Van die Oekraïne tot Gasa is daar geopolitieke risiko’s wat swaar weeg, met nog talle verwikkelinge daar buite wat nie die nuus haal nie. Die Amerikaanse middeltermynverkiesings kan ‘n Republikeinse oorwinning in die Senaat en die Huis beteken wat die sukkelende presidentskap kan ontspoor en die VSA kan lamlê. Amerikaanse kiesers voel nie meer dat
GRA-dag: 139 jaar van taalstryd
Vandag is 14 Augustus, dus 139 jaar sedert die Genootskap van Regte Afrikaners in die Paarl gestig is. Sedert 14 Augustus 1875 stry Afrikaners vir die erkenning van hul taal in Suid-Afrika. Die slagspreuk van die eerste taalbeweging van destyds, dat daar drie soorte Afrikaners is, dié met Hollandse harte, dié met Engelse harte en
Wit ingenieur in lokval gelei op N2
‘n Elektriese ingenieur van Somerset-Wes is op die N2 naby Macassar in ‘n lokval gelei, gesteek en deur die polisie geïgnoreer. Frans Welgemoed, 29, het gesê hy het oor bakstene onder ‘n brug naby Macassar gery wat sy band geskeur het, maar hy het aangehou ry totdat die vonke van die voorwielnaaf gevlieg het. Die
‘Spioene se gedrag ondersoek’
Die minister van staatsveiligheid, David Mahlobo hy het die inspekteur-generaal van intelligensie, advokaat Faith Radebe versoek om ondersoek in te stel na die gedrag van mense van die Staatsveiligheid-agentskap. Dit volg na berigte van wangedrag van sekere lede van die agentskap, het RSG berig. Mahlobo sê die ondersoek sal gedoen word in terme van die
AP-joernalis sterf in Gasa na ontploffing
Simone Camilli, ’n Italiaanse videojoernalis van Associated Press, is Woensdag saam met drie Palestynse van ‘n plofstofspan en nog twee mense in Beit Lahija in die Gasa-strook dood toe ’n Israelse granaat ontplof het, het mediese beamptes en die polisie gesê. Die ontploffing het plaasgevind terwyl Gasa se polisie probeer het om ‘n toestel in
Afrikaanse kinders vaar beter in Wiskunde
Prof. Elizabeth Henning van die Sentrum vir Onderwyspraktyk aan die Universiteit van Johannesburg (UJ) het Woensdag op die Suid-Afrikaanse Onderwysnavorsingsvereniging (Saera) se konferensie in Durban gesê Afrikaanse kinders vaar beter in Wiskunde. Sy het gepraat oor ’n navorsingstudie oor wiskunde wat die afgelope vier jaar deur die UJ onder gr. 1- tot gr. 3-leerlinge in Gauteng gedoen
Pallo Jordan maak plek vir volgende soustreinryer
Pallo Jordan se gebrek aan ‘n kwalifikasie het dalk “uitgelek” tot voordeel van Nick Koornhof, voormalige Cope-LP, wat nou kan terugkeer parlement toe as ANC-lid in Pallo Jordan se plek. Jordan het Maandag as ANC-LP bedank en aangebied om sy pos in die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) te verlaat en as ANC-lid te
Lees verder: Pallo Jordan maak plek vir volgende soustreinryer
Brasilië se presidentskandidaat verongeluk
Die presidentsverkiesing in Brasilië is deur die dood van een van die kandidate in die wiele gery. Een van die land se topdrie mededingers om die hoogste pos is Woensdag dood in ʼn vliegtuigongeluk, het AP berig. Hy was op ʼn klein vliegtuig saam met sy assistente toe die vliegtuig in ʼn woonbuurt geval het.
Wiehan Botes se swart moordenaar nog steeds soek
Twee jaar het reeds verloop sedert die opspraakwekkende rassistiese moord op die baba Wiehan Botes en sy dagmoeder Margrietha de Goede, 66, maar hul moordenaar is nog nie vasgetrek nie. ‘n Identikit van die verdagte is vrygestel en lede van die publiek word gevra om privaatspeurder Mike Bolhuis behulpsaam te wees om hom op te
Lees verder: Wiehan Botes se swart moordenaar nog steeds soek
Franse dorpie heet ‘Dood met alle Jode’
‘n Joodse groep het sy skok en woede uitgespreek na die ontdekking dat ‘n klein Franse dorpie nog steeds ‘n Middeleeuse naam La Mort aux Juifs of “Dood met alle Jode” dra. Die Simon Wiesenthal-sentrum dring by die Franse minister van binnelandse sake aan om dit te verander. Die Simon Wiesenthal-sentrum se direkteur van internasionale
