Twee verdagtes ivm moord op wit egpaar vrygelaat

Die swart tuinier wat in verbrand met die moord op die Pienaar-egpaar van Nigel aangekeer is, se handlangers is vrygelaat.

Volgens die polisiewoordvoerder was daar geen bewyse wat die twee ander swartes met die dubbelde moord kon verbind nie.

Twee wit bejaardes, Allan en Chrissie Pienaar, is Saterdagaand tuis in Ferryvale in ‘n mesaanval vermoor.

Die polisie het die swart tuinier daarna in Duduza in die Pienaars se Kia Sorento voorgekeer.

Die tuinier het Sondag die twee as medepligtiges uitgewys en hulle is daarna in hegtenis geneem, het ‘n polisiewoordvoerder van Nigel gesê.

Die tuinier, wie se naam nog nie bekend gemaak is nie, is steeds in aanhouding en sal Woensdag 30 Maart in die hof verskyn.

Guptas ontken rooftog

Guptas ontken rooftog
Guptas ontken rooftog

Die Gupta-familie het ontken dat daar ‘n rooftog by een van hul huise in Johannesburg was.

Die polisie het Donderdag gesê ‘n huishulp is Donderdag by ‘n huis van die Guptas in Houghton in hegtenis geneem, berig Eyewitness News.

Die werker is Woensdag in hegtenis geneem in Benoni, het kol Lungelo Dlamini gesê.

Sy het verdwyn kort nadat drie mans in twee voertuie die huis vroeër in die dag beroof het.

Blykbaar het die inbrekers ‘n tuinier die middag oorrompel en het geld gesteel, huishoudelike goedere, en juweliersware.

Dit was nie onmiddellik duidelik watter een van die Guptas die eienaar van die huis was nie.

Gary Naidoo, woordvoerder van die gesin, het gesê die Guptas besit nie ‘n huis in Houghton nie.

Die 26-jarige swart bediende verskyn vandag in die hof. – Sapa

Skoolhoof tronk toe na moord op tuinier

veld‘n Laerskoolhoof van Mpumalanga is Maandag tot 12 jaar tronkstraf gevonnis nadat sy haar voormalige tuinier laat vermoor het.

Pinky Magalefa (56) is in die Mmabatho-hooggeregshof skuldig bevind op aanklag van die ontvoering en moord op Johannes Moseta in 2010. Moseta was ook haar buurman.

Magalefa was die skoolhoof van die Nkotolane-laerskool in Mmametlhake naby KwaMhlanga.

“Toe sy van die werk af teruggekeer het, het sy besef daar is by haar huis ingebreek en dat juweliersware en R800 gesteel is,” het sers. Hastings Chaane, polisiewoordvoerder, Maandag aan die African Eye News Service gesê.

“Sy was vas onder die indruk dat die oorledene betrokke was by die inbraak en het drie mans gehuur om hom op te spoor.”

Chaane het gesê die drie mans het Moseta in Pretoria, sowat 80 km buite Mmametlhake, gevind.

“Hulle het sy hande en voete met ‘n tou vasgebind en teruggekeer na Mmametlhake. Daar het hulle, op instruksie van Magalefa, hom die bosse ingeneem en hom doodgeslaan.”

Met die polisie se aankoms op die toneel het hulle Moseta se lyk in ‘n plas bloed gevind.

Regter Festus Gura het in sy uitspraak gesê dit was duidelik dat Magalefa beplan het om Moseta te vermoor.

Die drie mans wat Magalefa gehuur het om Moseta op te spoor, is onskuldig bevind en Gura het gesê daar is geen bewyse dat hulle betrokke was by die moord nie.

Magalefa is tot 12 jaar tronkstraf gevonnis vir moord en drie jaar vir ontvoering. Die vonnisse sal samelopend uitgedien word. – Sapa

Vier vas vir wrede moord in Oranjeville

oranjevilleDie polisie het vier verdagtes in hegtenis geneem na die grusame moord op Vivien Ponté (57) in Oranjeville. Die vrou se verbrande lyk is Maandagoggend deur die polisie en bure ontdek.

Die swart mans is Dinsdag aangekeer in die Metsimaholo-lokasie. Die aanvallers is vasgetrek nadat die polisie inligting en bewysstukke wat op die toneel gekry is, opgevolg het.

Konst. Peter Kareli het namens Sasolburg se polisie bevestig dat vier mans van tussen 23 en 27 aangekeer is.

Een van die swartes het glo naweke vir Ponté in die tuin gewerk. Hulle het van Ponté se besittings by hulle gehad.

Sy is vermoedelik verkrag, vasgebind en verwurg, waarna die boosdoeners die vertrek aan die brand gesteek het.

Die verdagtes sal Vrydag in die Sasolburg-landdroshof verskyn.