Skooldae kan met tot ’n uur per dag gerek word om leerlinge die geleentheid te gee om ’n derde inheemse taal aan te leer.
Elke skooldag sal tussen 24 minute en ’n uur langer wees, het die Cape Times berig.
Dit is vervat in die konsepbeleid wat skole sal dwing om ’n bykomende inheemse taal aan te bied.
Volgens dié beleid sal ’n derde taal geleidelik vanaf gr. R tot 12 aangebied word.
Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het twee weke gelede gesê die beleid sal van volgende jaar by 10 skole in elke distrik van elke provinsie ingestel word.
Gr. R tot 2 se leertyd sal met twee uur ’n week verleng word, terwyl gr. 3-leerlinge se skooldag met drie uur per week verleng sal word.
Gr. 4 tot 12-leerlinge sal elke dag ’n uur langer by die skool moet bly.

Verstaan ek nou reg oor die derde taal? Die Engelse kinders word opgevoed in Engels en gaan geen ander keuse he as n tweede Swart taal en 3de taal Afrikaans nie. Swart kinders word opgevoed in Engels met n swart taal as hulle (huistaal) tweede taal en Afrikaans as derde taal. Lyk my Afrikaans gaan die beste baat by hierdie gedwonge taal leerdery. Dit lyk vir my of slim vir baas gevang het.
Laat die blankes die volk se taal leer. As ons dit gedoen het sou ons veel meer verstaan het hoe hulle kultuur werk en nie so maklik ooreenkomste met hulle aangegaan het nie.
Stem saam met jou, dit sal tot ons voordeel strek.
Rooikop dit is ‘n baie goeie ding en moes al in die jare voor 1994 verpligtend gewees het. Ek praat Tswana en Fanagalo vlot, inteendeel ek kon Tswana praat voor ek Afrikaans vlot kon praat. Die swart volk het baie meer respek vir jou indien hulle weet of hoor jy praat sy taal.
Daar begin hulle weer, soos in die verlede, iets wat baie goeie bedoelings het , maar is dit uitvoerbaar van begin tot end? Ek kan julle nou al seg daar sal nie genoeg onderwysers wee,s om al die tale aan te bied nie. Wanneer was hulle opgelei of deur universiteit? Is die boeke saamgestel, gedruk en beskikbaar? Betwyfel dit sterk.
Nou die ander vraag. In 10 skole in elke distrik van elke provinsie? Wat van die ander skole? Wat gebeur indien kinders van een skool gaan na ‘n ander wat nie die vak aanbied nie of wel aanbied en hy/sy verplig is om dit te vat, maar het dit nie in sy vorige skool gehad nie. Onuitvoerbaar en vermorsing van belasting geld.
Jare gelede toe ek op skool was, was daar ‘n derde taal, Sotho in my geval aangebied en dit was ‘n eksamen vak. Ek weet Duits was ook aangebied en dit in gewone skoolure. Nou wonder ek hoekom kom hierdie spul nie reg om ‘n leerplan uit te werk dat dit sal inpas in gewone skoolure nie. Maar ja, onderwys en gesondheid is hulle nou nie baie skerp op met iemand soos Blade en Angie.