Hof beslis dat Moebarak vrygelaat word

Hosni Moebarak
Hosni Moebarak

’n Hof in Egipte het beslis dat oudpres. Hosni Moebarak vrygelaat moet word, het ’n beampte gesê.

Dit is nie bekend of die aanklaers teen die beslissing gaan appelleer nie.

Die uitspraak kom na die verhoor waarin Moebarak tereggestaan het op aanklagte dat hy geskenke van ’n staatsbeheerde koerant aanvaar het.

Die 85-jarige Moebarak is sedert April 2011 in aanhouding.

Moebarak word ook saam met Habib Adly, sy voormalige minister van binnelandse sake, en ses polisiebevelvoerders verhoor op aanklagte wat verband hou met hul administrasie voor die opstand teen sy bewind en die die moorde op betogers. Dié verhoor is tot 25 Augustus uitgestel.

Egipte loop steeds onder hewige geweld deur.

Hernieude oproerigheid het teen die oudpresident se opvolger, Mohamed Morsi, uitgebreek.

Minstens 750 mense is verlede week oor ’n tydperk van vier dae dood. – AP