Terroriste gebruik moontlik Sony Playstation 4 om te kommunikeer

Die terroriste van Islamitiese Staat en ander terreurgroepe gebruik moontlik Sony Playstation 4 en ander speletjiekonsoles om te kommunikeer. Dit het aan die lig gekom uit ‘n stelling van Jan Jambon, die Belgiese minister van binnelandse sake, tydens ‘n video-onderhoud met Politico. Daarin verklaar hy: “Die moeilikste kommunikasie tussen dié terroriste is die Playstation 4. Dis baie, baie moeilik vir ons (veiligheids-)dienste – nie net ons regeringsdienste nie maar internasionale dienste – om kommunikasie via Playstation 4 te ontsyfer.”

\

Volgens Jambon is “Playstation 4 “selfs moeiliker om te volg as Whatsapp”.

Toe Sony Playstation 4 geloods is, was vele mense bekommerd oor gebruikersprivaatheid. Sommige het gevrees dat regeringsdienste die kamerafasiliteit kon gebruik om op mense in hul wonings te spioeneer. Nou blyk dit egter dat die kommunikasie tussen spelers op die konsole egter “‘n veiliger kommunikasiemiddel as selfs versleutelde foonoproepe, teksboodskappe of e-pos” kan wees.

Die wetenskapfiksiewêreld van rekenaarspeletejies waarin werklikheid en fantasie dikwels vermeng word, is reeds met ons want dit blyk verder dat van die grootste spioenasie-agentskappe ter wêreld hulself as aanlynspelers vermom om dop te hou wat tydens speletjies gebeur en wat spelers vir mekaar via aanlynkommunikasiekanale soos “Team Speak” en ander sê. Rekenaarspelers praat of tik teksboodskappe vir mekaar as hulle in spanne teen mekaar meeding, dikwels in oorlogspeletjies waarin fiksionele “terreurgroepe” onder hul opponente mag wees.

Uit dokumente wat in 2013 deur Edward Snowden vrygestel is, het geblyk dat agente van die Amerikaanse NSA en CIA hulle in speletjies soos World of Warcraft “ingegrawe” het om aanlynvergaderings deur terroriste te probeer monitor.

Die probleem van veelvuldige internetkommunikasie is egter oneindig aangesien terroriste wat onder skuilname met mekaar tydens ‘n spelsessie kommunikeer, selfs simbolies met mekaar kan kommunikeer deur bepaalde virtuele teikens aan te val of om vlietend ‘n boodskap op ‘n muur te skryf wat agterna vernietig word. Sulke “nie-verbale kommunikasie” sou feitlik onmoontlik wees om te monitor aangesien veiligheidsdienste beswaarlik die miljoene mense wat daagliks speletjies speel permanent kan dophou.

Die aantal mense wat vir Sony Playstation geregistreer is, is 110 miljoen, waarvan 65 miljoen “aktief” is. Die aanlynspeletjie League of Legends wat algemeen deur Suid-Afrikaanse skoolseuns en studente vanaf gewone rekenaars gespeel word, het aan die begin van verlede jaar reeds oor 67 miljoen spelers beskik, met 27 miljoen deelnemers per dag en ongeveer 7,5 miljoen wat tydens spitstye aanlyn verkeer. Kampioenskappe van dié speletjie word soos rugby- of sokkerwedstryde in stadions gehou met die verloop wat op reuseskerms deur toeskouers gevolg word, asook aanlyntoeskouers wat by die vorige “wêreldkampioenskap” tot 32 miljoen bereik het.

Aangesien die tienmiljoene aanlynspelers self in hul virtuele ruimte “oorlog maak”, sou dit baie moeilik vir enige inligtingsdiens wees om profiele van spelers te versamel wat agterdogtige aanlynstellings maak. Dit maak dit soveel makliker vir lede van terreurgroepe om hul in die virtuele menigte te versteek.

Duitsland, VSA byeen oor jongste VSA spioenasie-aanslag

Duitsland en die VSA se verteenwoordigers vergader om spioenasie deur ‘n Duitse dubbelagent te bespreek.

Die kwessie maak oplsae in Duitsland. Die BND-agent het dokumente rakende die ondersoek na NSA-meeluistering aan Amerikaanse spioene verkoop.

Die Duitse agent het toegang tot die Bundestag gehad waar hy die dokumente gesteel het deur hulle op ‘n geheuestokkie oor te kopieer.

‘n Woordvoerder van die Wit Huis, Josh Earnest, het Woensdag bekend gemaak dat die doel van die gesprek is om geskil tussen die twee lande op te los.

Die dubbelagent is in Duitsland in hegtenis geneem. Dis die jongste spioenasie-voorval tussen die twee lande.

Verlede jaar het Edward Snowden inligting bekend gemaak dat Amerika onder meer internet-data van vriende soos Duitsland insamel.

Duitsers is boos oor die inbreuk op hulle privaatheid wat hulle glo gebruik word om Duitse nywerhede se voorsprong te vernietig.

Dit het ook geblyk dat die Duitse kansellier Angela Merkel se foongesprekke afgeluister word.

Duitsland het intussen aangekondig dat hulle wetgewing sal aanpas wat hulle in staat sal stel om Amerikaanse spioenasie die hoof te bied.

Dinkskrum waarsku dat NWO wankel

atlanticDie Altantic Council, ‘n prominente dinkskrum in Washington DC, waarsku dat ‘n “buitengewone krisis” die enigste manier sal wees om die “Nuwe Wêreldorde” te red.

Nie-regerings akteurs soos Edward Snowden is volgens die dinkskrum die grootste bedreiging.

Die Atlantic Council word beskou as ‘n hoogs invloedryke organisasie met noue bande met die groot beleidmakers regoor die wêreld.

‘n Ontleder sê tektoniese veranderinge is besig om die internasionale geostrategiese stelsel te tref.

Dit is nie weens militêre moondhede soos China nie, maar “nie-regerings akteurs” soos Edward Snowden, Bradley Manning en anonieme kuberkrakers wat die grootste bedreiging vir die “365-jaar oue Westfaalse stelsel” inhou.

Sulke individue is die bedreiging omdat hulle ander individue aanmoedig om selfbemagtigdend op te tree, wat staatsbeheer ondermyn.

Die inligtingsrevolusie en onmiddellike wêreldwye kommunikasie ondergrawe die Nuwe Wêreldorde wat deur die Amerikaanse president George HW Bush meer as twee dekades gelede aangekondig is.

Ook Spanje massaal afgeluisterd

spainnsaDe Amerikaanse inlichtingendienst NSA heeft in Spanje in een maand tijd 60 miljoen telefoontjes geregistreerd en opgeslagen, melden Spaanse media. Dat zou zijn gebeurd van 10 december 2012 tot 8 januari 2013.

De informatie is afkomstig van Edward Snowden, de oud-NSA-medewerker die politiek asiel heeft gekregen in Rusland. De Spaanse krant El Mundo bericht dat de NSA de telefoonnummers en de locatie van waar het gesprek werd gevoerd, heeft geregistreerd; de inhoud zou niet zijn gemonitord.

Vorige week meldde de Franse krant Le Monde dat de NSA in dezelfde periode ruim 70 miljoen telefoontjes heeft onderschept in Frankrijk. Parijs vroeg Washington daarop om opheldering.

Het Duitse blad Der Spiegel berichtte vorige week dat de mobiele telefoon van bondskanselier Merkel jarenlang is afgeluisterd door de NSA. Ook Duitsland neemt de zaak hoog op en heeft een delegatie naar Washington gestuurd. De Duitse regering eist volledige openheid.

EU-leiders hebben de VS gewaarschuwd dat de afluisterpraktijken wantrouwen kunnen wekken en dat zou de strijd tegen terrorisme kunnen bemoeilijken. – NOS.nl

Hou op om op ons te spioeneer!

stopwatchingusDuisende betogers het Saterdag na die kongresgebou in Washington gemarsjeer om te betoog teen die VSA se aanlynspioenasie. Die omvang daarvan is onlangs deur Edward Snowden onthul.

‘n Boodskap van Snowden is voorgelees by die geleentheid.

Mense het slagspreuke vertoon soos “Stop Mass Spying”, “Thank you, Edward Snowden” en “Unplug Big Brother”.

Die betoging is gereël deur ’n koalisie bekend as Stop Watching Us, wat ’n beroep op die kongres doen om die wette wat die NSA ( National Security Agency) toelaat om elektroniese data in te samel, te verander.

Die regering van pres. Barack Obama het gesê die NSA-programme is “uiters belangrik” vir die beskerming van die land se nasionale veiligheid teen “terroriste”.

Snowden het onthul dat die Amerikaners owerhede inwoners se internetbedrywighede en foonoproepe op groot skaal monitor.

Saterdag was ook die 12de herdenking van die Patriot Act, wat kort ná die 9/11-terreuraanvalle aanvaar is en wat die staat omvattende magte gee.

Snowden, ’n voormalige NSA-kontrakteur, het asiel in Rusland ontvang.

Hy het pas onthul dat die VSA 35 wêreldleiers afluister, waaronder ook die foon van Angela Merkel, kanselier van Duitsland. – Reuters

Snowden ontken dat hy geheime aan Rusland, China gelek het

snowden2Die voortvlugtige Amerikaanse spioen Edward Snowden het ontken dat hy geheime dokumente aan Rusland of China gegee het.

Die voormalige spioenagentskap-kontrakteur het al die geklassifiseerde dokumente wat in sy besit was, aan joernaliste gegee wat hy in Hongkong ontmoet het. Hy het daarna na Moskou gevlieg, het Snowden aan die New York Times gesê.

Rusland het in Augustus tydelike asiel aan Snowden toegestaan. Hy het nie die dokumente na Rusland geneem nie, “want dit sou nie in openbare belang wees nie”.

Snowden beweer ook hy het die dokumente van die Chinese intelligensiedienste weerhou omdat hy geweet het waartoe hulle in staat is.

“Daar is geen kans dat die Russe of Chinese enige dokumente ontvang het nie.”

Amerikaanse owerhede het hul kommer uitgespreek dat Snowden dalk geheime dokumente aan buitelandse intelligensiedienste oorhandig het. – Sapa/AFP

Snowden pos by top sosiale netwerkwerf aangebied

Snowden se nuwe kantoor?
Snowden se nuwe kantoor?

Die Amerikaanse fluitjieblaser Edward Snowden is ‘n werk deur Rusland se top sosiale netwerk-webwerf Donderdag aangebied, ure nadat die voormalige intelligensie-kontrakteur ‘n jaar lank asiel in Rusland ontvang het.

“Ons nooi Edward Snowden na St Petersburg en sal bly wees as hy besluit om by die sterspan van programmeerders aan te sluit by VKontakte,” het Pavel Durov, een van die stigters van VKontakte, Rusland se antwoord op Facebook, gesê op sy profiel.

Snowden se tydelike asiel sal hom toelaat om te werk in Rusland, volgens Anatoly Kucherena, ‘n prokureur vir Snowden.

Moskou het Washington se herhaalde versoeke om Snowden uit te lewer geweier. Hy staan tereg ​​op aanklagte van spioenasie nadat hy besonderhede van geheime Amerikaanse toesigprogramme uitgelek het wat selfoon- en Internetdata betref.

Om vervolging te ontsnap, het Snowden na Moskou van Hong Kong gereis op 23 Junie en moes vir meer as ‘n maand in die transitodeel van die Sheremetyevolughawe wag voor hy Donderdag met ‘n nuwe stel vlugtelingdokumente die gebou kon verlaat.

Spanning tussen Rusland en die Verenigde State van Amerika, wat reeds haaks is oor die konflik in Sirië, sowel as ander verdedigings- en menseregtekwessies, is deur Snowden se besluit verhoog.

Durov van VKontakte, of “InVoeling”, sê hulle het meer as 210 miljoen geregistreerde profiele en tot 47 miljoen daaglikse gebruikers. Hy het gesê hy is trots oor Rusland se besluit om Snowden te help.

“Vandag het Edward Snowden – die man wat die Amerikaanse veiligheiddienste se misdade aan die kaak gestel teen die burgers van die hele wêreld – tydelike asiel in Rusland ontvang,” het Durov gesê.

“In sulke oomblikke kan ‘n mens trots voel op ons land en spyt oor die loop wat geneem word deur die Verenigde State – ‘n land wat die beginsels waarop dit eens gebou was, verraai het,” het hy bygevoeg.