Duitsland en die VSA se verteenwoordigers vergader om spioenasie deur ‘n Duitse dubbelagent te bespreek.
Die kwessie maak oplsae in Duitsland. Die BND-agent het dokumente rakende die ondersoek na NSA-meeluistering aan Amerikaanse spioene verkoop.
Die Duitse agent het toegang tot die Bundestag gehad waar hy die dokumente gesteel het deur hulle op ‘n geheuestokkie oor te kopieer.
‘n Woordvoerder van die Wit Huis, Josh Earnest, het Woensdag bekend gemaak dat die doel van die gesprek is om geskil tussen die twee lande op te los.
Die dubbelagent is in Duitsland in hegtenis geneem. Dis die jongste spioenasie-voorval tussen die twee lande.
Verlede jaar het Edward Snowden inligting bekend gemaak dat Amerika onder meer internet-data van vriende soos Duitsland insamel.
Duitsers is boos oor die inbreuk op hulle privaatheid wat hulle glo gebruik word om Duitse nywerhede se voorsprong te vernietig.
Dit het ook geblyk dat die Duitse kansellier Angela Merkel se foongesprekke afgeluister word.
Duitsland het intussen aangekondig dat hulle wetgewing sal aanpas wat hulle in staat sal stel om Amerikaanse spioenasie die hoof te bied.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.