Die Altantic Council, ‘n prominente dinkskrum in Washington DC, waarsku dat ‘n “buitengewone krisis” die enigste manier sal wees om die “Nuwe Wêreldorde” te red.
Nie-regerings akteurs soos Edward Snowden is volgens die dinkskrum die grootste bedreiging.
Die Atlantic Council word beskou as ‘n hoogs invloedryke organisasie met noue bande met die groot beleidmakers regoor die wêreld.
‘n Ontleder sê tektoniese veranderinge is besig om die internasionale geostrategiese stelsel te tref.
Dit is nie weens militêre moondhede soos China nie, maar “nie-regerings akteurs” soos Edward Snowden, Bradley Manning en anonieme kuberkrakers wat die grootste bedreiging vir die “365-jaar oue Westfaalse stelsel” inhou.
Sulke individue is die bedreiging omdat hulle ander individue aanmoedig om selfbemagtigdend op te tree, wat staatsbeheer ondermyn.
Die inligtingsrevolusie en onmiddellike wêreldwye kommunikasie ondergrawe die Nuwe Wêreldorde wat deur die Amerikaanse president George HW Bush meer as twee dekades gelede aangekondig is.



