Mugabe: SAOG moet eienaarskap van hulpbronne neem

Die president van Zimbabwe, Robert Mugabe het die lande in Suider-Afrika aangemoedig om hulle afhanklikheid van buitelandse steun te verminder. Hy sê hulle moet eienaarskap van hulle natuurlike hulpbronne, soos grond en minerale neem, het RSG berig. Mugabe het ‘n beraad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap in Victoria Falls toegespreek. Hy meen die voortgesette afhanklikheid van

Lees verder: Mugabe: SAOG moet eienaarskap van hulpbronne neem

Amptenaar wat African Bank uitroei het geen berou

African Bank en sy nuwe kurator, Tom Winterboer het hulself haastig gedistansieer van opmerkings wat deur ‘n voormalige uitvoerende beampte, Tami Sokutu gemaak is. In ‘n skrikwekkende blik hierdie week in die donker hart van ongesekureerde lenings in Suid-Afrika, het Sokutu, ‘n kru boodskap vir die armes gehad: “Fuck the poor!” Sokutu, wat rekeninghouers se

Lees verder: Amptenaar wat African Bank uitroei het geen berou

Suid-Afrikaner in Johannesburg opgeneem vir Ebola-toetse

‘n Suid-Afrikaner wat by mynbedrywighede in Liberië betrokke is, is in die Charlotte Maxeke akademiese hospitaal in Johannesburg vir Ebola-toetse opgeneem. Die sewe-en-dertig-jarige man is volgens ‘n woordvoerder van die departement van gesondheid, Joe Maila ‘n lae risiko vir die siekte, maar protokol moet glo gevolg word. Die departement sal die toetsuitslae openbaar maak sodra

Lees verder: Suid-Afrikaner in Johannesburg opgeneem vir Ebola-toetse

Vanaf Vanuatu ‘ons’ vlag en neiging tot nabootsing

Suid-Afrika, veral deesdae, huiwer om te besluit of die land eerder Idi Amin se Uganda of een of ander vragkultus (cargo cult) op die eiland Vanuatu wil na-aap. Jy kan die stelsel hier ‘n “vragkultusdemokrasie” noem en solank ons elke vyf jaar ‘n miljard dollar of so aan ‘n verkiesing bestee, kan elkeen tussen verkiesings

Lees verder: Vanaf Vanuatu ‘ons’ vlag en neiging tot nabootsing

Universiteit Stellenbosch: die Botman-pad of ‘n nuwe begin?

Sedert Russell Botman se dood word daar koorsagtig georganiseer met die oog op die aanstelling van die volgende rektor van die Universiteit Stellenbosch (US). Tot dusver was daar (behalwe op Praag) nog net lof vir Botman: Op 21 Julie het die uitvoerende komitee van die US-raad vergader. Die openbare raadsmededeling daarna het net waardering vir

Lees verder: Universiteit Stellenbosch: die Botman-pad of ‘n nuwe begin?

Absa slaan toe op kliënte se spaargeld vir African Bank

Verbruikers met Absa geldmarkrekeninge is ‘n bietjie armer hierdie week na swart wanbetalers by African Bank gesorg het dat die bank onder kuratorskap geplaas is. Die rekeninghouers by Absa se verlies aan spaargeld is ‘n direkte invloed van die African Bank-skuldgemors. “Dit is ‘n ongelukkige situasie,” het die ekonoom Mike Schüssler gesê. “Dit is nie

Lees verder: Absa slaan toe op kliënte se spaargeld vir African Bank

Geweld in Mosselbaai na kragdiewe ontkoppel word

Dertig protesgangers verskyn vandag in die Mosselbaai-landdroshof op aanklagte van openbare geweld na gewelddadige protesoptrede sedert die naweek. Nagenoeg 80 mense is sedert Sondag in die Kwanonqaba-township naby Mosselbaai in die Suid-Kaap in hegtenis geneem, het RSG berig. Vier-en-dertig het Donderdag in die hof verskyn, waar die saak tot 4 September vir verdere ondersoek uitgestel

Lees verder: Geweld in Mosselbaai na kragdiewe ontkoppel word

Onverdraagsaamheid teenoor buitelanders en blankes neem toe

Vlakke van xenofobie en onverdraagsaamheid teenoor buitelanders en blankes is aan die toeneem in Gauteng, het ‘n opname wat Donderdag vrygestel is, bevind. “Vyf-en-dertig persent van alle respondente het gesê ons moet nou alle buitelanders huis toe stuur,” sê die Gauteng City Region Observatory (GCRO) se uitvoerende direkteur Professor David Everatt. “Xenofobie is aan die

Lees verder: Onverdraagsaamheid teenoor buitelanders en blankes neem toe

DA te gretig dat Ebola uitbreek, sê minister

Die Minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi sê hy is teleurgesteld in die optrede van Jack Bloom van die DA wat bewerings oor ‘n pasiënt rakende Ebola gemaak het, sonder dat hy enige bevestiging het. “Ons is oorval met oproepe na mnr Jack Bloom ‘n verklaring uitgereik het. Hierdie verklaring het die media in ‘n toestand,”

Lees verder: DA te gretig dat Ebola uitbreek, sê minister

Fanie Cloete se holocaust-ontkenning…

Fanie Cloete se bewering dat Stellenbosch nog altyd ’n “tweetalige instelling” was, ontken dit wat Jan Smuts ons “eeu van onreg” (die negentiende eeu) genoem het. Ná 1806 het die tweede Britse besetting gevolg waartydens Engels stelselmatig in die Kaap afgedwing is. Verengelsing was trouens een van die oorsake van die Groot Trek. Om dus

Lees verder: Fanie Cloete se holocaust-ontkenning…