sê die Afrikaanse hoof wil toesien dat dissipline heers en is daarom uitgesonder.
Sommige swart haarprodukte is uiters onwelriekend en kan waarskynlik problematies raak in geslote ruimtes soos klaskamers.
Swart vroue kla dikwels dat produkte wat hare ontkrul, sleg ruik. Die reuk is soos die van vrot eier. Haarproduktevervaardigers vir die swart mark is bedag daarop dat hulle reukwerende middels insluit om die stank te kamoefleer.
Bartlett het bygevoeg dat die petisie aan die Departement van Onderwys oorhandig sal word.
Hy het ook gesê as Dr Horn werklik rassisties was, het dit 20 jaar geneem om te manifesteer.
“Persoonlik dink ek die probleem is uit verband geruk en dat dit kan maklik opgelos kan word as al die belanghebbende partye om die tafel saamsit en die dissiplinêre probleme wat ondervind word in die skool bespreek,”
Sekhonyane het egter gesê: “Ons sal nie beïnvloed word deur eksterne faktore buite wetlike omgewing nie.”
Prof. Bheki Mamba, uitvoerende dekaan van die wetenskappe aan die Universiteit van Johannesburg, is Donderdag geskors oor bewerings van finansiële ongerymdhede.
“Prof. Mamba is ‘n uitsonderlike akademikus. Om dié rede en gegewe die erns van die bekommernisse, sowel as sy senioriteit, hanteer die universiteit dit met groot dringendheid,” het prof. Ihron Rensburg, die visekanselier, in ‘n verklaring gesê.
Mamba is geskors ná bewerings van finansiële wangedrag en ongerymdhede terwyl hy die hoof van die departement van chemie was.
Prof. Anna Moteetee, die fakulteit se adjunkdekaan, sal waarneem as uitvoerende dekaan.
‘n Onderwyser wat geskors is nadat hy na bewering ‘n naakfoto van homself aan ‘n 16-jarige leerling gestuur het, sal weer in November in die hof verskyn, het die polisie in Gauteng gesê.
“Hy sal weer op 6 November 2013 in die hof verskyn,” het ao. Moses Maphakela, polisiewoordvoerder, gesê.
Die onderwyser van die Hoërskool Hyde Park in Johannesburg is en in Augustus in hegtenis geneem en sal in die Alexandra-landdroshof verskyn.
Eyewitness News het vroeër berig die onderwyser het glo laat die aand op 30 Julie ‘n gesprek op die boodskapdiens WhatsApp met die leerling se ma gehad nadat sy hom onder die indruk gebring het dat hy met die seun self gesels.
Die onderwyser het na bewering seksuele foto’s na die seun se selfoon gestuur, asook seksuele voorstelle gemaak.
Volgens die ma het dit die skool langer as ‘n week geneem om die onderwyser te skors en sy het toe ‘n strafregtelike klag teen hom ingedien. Die skool het glo langer as ‘n week geneem om die onderwyser te skors.
Die seun en ma se name word weerhou om sy identiteit te beskerm. – Sapa
Cosatu, tesame met die ANC en die SAKP, dreig die Hoër Volkskool Heidelberg met massa-optrede ná ‘n tugverhoor wat aanbeveel het dat ‘n swart leerling geskors word.
Volgens ‘n berig in ‘n plaaslike koerant, beplan “3000 lede van die ANC en sy alliansievennote Cosatu en die SAKP, om na Hoër Volkskool te marsjeer om beswaar te maak teen dít wat hulle as ‘rassisme’ by die skool beskou. Die optog, wat deur die South African National Civic Organisation (SANCO) en die Lesedi Education Forum ondersteun sal word, word vir eerskomende Vrydag beplan, waartydens die optoggangers hoop om ‘n memorandum met hul eise aan ‘n verteenwoordiger van die onderwysdepartement te oorhandig.”
Die betrokke swart leerling is deel van ‘n groep wat gestraf word weens ‘n bakleiery wat by die skool uitgebreek het. Anders as die ander, het hy egter ‘n baksteen opgetel en na ander leerlinge geslinger wat ‘n ernstige besering kon veroorsaak het. Volgens mnr. Daan Marx, adjunkhoof by die skool, dien die res van die leerlinge – swart en wit – ander strawwe uit, o.a. detensie.
‘n Werknemer van die munisipaliteit op Heidelberg het aan praag gesê dat die Cosatu-groep reeds oor toestemming beskik om Vrydag by die skool te gaan betoog. Omdat die leerling wat moontlik geskors gaan word, swart is, word ‘n rassekleur aan die gebeure gegee.
Die bakleiery tussen wit en swart leerders het aanvanklik met ‘n stoeiery begin, waarna dit in ‘n soort bendegeveg ontaard het.
Doodsdreigemente
‘n Memorandum het ook gesirkuleer met die bewering dat swart leerders van die blanke leerders met die dood gedreig het. Volgens ‘n ouer hou dit verband met die geskorste swart leerling wat sowel mede-leerlinge as ‘n onderwyser met die dood sou gedreig het. Hy het ook na bewering gesê: “Julle wittes is nog gelukkig om te leef.”
Sowel die polisie as die plaaslike GPF is van die betoging in kennis gestel en sal Vrydag teenwoordig wees. ‘n Groep ouers is ook besig om te organiseer om hul kinders by die skool te gaan beskerm.
Die demografie van Hoër Volkskool Heidelberg is tans ongeveer ‘n vyfde tot ‘n kwart swart, teenoor die res wat blanke Afrikanerkinders is. Mnr. Daan Marx sê: “Ons keur enige vorm van bakleiery by die skool ten sterkste af en daarom het ons streng teen die leerders opgetree.”
Die toitoigroep beplan om van die ou Stadsaal na Jacobsstraat, waar die skool geleë is, te stap.
Mnr. Patrick Craven, die nasionale woordvoerder van Cosatu, kon nie bevestig of ontken dat so ‘n betoging gaan plaasvind nie. By Cosatu se hoofkantoor in Johannesburg is hulle nie van so iets bewus nie.
“Dit kan lede van die plaaslike gemeenskap wees wat daarby betrokke is,” het hy by navraag aan praag.co.za gesê.
‘n Ouer het sterk oor die saak gevoel: “Ons en ons kinders moet ons nie deur hierdie soort gedrag laat intimideer nie. Ons doen ‘n beroep op die gemeenskap van Heidelberg en elders om ons te ondersteun en ons kinders teen verdere boewery te beskerm.”
Hoër Volkskool Heidelberg. Foto: looklocal.co.za
Geskiedenis
Die skool is reeds meer as honderd jaar oud en het aanvanklik uit weeskinders ná die Tweede Vryheidsoorlog bestaan. Op die skool se webblad onder “geskiedenis” is die volgende te lese:
“Die Anglo-Boereoorlog word beëindig met die Vrede van Vereeniging op 31 Mei 1902. Een van die gevolge van die Anglo-Boereoorlog was baie weeskinders (ook in Heidelberg-distrik). Die weeskinders word nie opgeneem in een van die twee bestaande skole op Heidelberg nie, want beide is onder Engelse beheer (regeringskole). Ds. A.J. Louw tree op deur die kelderkamer vandie Klipkerk (ook bekend as die ”Grot van Abdullam”) as klaskamer beskikbaar te stel met Mejj. Anna Basson en Katie Human as leerkragte.
Verset teen die Engelse se onderwysstelsel neem toe en C.N.O.-skole word gestig. In Heidelberg word die C.N.O-skool gestig Julie 1903 met die naam ‘Volkskool’ en mnr. T.A. Dönges as hoof. Benewens die kelderkamer word die Van Belkum-saal ook as klaskamer gebruik.
Die toename in leerders maak ‘n skoolgebou noodsaaklik. Dit word moontlik gemaak deur die skenking van geld en n groot erf deur die broers D. en W. Bezuidenhout en hul swaer C. Meyer. Die hoeksteen word 27 Oktober 1906, deur genl. Schalk Burger gelê. Die inwyding het plaasgevind op 11 Januarie 1907, en op 15 Januarie 1907 is die gebou in gebruik geneem.”