Twee verdagtes ivm moord op wit egpaar vrygelaat

Die swart tuinier wat in verbrand met die moord op die Pienaar-egpaar van Nigel aangekeer is, se handlangers is vrygelaat.

Volgens die polisiewoordvoerder was daar geen bewyse wat die twee ander swartes met die dubbelde moord kon verbind nie.

Twee wit bejaardes, Allan en Chrissie Pienaar, is Saterdagaand tuis in Ferryvale in ‘n mesaanval vermoor.

Die polisie het die swart tuinier daarna in Duduza in die Pienaars se Kia Sorento voorgekeer.

Die tuinier het Sondag die twee as medepligtiges uitgewys en hulle is daarna in hegtenis geneem, het ‘n polisiewoordvoerder van Nigel gesê.

Die tuinier, wie se naam nog nie bekend gemaak is nie, is steeds in aanhouding en sal Woensdag 30 Maart in die hof verskyn.

Aanvallers ‘praat Afrikaans met swaar aksent’

sapd2‘n Plaaslike sakeman verkeer steeds in ‘n bedenklike toestand, nadat hy verlede week in die vroeë oggendure deur vier aanvallers by sy huis in Nigel oorval is.

Pedro Nortjé (50), eienaar van EMG Electrical, is eers vasgebind en daarna in die buik geskiet. Volgens Nigel se SAPD-woordvoerder A/O Madeleine von Wielligh, is Pedro met ‘n rewolwer gewond, waarvan die koeël een van sy longe, sowel as lewer gepenetreer het.

‘n Noodoperasie is later die dag uitgevoer. Die voorval het omstreeks 02:00 plaasgevind terwyl sy kinders in hul kamers geslaap het.

Volgens A/O Von Wielligh word ‘n saak van huisroof en poging tot moord deur die Misdaadondersoekdiens (MOD) van Nigelspeurtak ondersoek.

Niemand is nog in verband met die voorval aangekeer nie. A/O Von Wielligh het gesê die aanvallers, wat volgens die slagoffer se seun Afrikaans met ‘n swaar aksent gepraat het, se gesigte was onder balaklavas verberg.