Wiehan Botes se swart moordenaar nog steeds soek

Twee jaar het reeds verloop sedert die opspraakwekkende rassistiese moord op die baba Wiehan Botes en sy dagmoeder Margrietha de Goede, 66, maar hul moordenaar is nog nie vasgetrek nie. ‘n Identikit van die verdagte is vrygestel en lede van die publiek word gevra om privaatspeurder Mike Bolhuis behulpsaam te wees om hom op te spoor.

Klein Wiehan Botes en De Goede is op ‘n Sondag twee jaar gelede in Geldenhuysstraat, Delmas, vermoor. Hy was die seuntjie van Wiets, 33, en Rita Botes, 32.

wiehahn_moordenaar
Identikit van Themba Ephraim Mahlangu

Volgens Bolhuis “was dié dubbele moord was so grusaam dat dit die hele ondersoek- en forensiese span ontstel het. Ons het die verdagte, ene Themba Ephraim Mahlangu, nog nie opgespoor nie en vra enigiemand met enige inligting om ons te kontak.”

Mahlangu is 29 jaar oud en is die laaste keer in Delmas gewaar. Mense met inligting kan Bolhuis skakel by 082 447 6116 of die polisie by 012 808 1414.

Met die vorige verskyning van twee verdagtes wat met gesteelde goedere uit die huis betrap is, maar nie met die moorde verbind kon word nie, het die DA simpatie met die moordenaar betoon deur hom uit te spreek teen “rassistiese betogings” by die hof in Delmas. Die DA in Mpumalanga het selfs klagtes aanhangig gemaak by die Menseregtekommissie teen sewe “verregse groepe” en het die betoging bestempel as ʼn “rassehaatprotesaksie”.

Die DA se leier in Mpumalanga, Anthony Benadie, het gesê die groepe is: Die Boere-Afrikaner Volksraad, Volksraad Verkiesings Kommissie (VVK), Die Verkenners, Republikeinse Vrouebeweging, Kommandokorps, Herstigte Nasionale Party (HNP) en die AWB.

Van die plakkate wat glo tydens die protesaksie vertoon is sluit in: “Swart lafaards – los ons vroue en kinders uit”, “Diefstal, verkragting, moord: Ons is klaar met swart Suid-Afrika” en “Barbare los ons kinders uit.” Benadie het gesê die “opruiende slagspreuke” is teen die beginsel van “geen persoon mag onbillik teen ʼn ander persoon diskrimineer op grond van ras nie”. Hy gesê tragiese voorvalle soos die moord op Botes en sy dagmoeder mag nie deur “roekelose verregse groepe” as ʼn instrument gebruik word om hul “haatdraende en diskriminerende ideologieë” te bevorder nie.