Wit ingenieur in lokval gelei op N2

‘n Elektriese ingenieur van Somerset-Wes is op die N2 naby Macassar in ‘n lokval gelei, gesteek en deur die polisie geïgnoreer.

Frans Welgemoed, 29, het gesê hy het oor bakstene onder ‘n brug naby Macassar gery wat sy band geskeur het, maar hy het aangehou ry totdat die vonke van die voorwielnaaf gevlieg het.

Die band is heeltemal vernietig deur die bakstene op die N2. Welgemoed is in ‘n lokval gelei.

“Ek weet wat gebeur met mense wat stop langs die N2,” het Welgemoed gesê ná die beproewing waarin hy aangeval is deur twee swart mans, gesteek is in die skouer en beroof is.

Die rooftog was die jongste in ‘n reeks van soortgelyke hinderlae op die N2.

Welgemoed was op pad na sy werk in Montague Gardens net na 06:00 toe hy onder die brug oor die bakstene gery het.

“Dit was te laat om te swenk om die stene te mis. Ek sou in die kant van die brug vasgery het.”

Hy het het aanjou ry sonder om te stop want hy het geweet dis die “einde van my lewe.”

“Dit was donker. Toe ek nie verder kon ry nie, het ek gestop om vinnig te probeer om die wiel te ruil.”

Hy is deur twee swartes genader wat hom aangeval het. “In daardie stadium het my adrenalien gepomp en ek het nie geweet ek is met ‘n mes gesteek nie.”

Welgemoed het gegly en geval op die gras eiland. Hy het daar bly lê, terwyl die twee swartes sy motor geplunder het, met sy aktetas, huissleutels en ander items, voor hulle in die rigting van Macassar verdwyn het.

Hy het die polisie daarna gebel, maar hulle het nie opgedaag nie. ‘n Polisievoertuig het selfs verby hom gery, uitgeswenk en hom geïgnoreer.

Sy vrou het hom uiteindelik kom haal en na ‘n hospitaal geneem waar hy vir die steekwond in sy skouer behandel is.

Dan Plato, die DA se LUR vir veiligeheid, se enigste raad was dat motoriste nie bakstene moet optel nie, want hulle gaan aangeval word.

DA se Kaapstad is misdaadnes

Plato, middel, met bloed aan sy hande?
Plato, middel, wys bloed aan die hande?

Kaapstad se beeld as Suid-Afrika se goedbestuurde, misdaad-vrye DA-paradys is ‘n goedkoop, leë verkoopsfoefie, waarskynlik betaal uit die sakke van dwelmbase en pedofiele.

In werklikheid is die stad besmet deur internasionale onderwêreldfigure wat instroom om hul twyfelagtige bedrywighede van daar te bestuur.

Oor die afgelope paar jaar, het ‘n Serwiese voortvlugtige moordenaar Dobrosav Gavric, die Russiese Igor Russol en Marokkaanse Houssain Ait Taleb in die Kaapstad-landdroshof hul verskyning gemaak.

Hulle is almal reeds gebrandmerk deur die polisie as onderwêreldboewe met skakels na georganiseerde misdaad, het die Times berig.

Dwelms met ‘n straatwaarde van R12 miljard is in 2012 binne maande in die provinsie gekonfiskeer en dit verteenwoordig glo slegs die puntjie van die ysberg.

Dan Plato, die Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid, het vroeër gesê nuwe name uit die onderwêreld word daagliks toegevoeg tot die lys wat reeds aan hulle bekend is.

Die hoëprofiel-saak waarna Plato vroeër verwys het, is dié van plaaslike sakemanne Mark Lifman en André Naudé, wat albei na bewering “sekuriteit” by Kaapstad se nagklubs verskaf, sonder die nodige permitte.

Nietemin het die DA-lid die onderwêreldfigure ontmoet en blykbaar van hulle die versekering ontvang dat hulle nie by onwettighede betrokke is nie.

Lifman, wat glo ook ‘n voorliefde vir minderjarige seuns het, is reeds daarvoor aangekla, maar is later vrygespreek.

Kaapstad is ook een van die gewildste “pienk” of gay toerismebestemmings ter wêreld. Soos Lin Sampson van die Sunday Times al berig het, is daar insgelyks sekstoerisme waar blanke vroue vanuit Europa, veral Brittanje en Duitsland, na Kaapstad toe stroom om daar deur gekleurde mans “gediens” te word.

Oral waar prostitusie bedryf word en dwelms vrylik beskikbaar is, gedy georganiseerde misdaad gewoonlik ook. Dít alles onder die wakende oog van mev. Zille wat onmoontlik nie op hoogte daarvan kan wees nie.

LUR verdink top politici, polisie van bendebetrokkenheid

Dan Plato
Dan Plato

Die Wes-Kaapse LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Dan Plato, het ‘n herrie laat losbars oor ‘n plofbare beëdigde verklaring deur ‘n selferkende bendeboef.

Dit kom nadat die Weekend Argus met Pierre Wyngaardt, die man agter die beëdigde verklaring gesels het. Hy beweer senior ANC-lede en top polisiebeamptes is in dwelmhandel, geldwassery, OTM-bomaanvalle en korrupsie, betrokke.

Wyngaardt het gesê hy is ‘n “profeet” met ‘n “spesiale geestelike vermoëns”, wat deur die engele gelei is om by ‘n internasionale NGO sy omstrede verklaring te gaan maak.

Hy beweer die polisiehoof, generaal-majoor Jeremy Vearey, ANC provinsiale voorsitter en adjunk-minister van internasionale betrekkinge en samewerking Marius Fransman, en Max Ozinsky, ANC-LPW, is betrokke by kriminele aktiwiteite van die Wes-Kaapse bendes.

Plato het besluit om Wyngaardt se inligting aan die Openbare Beskermer te oorhandig.

Wyngaardt beweer hy het die eerste keer sy beëdigde verklaring na Zille se kantoor geneem.

Intussen het Vearey Plato beskuldig van wat hy noem “wilde vergesogte bewerings” vervat in die beëdigde verklaring.

‘n Woedende Vearey sê die LUR glo nie alleen nie, maar versprei ook ‘n “Alice in Wonderland-sprokie” saamgeflans deur ‘n “skynbaar mal man”.

Vearey het gesê dit is nie verbasend nie dat die NVG-hoof Rodney de Kock die bron van die bewerings as ‘n getuie beskou wat ‘n tekort aan geloofwaardigheid het, en wie se weergawe nie bevestig kan word in enige opsig nie.

Hy het ook gewaarsku teen die “politieke dorpsidiote wat betrokke is in die aanval op my reputasie”, wat hy beweer persoonlik is.

“Ek sien nie enige ander rasionele rede hiervoor nie, behalwe politieke vooroordeel rondom my (ANC) verlede. Ek maak geen verskoning vir my verlede nie.” – IOL

DA se eie bloulig-konvooi

Die DA gee al lankal lekker hoog op oor die ANC’s in hul blouligkonvooie. In jou beter tipe DA-kieswyke soos Houghton en Constantia verstik aan hulle komkommer-toebroodjies aan die gedagte van konvooie soos die konvooi van ons eerwaarde Kommisaris van Polisie, Bheki Cele, wat nie net mede-motoriste met groot minagting van die pad vee nie, maar blanke motoriste links en regs laat aanrand en arresteer.

Dan Plato, Kaapstad se DA-burgemeester, het nou egter sy eie Afrika-konvooi. Smaak my die DA het uiteindelik besluit: “If you can’t beat them, join them.” As Cele die Afrika-sterkman in KZN kan wees, meen Plato seker, is hy wat Plato is Kaapstad se groot Kahuna.

Ek meen al lankal die DA is bloot die ANC-Lite, want daar is min te onderskei tussen die twee in terme van beleid. Lyk my ek was toe al die tyd verkeerd, of om meer spesifiek te wees, ek was verkeerd oor die “Lite” gedeelte. Wie weet, miskien kan die DA en ANC saamsmelt en kan Helen vir Jacob wenke gee oor sy veelvuldige vrouens se klagtes oor hul plooie.

купить боди для новорожденных в харьковеФильчаков Харьков