Indonesië se ministerie van vervoer het Donderdag gesê planne om volgende maand die veiligheidgradering aan te kondig van lugrederye wat in die land werksaam is, is tot Junie uitgestel, het Xinhua berig.
Die veiligheidsgraderings is daarop gemik om veiligheid binne die plaaslike lugvaarbedryf te verbeter, het ’n beampte gister gesê.
Die land se minister van vervoer, Ignatius Jonan, het gesê sy ministerie sou die lisensies van lugrederye wat nie aan spesifieke veiligheidstandaarde voldoen nie, summier opskort. Ander lugrederye sal daarna die geleentheid kry om maatskappye wat nié aan die vereistes voldoen nie, te vervang.
Jonan het die plan verlede maand aangekondig ná die neerstorting van ’n AirAsia-vliegtuig op 28 Desember in Indonesiese waters, en waarin al 162 passasiers gesterf het.
Nouer samewerking met die Indonesiese Nasionale Lugrederyvereniging (INACA) sou ook onderneem word om deursigtigheid in die werksaamhede en die finansiering van vliegtuie te verbeter, het die minister gesê.
Indonesië skenk ernstige aandag aan die veiligheidstandaard van lugvaart, aangesien verskeie vliegtuigongelukkie in die afgelope paar jaar daar plaasgevind het. Die Europese Unie het in 2007 ’n reisverbod ten opsigte van talle Indonesiese lugrederye uitgereik. Die verbod is twee jaar later weens ’n verbetering in veiligheid opgehef.
Indonesië, wat bestaan uit ’n groot eilandgroep met ‘n bevolking van meer as 238 000 000 en ‘n groeiende middelklas, is ‘n potensiële mark vir laekoste-lugrederye, met die regering wat vlugroetes wil uitbrei om die meer as 17 500 eilande deur middel van lugvervoer met mekaar te verbind.
Rudolf Struwig (51), eienaar van ʼn plaaswagonderneming, is Donderdag in die Pietermaritzburg hooggeregshof twee keer lewenslank gevonnis vir die moorde op twee swart plaaswerkers.
Die swart werkers was glo “moeilikheidmakers”. Regter Igna Stretch het die swaarste vonnis oor Struwig uitgespreek.
Trevor Ndlovu is in Junie 2004 in Howick geskiet en is weke later in ‘n hospitaal in Pietermaritzburg dood. Mandla Masango is in Oktober 2004 op ‘n Balgowan-plaas doodgeskiet.
Die huurmoordenaar Lucky Mlangeni het in 2009 skuldig gepleit op albei moorde en is tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Hy het in die Struwig-saak vir die staat getuig.
Stretch het gesê daar is geen oortuigende redes waarom Struwig nie die voorgeskrewe vonnisse opgelê moet word nie. Sy het gesê vergelding en straf moet voorrang geniet oor sy rehabilitasie omdat hy nie berou toon nie.
Sy het bevind Struwig was die middelman vir boere wat van die slagoffers ontslae wou raak.
Die regering van Namibië het klaarblyklik hegte bande met Noord-Korea.
Die vermoede bestaan dat dié vriendskap om Namibië se uraanneerslae gesmee is.
Namibiese dollar, miljarde daarvan, vloei jaarliks uit die staatskas na die Noord-Koreaanse wapenvervaardiger KOMID se verskansingsmaatskappy, Mansudae Overseas Project Group of Companies.
Dié belegging is gemaak in weerwil van ‘n Veiligheidsraad-resolusie wat bepaal dat alle lidlande van die VN bates van individue en maatskappe betrokke by Noord-Korea se wapenprogramme bevries.
Trouens, nie alleen verontagsaam Namibië die Veiligheidsraadresolusie nie, maar twee van KOMID se base woon ondanks die reisverbod teen hulle, in Namibië.
Noord-Korea is weens sy kernarsenaal deur wêreldleiers veroordeel, maar die Namibiese regering verkies om diplomatieke betrekkinge vol te hou.
Dit is nie seker hoe Namibië se belegging in KOMID die SAOG-streeksooreenkomste soos SIPO II betreffende veiligheid in Suider-Afrika raak nie.
Noord-Korea se leier, Kim Jong-un, se verbintenis aan kernwapens en herhaaldelike dreigemente om dit aan te wend, is rede tot kommer.
Verskeie paaie is Maandag in Ennerdale, Johannesburg gesluit vanweë protesoptrede.
Die polisie moes inderhaas in die gebied ontplooi word nadat rassisme opgevlam het het oor die toewysing van behuising.
Provincial- en James-weg is was vir die grootste deel van die dag gesluit. Motoriste is aangeraai om Lenasia-rylaan as alternatief te gebruik.
Na wat berig word hou die oproer met die behuisingskwessie verband.
Verskeie paaie is ook in Westbury in die stad gesluit nadat oproer in die gebied uitgebreek het en die polisie ontplooi moes word.
‘n Veiligheidswag het ‘n oproermaker doodgeskiet nadat die skare gewelddadig begin raak het.
Die oproerige is vroeër by die Newclare-stasie deur die wag doodgeskiet.
Die Passasierspooragentskap, Prasa het intussen die brandstigting, vandalisme en diefstal van sy eiendom by die Newclare-stasie veroordeel.
Die groep uitvoerende hoof van Prasa, Lucky Montana sê die plundery het plaasgevind onder die dekmantel van ‘n diensleweringbetoging en het niks te doen gehad met die maatskappy nie.
Montana sê hy is onthuts dat ‘n gebou wat deur ‘n Prasa-werknemers gebruik word, na bewering in die teenwoordigheid van die polisie, aan die brand gesteek is.
Metrospoor in Gauteng het treindienste tussen Randfontein en Johannesburg tydelik opgeskort.
Ons almal ry motors wat toegerus is met veiligheidslugsakke. Van die ouer intreevlak motortjies het slegs ‘n lugsak in die stuurwiel, meer moderne buksies is standaard toegerus met twee lugsakke vir die bestuurder en die voorste passasier. Daar is natuurlik ook motors wat spog met tot 12 lugsakke. Niemand van ons wil beleef hoe ‘n lugsak nou eintlik werk nie. Ons het besluit om wat gebeur tydens ‘n botsing so kort en volledig as moontlik vir u te beskryf. Ford Motorkorporasie in Australië het die stap-vir-stap-beskrywing van wat tydens ‘n botsing gebeur, gepubliseer.
Die motor wat betrokke is in hierdie botsing is ‘n Ford Falcon XT wat doodstil staan en dan reg van die kant af deur ‘n ander voertuig op die bestuurder se deur teen 50km/u gestamp word.
0 millisekondes – ‘n Eksterne voorwerp raak aan die bestuurder se deur.
1 ms – Die deur se druksensor bespeur ‘n drukgolf aan die buitekant.
2 ms – ‘n Versnellingssensor in die C-pilaar van die motor agter die agterdeur bespeur ook ‘n botsing is besig om plaas te vind.
2.5 ms – ‘n Druksensor in die middel van die motor in die dak bespeur die vibrasies van ‘n botsing.
5 ms – Die botsingsrekenaar bepaal of die impulse wat hy ontvang het erg genoeg is om ‘n reaksie uit tevoer. (Dit mag dalk net ‘n kruidenierswaentjie wees wat teen die bestuurder se deur vasgeloop het). Intussen begin die bestuurder se deur met sy kantbotsstawe die skokgolwe van die inpak te absorbeer.
6.5 ms –Druksensors in die bestuurder se deur bereik maksimumdruklading.
7 ms – Die botsingsrekenaar bevestig dat die inpak van ‘n ernstige aard is en nie ‘n kruidenierswarewaentjie is wat in die deur vasgeloop het nie. Die botsingsrekenaar bereken hoeveel aksie in watter deel van die motor uitgevoer moet word.
8 ms – Die botsingsrekenaar stuur die “vuur”-inpuls na die betrokke kantlugsak aan die bestuurder se sykant. Die B-pilaar begin die skok na binne absorbeer en energie word verplaas na die “cross car load path” of geheelladingdrukmeter onder die insittende.
8.5 ms – Die kantlugsak aan die bestuurder se kant kry die “vuur”-instruksie.
15 ms – Die motor se dak absorbeer ‘n deel van die inpakgolf . Die kantlugsak ontplof deur die sitplekomhulsel en begin ontplooi.
17 ms – Die geheelladingdrukmeter en struktuur van die motor onder die agterste sitplekke bereik maksimumlading. Die ontplooide lugsak strek oor die insittende se bors en begin sy skouer weg van die inpaksone af forseer.
20 ms – Die bestuurder se deur en B-pilaar begin teen die bestuurder se sitplek te druk. Die lugsak druk intussen die insittende se bors weg van die inpak af.
27 ms – Die effektiewe impakdruk is gehalveer van 50km/u na slegs 23,5 km/u. ‘n Drukblokkie in die sitplek verskuif die insittende se hele bolyf weg van die inpak en die lugsak begin onmiddellik afblaas.
30 ms – Die Ford Falcon het die sybotsing total en al geabsorbeer. Die lugsak bly in posisie en die insittende ondervind vir ‘n breukdeel van ‘n sekonde ‘n maksimumdruk van 12 kg teen sy skouer.
45 ms – Die insittende en die lugsak beweeg saam met die hervorming van die motor se sykant.
50 ms – Die botsingsrekenaar ontsluit al die deure, die passasiersveiligheidstruktuur begin reageer om die deur na buite te forseer, weg van die insittendes af.
70 ms – Die lugsak blaas steeds af en die insittende beweeg na die middle van die motor. Ingenieurs beskou die botsing as afgehandel
150 -300 ms – Die insittende besef nou eers hy is in ‘n botsing betrokke.
Dit is hoe ‘n lugsak in jou motor dalk net jou lewe kan red. Lugsakke ontplooi ook nie wanneer die veiligheidsgordels nie gebruik is nie. Alle nuwe motors het ladingsensors in die sitplekke wat bepaal of daar iemand op die sitplek sit. Sou daar iemand sit, bereken die botsingsrekenaar daar moet ‘n sitplekgordel geaktiveer word. Sou die sitplekgordel dan geaktiveer of vasgemaak word, bereken die botsingsrekenaar dat hy nou alle sensors wat lugsakke beheer fyn moet dophou. Dus wanneer jy nie jou sitplekgordel dra nie gaan die lugsakke nie aktiveer nie, dit is só eenvoudig. Die rede hiervoor is dat lugsakke met so ‘n geweldige inpak ontplooi word in ‘n botsing dat die insittende ernstige beserings van die lugsak kan opdoen nog voor die botsing verdere beserings veroorsaak. Die meeste vervaardigers kalibreer vandag die lugsakstelsel om in samewerking met die sitplekgordels te werk. Die sitplekgordel trek die insittende styf in die sitplek vas sodat die lugsak van watter kant af ook al sy werk kan doen sonder om die insittende ernstig te beseer. ‘n Gemiddelde lugsak ontplooi teen tussen 240 – 400 km/u. Elke voertuig op die pad vandag beskik oor ‘n unieke frommelprofiel tydens ‘n botsing. So dink mooi wanneer jy ‘n sleepstang, wenteltol voor op jou 4×4 of ‘n massiewe bosbreker-“Bullbar” voor aan jou motor laat monteer, want dit gaan jou motor se veiligheidstelsel beslis beïnvloed. Nou gaan die ingeboude druksensors heelwat later kan reageer om jou motor se lugsakke te kan ontplooi. Dit geld ook vir al die mense wat hulle dierbare kinders so los in ‘n motor laat rondsit; moenie verbaas of hartseer wees wanneer jou motor se lugsakke nie werk tydens ‘n botsing nie. Sitplekgordels red lewens; dit is oor en oor bewys!
In die VSA, wat reeds oor ‘n allamintige moordsyfer beskik, sterf drie keer soveel mense in motorongelukke as wat vermoor word. Suid-Afrika is natuurlik die wêreld se kampioenland wat geweldsmisdaad betref, daarom word meer mense jaarliks vermoor as wat in motorongelukke omkom.
Skoppensboer dra nogal getrou sy sitplekgordel. Die meeste moderne motors gaan in elk geval elektronies aan’t gil as jy wegtrek sonder om jou sitplekgordel vas te maak. Die vraag is nou: indien dit so belangrik is om ‘n sitplekgordel aan te sit, ingeval jy in ‘n botsing betrokke raak, is dit nie nóg belangriker om jou teen moord of ‘n skietery te beskerm nie?
Blykbaar is daar ongeveer driehonderd misdaadsindikate in die land bedrywig en die Tsjeg met onderwêreldse bande, Radovan Krejcir, was onlangs in die nuus vanweë koeëls wat vlieg, bomme wat afgaan en dergelike meer. DIs natuurlik ‘n ope vraag of die ANC self nie eintlik ‘n misdaadsindikaat is nie, gegewe die groot bedrae geld wat die party op allerlei duistere maniere vanuit die staat na die party of sy amptenare kanaliseer. Met die sterk Zoeloe-invloed deesdae, is hulle nie meer die “Xhosa Nostra” nie, maar steeds “kamerade wat sake doen”.
Op straat, op plase, in winkelsentrums en in ons huise, word ons egter blootgestel aan die die Wilde-Weste-kultuur van die ruwe Suid-Afrika. By tye in die negentiende eeu, veral aan die Oosgrens, het dir ewe woes gegaan en het boere blykbaar gewapen gaan ploeg. Hulle kon te eniger tyd aangeval word.
Die mense wat die beste in die ruwe Suid-Afrika aangepas het, is oudpolisie- en weermagmense wat gewoond daaraan was om ‘n dienspistool saam te dra en dit steeds doen. Die gewone lid van die publiek beskou egter nog nie koeëlvaste klere en ‘n 9-millimeter onder sy arrmholte as noodsaaklike mode-items nie.
Het dit nie hoog tyd geraak dat ons so ‘n mode skep nie? Met dié dat dit so gevaarlik buite is, gaan Skoppensboer nie eintlik saans veel uit nie en verkies tuisvermaak, soos fliek op die rekenaar. Hoewel die meeste Hollywood-akteurs ten gunste van strenger wapenbeheer in die VSA is, synde polities liberaal, speel vele van hulle in films wat in die ou dae ‘n skop-skiet-en-donder genoem is. Iewers het Skoppensboer gelees dat die VSA oor ‘n honderd miljoen wapens in privaatbesit beskik en dis nie eens naastenby so gevaarlik daar soos in Suid-Afrika nie!
Abby in die TV-reeks Charlie’s Angels met ‘n Heckler & Koch MP5. Foto: Internet Movie Firearms Database
Met al die byderwetse pistole, handkarabyne, jag- en sluipskuttergewere wat in flieks vertoon word, is daar iets soos die Internet Movie Firearms Database waar ‘n mens jou gunstelingheld of -heldin se wapens in nadere besonderhede kan gaan beskou. Dis seker die invloed van feminisme, maar daar is deesdae amper meer vroulike geheime agente wat sommer tien mans tegelyk met ‘n paar houe en skoppe uit die pad kan veeg en dan ‘n klein oorloggie met ‘n Heckler & Koch MP5 in elke hand teen ‘n spul skurke kan voer. Daar’s nou vir jou ‘n handelsmerk om oor te kwyl: Heckler & Koch.
Dié Duitse maatskappy maak ook die MP7-handkarabyn wat van hul spesiale 4.5-millimeter-kaliber gebruik maak en wat blykbaar deur beskermende klere kan dring. Dié lyk só:
Skoppensboer moet egter bieg dat, in weerwil van die sjarme en stilering van Heckler & Koch se masjienpistole, Made in Germany en wat nog, daar ‘n Belgiese wapen is wat hy nie sal omgee om in sy Kerskous te hê nie. Dit is Fabrique Nationale se P90 wat ook in ‘n hele paar Amerikaanse TV-reekse en films te siene is en wat deur ongeveer veertig lande as ‘n ligte aanvalsgeweer aanvaar is, veral vir spesmagsoldate. Die P90 neem 50 rondtes wat in ‘n unieke, deursigtige magasyn gehuisves word. As jy dus in jou plaaslike winkelsentrum in ‘n skietgeveg met ‘n bende rowers betrokke raak, hoef jy nie te tel hoeveel skote jy afvuur nie, want jy kan sommer sien hoeveel patrone daar nog oor is. Net die ding vir huis-en-haardbeskerming in Suid-Afrika!
Alex in Nikita (eerste seisoen) met ‘n FN P90TR. Foto: Internet Movie Firearms DatabaseBruce Willis in ‘A good day to die hard’ (2013) met ‘n Beretta 92FS. Foto: Internet Movie Firearms DatabaseHierdie tweekleur-Beretta 92FS kan goed pas by jou tweekleurhemp, of enige ander hemp! Foto: Internet Movie Firearms Database
Afhangend van wat jy buite jou mure te wagte is, is dit natuurlik nie nodig om altyd ‘n outomatiese wapen byderhand te hê nie. In al die flieks en TV-reekse is daar pragtige pistole te siene, waaronder Sig-Sauer, Walther, Glock, Beretta en vele ander. Die klassieke Beretta 92FS kan net die ding wees om onder jou kopkussing mee te slaap. Vir omtrent R200 kan jy aanlyn ‘n skouerholster daarvoor aanskaf wat boonop plek het vir twee ekstra magasyne. As jy regtig moeilikheid op pad Pick ‘n Pay of Checkers toe verwag, kan jy nog agter jou rug ‘n ander magasynhouertjie vasgespe met plek vir ‘n bykomende drie magasyne, Saam met dié in die pistool self, sal jy dan toegerus wees met sestig rondtes wat seker genoeg sal wees om vanagter die hondekosrakke jou man te staan totdat hulp opdaag. Met jou koeëlvaste Kevlar-onderhemp aan, sal jy heel veilig voel en hopelik ‘n paar misdadigers die ewigheid in stuur. Dis selfs moontlik om in jou inkopiesak ‘n Kevlar-helm saam te dra wat jy by die eerste teken van vyandelikhede kan opsit. Motorfietsryers dra immers valhelms oral saam, dus kan ons ewe maklik koeëlvaste helms begin gewild maak. Alles in belang van veiligheid.
Met Malema se EFF wat dreig om plase te begin beset, sal boere en hul gesinne moet sorg dat hulle goed bewapen is met hierdie en ander wapens. Groepe boere behoort saam te werk om verdedigingsplanne voor te berei en natuurlik met tweerigtingradio’s in verbinding te wees. Tweerigtingradio’tjies is deesdae spotgoedkoop en kan by vele elektronikawinkels aangeskaf word.
Pompaksie-haelgewere, jaggewere, handwapens, masjienpistole, dít alles kan handig te pas kom as chaos op die platteland as gevolg van onwettige optrede deur EFF-lede met rooi barette uitbreek. En kry gerus van daardie koeëlvaste ondergoedjies. Daar is damesmodelle ook te koop en as jy nie van die ding onder jou hemp hou nie, is daar sogenaamde “overte” modelle beskikbaar wat jy bo-oor dra.
Die tragiese is: meeste mense bestee meer op nuwe selfone as aan hul persoonlike veiligheid. Dit sal moet endkry, want ons is terug in die negentiende eeu toe elkeen hoofsaaklik vir sy eie veiligheid moes sorg.
Daar is natuurlik mense wat daarvan hou om gevaarlik te leef, nie ‘n sitplekgordel te dra nie en dit ongewapen buite hul huise waag. Skoppensboer is egter te veel van ‘n moffie hiervoor en daarom is sy leuse: Eerder bang Jan as dooie Jan.
Ten slotte, as geld nie ‘n kwessie is nie, kan jy ietsie oor ‘n R100 000 uitgee vir dié Oostenrykse meneer, die Steyr-HS.50-sluipskuttergeweer. Hy vuur ‘n .50-kaliber- Browning-masjiengeweerpatroon vir langafstandselfverdediging.
Stedelike sjiek: Maggie Q as Nikita in die tweede seisoen van dié reeks met ‘n Steyr HS.50 wat sy sommer by ‘n wapenhandelaar afgeneem het. Foto: Internet Movie Firearms Database
Subaru is baie meer bekend vir die vuurspuwende raserige Impreza WRXe as vir hulle baie bekwame gesinsmotors. Die Subaru Forester was nog altyd iets buitengewoons, iets links van die res van die mark.
Die nuwe slimmer, veiliger, verder – die beste sportnutsvoertuig, nou nog beter, aldus Subaru Suid Afrika, bied dieselfde legendariese DNS van sy voorgangers met verskeie afrondings, ‘n innoverende lys van moderne tegnologie, die jongste veiligheidskenmerke en selfs meer weelde en ‘n groot binneruim.
Die Subaru Forester van die kant af gesien
Baie keer wanneer jy begin rondkyk om ‘n sportnutsvoertuig aan te skaf en jy doen ‘n vergelykende analise, kry jy die mees interessante feite oor die Subaru Forester in die hande. Met dié motor kan jy maar al die blokkies afmerk waarna ‘n sportiewe gesinsman soek.
Die motor se netjiese instrumentepaneel
Ons toetsmotor, die Forester-reeks-vlagskip, die XT CVT, bied baie meer as wat ‘n mens sou verwag. Daar is funksies soos 8-rigting-kragsitplekke, leer, navigasie, ‘n Harmon Kardon-klankstelsel met HD-radio, Bluetooth en nog meer. Ons Forester het ook die enigste opsie-pakket wat op die XT beskikbaar is, met sleutellose toegang, HID-hoofligte en Subaru se sigstelsel (aanpasbare tog, laanvertrekwaarskuwing en voor-botsingsremfunksie). En, natuurlik, as gevolg van die XT-kenteken, het ek geweet dat ons een van die mees kragtige kruisvoertuie in hierdie segment onder hande het. Subaru se turbo-aangejaagde, direkte-inspuiting- 2,0-liter-bokser- viersilindereenheid lê onder die enjinkap, gereed om 177 Kw (240 perdekrag) los te laat. Die legendariese Subaru All-Wheel Drive bied uitstekende greep, balans en beheer op enige terrein, beide op die pad en in die veld. Die motor voel geplant, vas op die pad. Ander veiligheidskenmerke sluit sewe lugsakke in wat strategies deur die kajuit geleë is; die ringvormige passasiersel, wat van hoëtreksterktestaal gebou is en wat die energie van ‘n botsing om die passasierskompartement in teenstelling met daardeur versprei. Dan is daar nog Subaru se elektroniese bestuurdershulpprogram – Vehicle Dynamics Control (VDC).
Ons sal erken dat die Forester teen R529 000 duur is vir die segment, maar hy is soveel anders as enige iets in die segment dat ons die prys sal verskoon. Subaru hoop dat hierdie vlagskipmodel meer opwinding bied as die meeste van hul hoofstroommededingers, met byna net soveel eienskappe as die middel-luuksesegment waar motors soos die Audi Q5, BMW X3 en Volvo XC60 uithang. Wat verrigting betref, is ons egter oortuig dat die Forester met sy bokserturbo-enjin stof in die duurder Duitsers se hoofligte kan skop, veral dié van hul viersilinderweergawes.
Die outomatiese agterdeur
Die motor voel ruimer as wat hy is en binnelangs is daar baie goed van al die spasie gebruik gemaak. Die druk van ‘n knoppie om die agterste deur oop te maak en te sluit, maak dit maklik om bagasie of inkopies te laai wanneer jou hande vol is. Die openinghoogte is ten volle verstelbaar vir hoe groot hy moet oopmaak. Daar is ook ‘n 4.3-duim-kleurskerm wat ‘n omvattende reeks inligting soos brandstofverbruik, eko-evaluering, aktiewe veiligheid, X-af-funksionaliteit, horlosie / buitetemperatuur en self-onderhouddiagnose bevat. Voeg daarby ‘n truratkamera wat die bestuurder kan dophou wanneer agteruit gestoot word. Met SI-DRIVE kan jy ‘n bestuurstyl kies om by die omstandighede aan te pas. Die enjin en ratkas word beide beheer met die hulp van ‘n rekenaar, en ‘n enkele skakelaar kan gebruik word om een van die drie ryprofiele te kies, wat wissel van sagte kraglewering tot ‘n sportiewe superskerpreaksie.
Die agterdeur-beheer
Die XT het ‘n “sport-gestemde” onderstel wat nie beskikbaar is in die ander Foresters nie, maar moenie geflous word om te dink dat dit die voertuig in ‘n XL WRX verander nie. Terwyl greep uit die AWD-stelsel goed is, is die smaller bande, ryhoogte en sagter vering alles tekens dat die motor nie ‘n draai met dieselfde entoesiasme as sy tydrensuster die WRX sal kan vat nie. Die XT is as gevolg van sy grootte en gewig baie meer geneig om in skerp draaie te onderstuur. Desnieteenstaande dink ons steeds dat die Forester beter as enige van sy mededingers in die segment hanteer . Alhoewel die Forester baie weelde-items bied en die bougehalte en duursaamheid van die materiale kan kers vashou met die medeingers in die segment, dink ons tog dat die Forester nie heeltemal op dieselfde ontwerpvlak as byvoorbeeld die Hyundai Santa Fe of Kia Sorento is nie. Die nuwe Lineartronic CVT- (voortdurend veranderlike transmissie) ratkas, is ontwerp om die nuwe bokser-enjin en onderstel te pas, en is toegerus met ‘n aansienlik wyer ratverhouding om hoogs reageerbare versnelling te lewer, asook verbeterde rybaarheid en hoër brandstofdoeltreffendheid te bewerkstellig. Om ratte te verander gebruik jy die trek-lepels aan weerskante van die stuurwiel. Alhoewel baie glad en van die beter outomatiese ratkaste wat ek al gebruik het, was die gevoel dat die ratkas te stadig vir die enjin is baie opvallend.
Pakruimte in die Subaru Forester
Ander standaardtoerusting is die reënsensor en ligsensor om te verseker dat jy te alle tye onbelemmerde sig geniet. Die ruitveërspoed word aangepas en die hoofligte aktiveer wanneer nodig. Wat veiligheid betref, bied Subaru legendariese veiligheid op elke model. Dit is geen wonder dat hulle obsessie met veiligheid gelei het tot ‘n lang geskiedenis van vyf-ster-ANCAP, Euro NCAP, JNCAP en Versekeringsinstituut-hoofwegveiligheid (IIHS) veiligheidsgraderings. Kortom, die kombinasie van die Subaru Boxer-enjin en simmetriese All-Wheel Drive bied die hoogste vlakke van stabiliteit, balans en beheer vir ‘n veiliger rit. Daar is sewe SRS-lugsakke, insluitend dubbele voorste lugsakke en ‘n gordyn- en ‘n bestuurdersknie-lugsak wat met sensors ontwerp is om gewig na ‘n botsing te verminder.
Subaru se simmetriese All-Wheel Drive is waarskynlik die beste AWD-stelsel ter wêreld, met 40 jaar van aanhoudende vervolmaking sedert die bekendstelling daarvan, die toevoeging van X-modus wat die bestuurder die vermoë gee om die simmetriese All-Wheel Drive-stelsel te optimaliseer vir makliker bestuur oor nat terrein en om veilig oor slegte paaie, gladde oppervlaktes en steil heuwels te navigeer, en dít met net een skakelaar. X-af sentraliseer die beheer van die enjin, die gebruik van die middelste ewenaar, agterste ewenaar, remme en vastrapbeheer en ‘n beheerde afdraandefunksie. X-af se status word visueel op die multi-funksieskerm aangedui. Daar is ook 220 mm-grondvryhoogte wat baie meer as die meeste voertuie in die segment is.
Sou ek self die Subura Forester XT CVT aankoop? Waarskynlik nie. Nie omdat die motor nie volkome briljant is nie, maar omdat ek net eenvoudig voel dat hy te duur vir die segment is waarin hy meeding. My keuse sal waarskynlik by een van die Koreane lê of dalk die nuwe Toyota Rav4 wat in VX-gewaad steeds R129 000 goedkoper as die Forester is.
Die Renault-Nissan-alliansie is ‘n strategiese Frans-Japannese vennootskap tussen dié twee motorvervaardigers. Die twee reuse, wat saam meer as een uit elke 10 motors wêreldwyd verkoop, is sedert 1999 strategiese vennote.
Hulle het byna 350 000 werknemers en beheer sewe groot handelsmerke nl. Renault, Nissan, Infiniti, Renault Samsung motors, Dacia, Datsun en Lada. In 2012 het die motorgroep 8,1 miljoen motors wêreldwyd verkoop. Ná Toyota, General Motors en Volkswagen is dit die vierde grootste vervaardiger wat die totale volume passasiersmotors aanbetref.
Sedert Julie 2013 verteenwoordig die Alliansie die wêreld se voorste “inprop”-elektriesevoertuigvervaardiger, met wêreldwye verkope van 100 000 eenhede sedert Desember 2010. Die strategiese vennootskap tussen Renault en Nissan is nie ‘n samesmelting nie. Die twee maatskappye is saamgevoeg deur ‘n kruis-aandeelhoudingsooreenkoms. Die struktuur was uniek in die motor-industrie in die 1990’s.
Die konsolidasieneiging is later as ‘n model vir General Motors en PSA Peugeot Citroën gebruik, asook die samewerkingsooreenkomste tussen PSA Peugeot Citroën en Mitsubishi, asook Volkswagen en Suzuki. Laasgenoemde kombinasie het egter misluk. Die Alliansie self verbreed die omvang aansienlik: die totstandkoming van bykomende vennootskappe met motorvervaardigers soos Duitsland se Daimler, China se Dongfeng Motor, en Rusland se Avtovaz het motors soos die Nissan Lavina en die Renault Sandero tot gevolg gehad.
Die Renault-Nissan-alliansie begin op 27 Maart 1999. In daardie stadium het Renault 36,8 persent van Nissan gekoop. Nissan het beloof om in te koop in Renault wanneer hulle dit finansieel kan bekostig. In 2001, nadat Nissan se ommeswaai van naby-bankrotskap bewerkstellig is, het hulle ’n 15-persentaandeel in Renault gekoop, wat op sy beurt die aandeel in Nissan tot 44,4 persent verhoog het.
In 2002 is die alliansie in die Renault-Nissan BV (RNBV), ‘n strategiese bestuursmaatskappy omskep, om oor die twee maatskappye toesig te hou. Gesetel in Amsterdam, Nederland, het Renault en Nissan elk 50 persent besit en bied dit ‘n neutrale plek vir die alliansie om idees uit te ruil, bou-strategie te ontwikkel en help dit om die invloed van die maksimumsinergieë tussen die twee maatskappye te bevorder.
Ons het twee motors wat juis uit hierdie alliansie gebore is onder hande geneem.
Die Nissan Livina X-Gear
Nissan Livina X-Gear
Die Nissan Livina is ‘n luikrugmotortjie wat in Sjina ontwerp is. Die reeks sluit ook twee vertakkingsmodelle in: die stasiewa-weergawe genaamd Grand Livina en ‘n kruismotorweergawe getitel Livina X-Gear. Ons het die nuutste X-Gear vir ‘n paar dae bestuur. Die X-Gear het ‘n paar nuwe funksies soos “crossover”-stylbuffers, dakspore, swart bekleedsel, maar ironies genoeg is die grondvryhoogte nog steeds dieselfde as die gewone Livina.
Die X-Gear van agter
Die Livina X-Gear is volgens Nissan ontwerp om vreesloos jou sin vir avontuur uit te leef. Daar is veiligheidskenmerke wat ‘n sterk en stewige veiligheidsel, bestuurder- en passasierslugsakke, ABS-remme met EBD-remverspreiding sowel as BAS-remhulp as standaard insluit.
Die Livina X-Gear sorg ook vir goeie veiligheid met die Nissan Teen-diefstalstelsel (Nats) , waaronder sentrale sluiting en immobiliseerder. Alle Nissan-voertuie is ook met Microdot-anti-diefstaltegnologie toegerus.
Die Nissan Livina X-Gear se sportiewe voorkoms is nie net ‘n lus vir die oog nie, maar omhels ook sy slim, avontuurlustig ontwerp. Met ‘n vaartbelynde dakrak en 15″-allooiwiele, maak die Livina X-Gear ‘n kragtige verklaring dat die motor vir die buitelewe ontwerp is. Of jy nou bergfietsrenne doen of branderplank ry, die X-Gear met sy gespierde silhoeët, uitgeboude wielboë en sportiewe voorkoms gee jou die selfvertroue om ‘n wêreld vol avontuur aan te pak. Die Livina X-Gear is ‘n stedelike avonturier met genoeg ruimte vir jou, jou vriende en enige toerusting wat jy dalk nodig het om jou avontuurlus te bevredig.
Die X-Gear se binneruim
Die 60/40- gesplete agtersitplekke vou ook weg om ruimte vir al jou duiktoerusting te maak. Kombineer dit met ‘n magdom luukshede soos ‘n verstelbare stuurkolom, elektriese vensters en lugreëling en jy het ‘n motor wat jou baie ruimte en waarde bied teen ‘n prys wat jou sal laat wonder oor enige ander ryding in die klas.
Die X-Gear se bagasieruimDie X-Gear se instrumentepaneel
Onder die enjinkap is ‘n lewendige 1.6-literenjin wat 80 kW teen 6 000 o/min ontwikkel en 153Nm se wringkrag teen 4 400rpm lewer. Daar is ook 363 ℓ pakplek met die agterste sitplekke in plek. Ons het wel die enjin effens pap ervaar as daar passasiers en begasie in die motor gelaai is. Die X-Gear verkoop teen R205 800 en sluit ‘n 100 000 km-waarborg, asook ‘n 3-jaar- 60 000-km-diensplan in.
Ons gee die Lavina X-Gear 3 uit 5
Die Renault Sandero Stepway
Renault Sandero Stepway
Die Renault Sandero is ‘n klein, goedkoop, kompakte stadsmotor, wat met behulp van die B0-platform van die Dacia Logan vervaardig is. Dit is bedoel om Renault se greep in die goedkoop, ontwikkelende motormark te versterk. Die Stepway is soos die X-Gear’n kruismotor en word net soos die res van die Sandero-reeks, in Rosslyn, Pretoria gebou. Renault moes ‘n teenvoeter vir die VW Vivo- en Tata-produkte uit Indië verkry. Die Sandero vul hierdie gaping.
Binneruim van die Renault Sandero Stepway
Die intreevlak van die mark is baie mededingend terwyl motors al hoe duurder word. Wat is jy bereid om prys te gee by die aankoop van ‘n nuwe motor? ‘n Groot bekende naam, veiligheid, luukses, ekonomie, boukwaliteit, reputasie en herverkoopwaarde ? Al hierdie oorwegings speel met ons emosies wanneer daardie keuse gemaak word om ‘n nuwe motor aan te skaf. Vir die meeste mense is motor koop die tweede grootste aankoop buiten huis koop. Met die Sandero en spesifiek die Stepway het Renault al die bekende kassies waarna kopers kyk en in ‘n motor wil hê, gemerk.
Instrumentepaneel van die Renault Sandero Stepway
Teen R149 900 bied die Renault Sandero Stepway ‘n 1,6-literenjin met ‘n klomp ruimte. Kortom, die motor is ‘n praktiese stadsmotor met ‘n goeie grondvryhoogte (175 mm ), stofbeskerming en goeie paddinamika. Die Stepway het as standaardtoerusting ‘n 5-jaarwaarborg en 3-jaardiensplan. Die 64kW 1600 is goed vir 11,5 sekondes van rus tot by 100km/u.
Brandstofverbruik in die gekombineerde siklus van 7.2l/100km is goed. Dinamies voel die Stepway soos ‘n moderne motor. Dit voel goed gebou sonder enige raserige rattels en geluide. Een aspek van die motor waarmee ek gesukkel het, was die bestuursposisie. Elke keer as jy hard rem of versnel, voel dit asof die sitplek nie behoorlik vasgebout is nie. Daar was niks anders in die motor wat my gepla het nie, en ek het net nadat ek beide die X-Gear en die Stepway vir ‘n week lank bestuur het, gewonder hoekom ander rygoed so vreeslik duur is. Beide die motors is tog goeie produkte, wat deur groot bekende vervaardigers gebou word en ‘n rits veiligheidskenmerke bied wat niks minder is as in enige VW of Toyota nie. Bougehalte is goed en die motors doen presies wat op die verpakking staan. Hoekom so goedkoop?
“Roof by woonhuise as die misdaad wat die meeste gevrees word in Suid-Afrika het met 3,6% toegeneem volgens die nuutste misdaadstatistiek. Inbrake by woonhuise het met 3,3% (253 633 gevalle) toegeneem en motorkapings met 5,4%. Dit is juis by jou huis en op pad werk toe wat mense veilig wil voel. Die publiek het dus rede om onveilig te voel en ervaar dat misdaad toeneem,” sê dr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder van Polisie vir die Vryheidsfront Plus.
“Wat ook kommerwekkend is, is dat van die 1 833 775 ernstige misdade wat aangemeld is, daar slegs 352 513 suksesvolle vervolgings was. Dit is slegs 19% suksesvolle vervolgings. Dit beteken dat die strafregstelsel in Suid-Afrika ernstige gebreke het en die publiek in die steek laat,” het Groenewald gesê.
“Moord het met 0,6% toegeneem, maar die feit dat 16 259 mense vermoor is beteken dat die kans vyf keer groter is om in Suid-Afrika vermoor te word as elders in die wêreld waar die gemiddeld 6 per 100 000 is. Poging tot moord het met 6,5% (16 363 gevalle) toegeneem wat beteken Suid-Afrika bly steeds ‘n gevaarlike land,” sê Groenewald.
Die Vryheidsfront Plus verwelkom wel die afname in misdade teen vroue en kinders en in misdade soos aanranding.
Met die motorwêreld wat so vinnig verander het die hele motorbedryf ‘n groot skuif opwaarts beleef.
Blitsbukse van ‘n dekade gelede is nou luukse rygoed wat die gemiddelde koper byna nie kan bekostig nie. Die dae van spot goedkoop verrigtingsmotors is lank verby, maar nou word die gewone rygoed al hoe luukser en beter. Ons het ‘n paar sulke “gewone” rygoed met so ‘n tikkie luuksheid en van die modernste enjintegnologie wat beskikbaar is, onder hande geneem. Ons toetsmotors is die Alfa Romeo Guilietta, Mercedes Benz se nuwe A-klas, Volvo se V40 en Audi se splinternuwe A3 Sportback.
Elkeen van die motors beskik oor ‘n unieke eienskap wat haar heelwat beter as die ander drie maak, maar is daar een van die vier motors wat alles net beter as die ander doen?
Die resep vir ‘n blitsbuks is ‘n relatiewe klein motortjie wat prakties genoeg is vir ‘n gesinsman, ekonomies genoeg is om elke dag mee te pendel en genoeg krag te hê om sportief te wees. Al vier ons kandidate beskik oor vyf deure wat hulle baie prakties maak; al vier het relatiewe sterk enjins wat hulle sportief maak. Daar is van die jongste enjintegnologie wat al vier baie ekonomies maak om te bestuur en dan kom daar een aspek by: luuksheid. Al vier ons toetsmotors is baie goed toegerus met van die nuutste tegnologie in die binneruim.
Die Alfa Giulietta van die kant gesien
Alfa Romeo Giulietta 1.4T Progression
Alfa Romeo het nog altyd om rou emosie gedraai; die nuwe Giulietta is ‘n sprekende voorbeeld daarvan. Al die baklyne is so flambojant en suggestief, só asof jy weet dat hierdie motor jou een of ander tyd diep in die moeilikheid gaan laat beland. In vroeër jare het Alfas die reputasie opgebou dat hulle nie baie betroubaar is nie, maar dinge het heeltemal verander en vandag se Alfas is net so betroubaar soos enige Duitse of Japannese motor. Die los elektriese konneksies en ratels is ook iets van die verlede, om nie eers van die oliekol op die motorhuisvloer te praat nie. Vandag se Alfas is nie net mooier as ooit nie, maar meer betroubaar, asook vinniger en luukser.
Daardie sensuele Italiaanse lyne… van voor
Ons toetsmotor is die intreemodel in die Giulietta-reeks en is toegerus met ‘n 1,4-literenjin wat deur ‘n turbo aangejaag word. Daar is 88 Kw se krag en 206 Nm wringkrag. Dit klink nie vreeslik baie nie, maar dit is die manier hoe die krag aangewend word wat baie indrukwekkend is. Ons het nie eenkeer gevoel dat die motor te min krag het nie en die 6-spoed handratkas help ook die Giulietta op so ‘n mooi kragtige manier aan dat die motor baie vinniger en sterker voel as wat die syfers voorgee. Die feit dat die enjinverplasing so klein is, beteken dan ook ‘n lae 149 g/km CO2-gasse. Vergeleke met motors soos die Renault Megane wat ook ‘n 1,4-turbo-enjin het, se 145g/km of die 138 g/km van Opel se Astra 1.4T, dan sien ons dat die Alfa-enjin baie naby aan van die groot spelers se syfers kom. Alhoewel beide die Renault en die Opel baie mooi motors in eie reg is, kan nie een van hulle twee kers vashou by die estetiese skoonheid wat die Alfa bied nie.
Binneruim van die Alfa Guillietta
Binnelangs is daar sitplek vir vyf volwassenes, daar is klimaatbeheer, elektries beheerde ruite en kantspieëls, ISO-hegstutte vir kinderstoeltjies, asook ‘n Blue&Me-bloutandstelsel wat jou slimfoon aan die radio kan koppel. Die motor bevat 6 veiligheidslugsakke wat deur die binneruim versprei is en iets wat Alfa die “Dual Pinion Active Steering” noem wat beteken dat die kragvoer van die stuur minder of meer word soos wat die voertuig se spoed wissel. Daar is ook ‘n terugrolrem wat verhoed dat die motor agteruit rol wanneer daar by ‘n bultjie weggetrek moet word en om brandstof te bespaar, is daar ‘n “stop-aansit”-funksie wat die enjin by verkeersligte en stopstrate afskakel om sodoende brandstof te bespaar. Die funksie werk so glad dat wanneer jy jou voet van die rempedaal afhaal, die motor onmiddellik weer aanskakel, reg om te ry.
Alfa se DNA-stelselDie Giulietta se dagryligte
Alfa het ook die Alfa Romeo DNA-stelsel in al hulle motors geïnstalleer. Die stelsel beskik oor drie modusse: Dynamic, Normal en All Weather. Aldus DNA wat die enjinbeheerstelsel, onderstel en stabiliteitsbeheer verstel sodat die bestuurder ‘n egte ry-ervaring kan geniet. In Dynamic is die enjin aggressief en uiters reageerbaar met die Q2-elektroniese-ewenaarstelsel wat ‘n sportiewe bestuurstyl deur draaie voorsien. In Normal-modus kan die Giulietta nog steeds soos ‘n Alfa bestuur word, maar die onderstel, ratskakelings, enjinreaksietyd en Q2-ewenaar pas jou nog meer op en daar word net aan die brandstof geproe. In All Weather-modus is die hele spulletjie amper oorversigtig en krag na die wiele word so geleidelik gevoer dat jy op amper enige oppervlakte baie gemaklik sal kan wegtrek. Die Giulietta word deur die voorwiele aangedryf. Die motor het ook ‘n 5-stermerk van Euro NCap ontvang met aktiewe veiligheidstelsels soos VDC (Vehicle Dynamic Control)) wat tesame met die DST (Dynamic Steering Torque)-stelsel die DNA-stel ondersteun. Daar is ook passiewe veiligheidstelsels soos die tweede-generasie-anti- nekslagstelsel wat die sitplekgordel millisekondes voor ‘n botsing styftrek sodat die insittende byna een met die sitplek word, die voetpedale en stuurkolom in ‘n botsing van voor wegvou en die 6 lugsakke wat die insittendes omvou. Daar is dagryligte en LED-liggies agter wat oor ‘n baie meer intense helderheid beskik. Elke Alfa word ook gerugsteun deur ‘n 5 jaar/150 000km-waarborg, ‘n 6 jaar/90 000km-diensplan met ‘n 3 jaar- AA-padbystanddiens.
Vir my was die Alfa Romeo Giuletta alles wat die brosjure belowe het, maar die beste eienskap vir my is die estetiese skoonheid van die motor. Daar is werklik min ander vervaardigers wat eenvoudig al die sintuie gelyktydig in hierdie segment van die motormark so effektief kan aanspreek. Teen R273 015 is die Giulietta vir seker een van die beter kopies in die segment.
Ons gee die Giulietta ‘n 4 uit 5.
Die Audi van die kant af gesienDie Audi van agter
Audi A3 Sportback 1.4T FSi
Audi SA het vir my ‘n nuwe A3 Sportback 1.4 T FSi vir ‘n paar dae gegee om my indrukke met u te deel. Ek was nog altyd ‘n groot Audi-aanhanger en het al menigte van hulle motors bestuur; ek het al selfs een besit. In my 20 jaar van motorjoernalistiek het ek nog nooit enige motor teëgekom wat so naby aan die perfekte ryding is soos juis die Audi A3 nie. Dit is asof Audi alles net mooi met die nuwe A3 vervolmaak het. Die motor is ruimer as ‘n Golf 7, makliker om te bestuur as ‘n VW Polo, stiller in die binneruim as ‘n A6 en meer ekonomies in ‘n daaglikse ry-situasie as amper enige iets wat ons al voorheen bestuur het.
Die Audi se binneruim
Die binneruim is pure Audi en as jy nie weet dit is ‘n A3 dié nie, sal jy dink jy sit in ‘n A4. Die gevoel van ruimte met die goeie sigbaarheid en ruim spasie reg rondom jou is net verstommend. Die bougehalte is soos almal altyd van Audi sê, die beste wat daar tans beskikbaar is, maar dit is seker omdat ‘n mens dit nie in dié segmentmotor sien nie dat dit nog meer spesiaal voel. Alles van die sitplekbekleedsel wat van duursame veloerdoekstof is tot by elke knoppie lyk en voel net eenvoudig in ‘n ander klas. Ek het die heel tyd oor en oor gaan seker maak oor die A3 se prys van R290 500. Ons toetsmotor is toegerus met ‘n 1,4 liter-turbomeuletjie wat 90 Kw. en 200 Nm se wringkrag lewer. Al die krag word na die voorwiele gestuur deur ‘n 6-spoedhandratkas en met ‘n uitlaatgasperk van slegs 123g/km is die A3 nogal heelwat suiniger met die vuil gas wat hy die atmosfeer in pomp. Brandstofverbruik het ons aangeteken as 5,5 l/100km in die gekombineerde siklus. Wat verrigting aanbetref, is die A3 nie in die Golf GTi se klas nie, maar ‘n heel skaflike 203 km/u en 0-100km/u tyd van 9,3 sekondes is aangeteken. Daar is dagryligte en LED-agterligte, asook 380 liter pakplek met die agterste sitplekke in die normale posisie. Passiewe en aktiewe veiligheidstelsel soos ABS-remme, ISO-hegpunte vir kinderstoeltjies en lugsakke voor, asook aan die kante, maak die Audi een van die heel veiligste motors in sy klas. Rygerief is net eenvoudig verstommend vir ‘n motor in dié segment. Ons toetsmotor is met opsionele toerusting toegerus: dit sluit in die navigasiestelsel, Xenon-hoofligte, togbeheer en Audi se 17-duim- 15-speekwiele. Dit alles het byna R45 000 by die prys gevoeg. Ons meen dit is heeltemal onnodig en die standaard-A3 is heel goed toegerus. Een ding wat my wel gepla het, was dat jy nêrens in die motor ‘n USB-koppeling gehad het nie; daar is wel ‘n gleufie vir ‘n SD-kaart, maar ons verkies ‘n USB-koppeling. Alle Audi-motors het standaard ‘n 5-jaar / 100 000km-Freeway-onderhoudsplan en ‘n 1-jaar- onbeperkte waarborg.
Ons gee die Audi A3 Sportback 1.4T FSi 5 uit 5
Die Volvo V40 T3 se sy-aansigDie Volvo V40 T3 van voor
Volvo V40 T3 Elite
Volvo is bekend vir van die veiligste motors ter wêreld en nuwe tegnologie om die motor oor die algemeen nog veiliger te maak, word baie keer deur Volvo aan die wêreld bekendgestel. Volvo is dan ook die eerste vervaardiger wat buite-lugsakke, wat voetgangers sou beskerm in die geval van ‘n Volvo-voetgangerongeluk, bekendgestel het. Ons kon ‘n Volvo V40 T3 by Volvo SA in die hande kry. Ek was nogal baie verbaas oor hoe naby die Volvo nie alleen met tegnologie nie, maar ook met ruimte, gerief en werkverrigting aan die drie groot Duitsers kom.
Binneruim van die Volvo
Die bougehalte is weereens uitstaande en daar is regtig niks wat kraak of kreun of voel dit gaan breek nie. Alle materiaal regdeur die binneruim sowel as buite om die motor is van hoogstaande gehalte. Die V40 is ook ‘n luikrug met vyf deure. En net soos die Alfa en die Audi beskik die V40 dan oor meer as genoeg ruimte vir vyf insittendes met bagasie. Anders as in die Audi en die Alfa, het die Volvo ‘n heel ander gevoel wanneer jy binne in hom sit. Die motor boesem vertroue, baie vertroue in en dit sonder dat jy eers ‘n enkele meter te ry. Dit moet die Volvo-reputasie vir veiligheid wees. Die deure maak met ‘n soliede dompgeluid toe en alle oppervlaktes waaraan jy kan raak, voel of dit nie te hard sal wees, sou jy dalk iewers jou kop moet stamp nie. Daar is soos in al die moderne Volvo’s die hangende middelkonsole wat stoorplekkies agter die paneel het. Rondom-sigbaarheid is uitstekend as gevolg van die groot glasgedeeltes aan die motor. Agterste passasiers se skouerlyn is effens hoog en korter mense soos kinders gaan dalk sukkel om by die kantruite te kan uitsien.
Ons toetsmotor is toegerus met ‘n 1.6-literpetrolenjin met ‘n klein turbo’tjie. Die enjin lewer 110 Kw. en 240 Nm se wringkrag. Hierdie krag word deur die 6-spoedratkas na die voorwiele gestuur en rygerief, asook padhouvermoë is by uitstek verbasend. Die enjin loop glad en stil en ons kon ‘n brandstofverbruik van 5,6 l/100km aanteken. Werkverrigting is ook baie indrukwekkend en met ‘n topspoed van 216km/h en rus tot 100km/u tyd van 8,5 sekondes is die V40 baie wakker. Die relatiewe klein enjintjie lewer ook slegs 124g/km CO2-gasse wat die V40 nog na ‘n skoon opsie ook laat lyk. Soos verwag, is daar alles wat nodig is in ‘n moderne gesinsmotor en veiligheidskenmerke soos ABS-remme, remverspreiding en lugsakke is alles standaard. Daar is ook wat Volvo die “City Safety”-stelsel noem wat tot snelhede van 50km/u die motor tot stilstand kan bring as die motor deur middel van radar registreer dat daar ‘n botsing gaan plaasvind. Volvo se witjasse weet dat om botsings te vermy onder alle omstandighede, ook teen ‘n lae snelhede, stelsels soos dié, belangrik is. Dit neem slegs ‘n oomblik se afleiding in ‘n besige middestad om jouself midde-in so ‘n scenario te bevind. Dus het Volvo se slim ouens gewonder of dit moontlik sou wees vir jou Volvo om ‘n helpende hand uit te steek met laser-gebaseerde tegnologie wat ‘n dreigende botsing teen ‘n spoed van tot 50 km / u kan sien aankom. In die eerste plek, berei City Safety die remme voor sodat hulle vinniger reageer wanneer jy op die pedaal trap. En as jy versuim om te rem, sal City Safety toepassing van die remme vir jou hanteer juis om die gevolge van ‘n botsing te verminder. Selfs beter, as die verskil in spoed tussen jou motor en die voorste een minder is as 15km/u, kan City Safety ‘n botsing voorkom deur vinniger te reageer as die bestuurder. Veiligheid is net een element van Volvo se volledige benadering tot die motor se veiligheid. Hulle noem dit IntelliSafe, en dit is ‘n program wat gerig is op die uitvoering van Volvo se doel om motors wat sal help dat jy botsings heeltemal vermy, te skep – dit sluit sodanige eienskappe soos baanvertrekwaarskuwing, Adaptive Cruise Control, Park Assist en nog baie meer in.
Alle Volvo’s word met ‘n 5 jaar/ 100 000 km-onderhoudsplan verkoop en teen R319 000 dink ons die Volvo is ‘n bitter goeie koop.
Ons gee die Volvo V40 T3 Elite 5 uit 5
Die Mercedes A-klas van die kant afDie Mercedes A-200 van voor af
Mercedes Benz A200 Avantgarde
Die wenresep wat Mercedes gehad het met die intree-A-klas moes ná 15 jaar plek maak vir ‘n meer konvensionele gesinsluikrug. Weg is die regop kartondoosagtige vorm met die hoë daklyn en kort oorhange. Mercedes het net soos sy Duitse mededingers nou ‘n meer “aanvaarbare” intreevlakmotor. Die nuwe A-klas is nou ook baie laag, baie breed en heelwat meer in die klas van die BMW 1-reeks en Audi A3. Ons het die voorreg gehad om die A200 in Avantgarde-afwerking onder hande te neem. Ons toetsmotor is toegerus met Mercedes se 1.6-literenjin met turbo-aanjaging wat 115 Kw. en 250 Nm se wringkrag. Die enjin word ook in die B-klas ingespan en is reeds vir Euro 6-klaring vir uitlaatgasse gereed. Met ander woorde die Benz se enjin loop baie skoon met ‘n syfer van 129g/km CO2.
Van buite is die nuwe A baie modern en veral agterlangs lyk hy glad nie soos ‘n Mercedes nie. Die neus is pure Mercedes-familietrekke, maar dit is asof daar na ander Europese rygoed vir inspirasie gekyk is om die stertkant te ontwerp. Die motor is mooi, maar net nie Mercedes genoeg vir ons nie. Ons toetsmotor is met die AMG-sportpakket toegerus; dit maak deel van die Avantgarde-pakket uit wat R14500 by die vraprys van R296 000 voeg. Die pakket sluit dan die bakpanele, matte, sitplekke en onderstel in. Nogal ‘n winskoop vir alles wat jy kry. En sonder die bakpanele lyk die A-klas net so gewoon: die inlate voor en agter, asook die sierrooster en agterste drukvlerk bo die agterruit dollie die Benz net mooi genoeg op sonder om dit te oordoen.
Die Mercedes se binneruim
Aan die binneruim is alles van hoëgehalteleer en aluminium gemaak; dit vertoon briljant en dit is slegs die A3 se binneruim wat volgens ons die Benz troef. Die bougehalte aan die ander kant kom nie naby dié van die A3 nie. Ons toetsmotor het oral rateltjies en geluidjies gemaak. Dit was effens teleurstellend, seker maar omdat die motor so mooi vertoon en baie belowe. Die binneruim het my nogal baie aan diá van die Citroen DS5 herinner. Dit is modern, met baie swart leer en gepoleerde aluminium-insetsels, maar bougehalte het dit lelik in die steek gelaat. Wat ruimte binne in die A-klas betref, is hy vir ons die een tussen al vier die motors met die meeste ruimte. Daar is meer as genoeg kop-, skouer- en veral beenruimte voor en agter selfs vir my 6-voetlyf. Die ander baie teleurstellende feit is dat die bagasieruim van die A-klas beperk is en dat daar glad nie ‘n noodwiel is nie.
Die bagasieruim van die Benz is maar taamlik skraps en sonder ‘n noodwiel
Wanneer dit by rygerief kom, het die Mercedes my ook glad nie beïndruk nie. Alhoewel daar baie meer skop in die Benz is as in enige van die ander drie motors hier, is dit rit baie hard, baie stamperig en die motor se rondom-sigbaarheid is uiters beperk. Daar is wel ‘n tru-ratkamera wat help om agteruit te stoot en parkeersensors voor en agter, maar ek wil graag kan sien wat rondom my aangaan. Die motor is ook baie laag en ek neem aan die AMG-pakket het baie daarmee te doen; ek moes heelparty keer baie stadig oor die spoedhobbels ry om nie die motor se pens te skraap nie.
Tekens van die AMG-pakket
Wat verrigting aanbetref, is die A200 ook in ‘n klas van sy eie in die geselskap en neem dit slegs 8,5 sekondes om 100km/u te haal en hy sal eers anderkant 220 km/u uitasem raak. Ons dink dit was baie nodig dat Mercedes die verandering gemaak het om sy broodwaentjie in ‘n blitsbuks te verander, maar ons weet ook dat dit ‘n hele klomp tradisionele Mercedes-kopers wat nie die B-klas kan bekostig nie die skrik op die lyf gaan jaag. Teen R310 500 is die A200 baie bekostigbaar en dit is ‘n rasegte Mercedes, maar agter die stuur voel hy soos ‘n warm Opel Kadett GSi van ouds. Dalk sal die tweede generasie A die bougehalteprobleem oplos?
Ons gee die A200 Avantgarde 3 uit 5
Sou ons dan ‘n motor tussen die vier met ons eie geld moes koop sou die keuse beslis by die Audi A3, 2de die Volvo V40, 3de die Alfa Giulietta en 4de die A200 lê.
Ná twee vergaderings wat Saterdag gehou is, het alle Afrikaanse organisasies wat by gemeenskapsveiligheid betrokke is, verenig ten einde ‘n gemeenskaplike strategie te bedink om huidige bedreigings teen die Afrikanervolk van Suid-Afrika te hanteer.
Bedreigings spruit uit die verval van wet en orde in Suid-Afrika, asook die onlangse uitlatings wat deur die ANC-jeugleier, Julius Malema, in Zimbabwe gemaak is. Mnr. Malema het klaarblyklik die hulp van ZANU PF se militêre personeel bekom ten einde plase wat deur Afrikaners of blankes besit word, af te vat.
Dr. Dan Roodt van PRAAG (Pro-Afrikaanse Aksiegroep) het Saterdag ‘n vergadering belê waartydens veiligheidskwessies met lede van die Afrikanerfront se Veiligheidsdirektoraat bespreek is. “Daar bestaan vrese by Afrikaners dat Suid-Afrika besig is om in anargie en chaos soos in Zimbabwe te verval,” het Roodt gesê. “Rasgemotiveerde aanvalle op blankes en Afrikaners neem toe. Terwyl hy in Zimbabwe was, het mnr. Malema belowe dat grondbesettings in Suid-Afrika van die einde van die jaar af gaan begin. Volgens berigte, het die ANC van sy kaders na Zimbabwe gestuur vir opleiding in grondbesetting. Ons moet hierdie bedreigings baie ernstig opneem. Die voortbestaan van ons boere en die voedselsekerheid van Suid-Afrika is op die spel.”
Afrikaanse organisasies beplan om ‘n gemeenskaplike bevel- en beheerstruktuur daar te stel, met gedesentraliseerde kommando’s wat min of meer outonoom sal funksioneer, elkeen onder ‘n eie kommandant. Volgens Roodt, gaan die volgende organisasies deelneem aan ‘n vrywillige veiligheidstelsel wat in staat sal wees om veiligheid te verseker te midde van ‘n verval in wet en orde, maar ook om militêre bedreigings die hoof te bied wat spruit uit grondbesettings, met of sonder die deelname van ANC-kaders en ZANU PF-soldate wat oor ons grens mag kom: Boerevolkvryheidstigting, AWB, Suidlanders, Kommandokorps, TLU, PRAAG-gemeenskapsveiligheidsgroep.
Roodt het gesê dat die Afrikanerveiligheidsverenigings bekommerd is oor die stygende toon in die haatspraak wat teen Afrikaners gerig word. “Liedere wat geweld of selfs volksmoord teen Afrikaners of Boere aanhits, word steeds in verskeie dele van die land gesing. Die opmerkings van Julius Malema gister in die Noord-Kaap waardeur gesuggereer word dat Afrikanergrondeienaars buitelanders is, dra ‘n duidelike boodskap oor dat Afrikaners in Suid-Afrika ongewens is. Gegewe die xenofobiese aanvalle in Mei 2008, is ons bekommerd dat lede van die Afrikanervolk die volgende teiken vir pogroms deur Suid-Afrikaanse swartes gaan word.”
Roodt het ‘n beroep op Afrikanermans gedoen om by een van die burgerlike veiligheidsverenigings aan te sluit. “Ons ontleding toon dat ons op ‘n kruitvat sit. Die etniese en rassebewussyn van ‘n beduidende deel van die swart bevolking het kookpunt bereik en een of ander vorm van rassebotsing in die land mag voor die deur wees.”
Liewe mede-nie-liberale Afrikaner. Min van ons mense besef die uiterste gevaar waarin ons ons tans bevind. Selfs ons kinders se veiligheid is nou radikaal in gedrang. Die ANC-regime het inderdaad ons eie kinders van ons vervreem; hulle het ons geskiedenis uit hul boeke gehaal en verdwaal sonder riglyne gelaat. Die volgende generasie gaan nie eens weet wie hulle is of was nie en dit word erger.
Elke soort openbare diens is reeds in duie of is spoedig afgrond toe. Die kommerwekkendste is natuurlik ons land se veiligheidsdiens. Om korrupsie toe te smeer, is vir die kommunistiese regime baie belangriker as nasionale veiligheid. Daar bestaan reuseleemtes in ons nasionale veiligheidstelsel. Die nuutste wat kop uitsteek, is die ontvoering en uitvoer van jong wit dogters; my dogter is jou dogter as dit by hulle veiligheid kom. Ons as verantwoordelike mens behoort hulle ten alle koste te beskerm.
Daar is skielik ‘n hewige styging in dié gruwelike misdaad, ons kinders wat as prostitute uitgevoer word. Dit is so verskriklik, dit maak my naar. Dink tog daaraan: dit kan jou dogtertjie wees wat volgende is. Om staat te maak op die polisie vandag is ‘n hopelose saak en onverantwoordelik. Tog sit ons terug en wag op beter dae. Elke dag wat verbygaan, is soos ‘n dier wat brandsiek is; hy sal nie vanself beter word nie.
Het Retief nie met sy bloed aan ons gewys dat jy nie met hulle kan onderhandel nie; waarom probeer al die Afrikanerorganisasies nog? Die tyd van praat is inderdaad verby. Daar is maar een oplossing: Ons moet ons veiligheid in ons eie hande neem. Dit is nie ons reg nie maar ons plig! Paraatheid en selfbeskerming was nog altyd ‘n tradisie onder ons mense, wat die afgelope tyd verwaarloos is.
Ons sal lewe, ons sal sterwe, Ons vir jou Suid-Afrika. Dit het ons herhaaldelik gesing en tog net daar laat staan. Kom ons staan tog vir eenmaal op en beskerm ons vrouens en kinders. Kom ons hou op praat en wys die vyand en die wêreld dat ons nog ‘n volk is. Kom ons maak ons voorvaders trots op die feit dat hulle geveg nie tevergeefs was nie. Dit is tyd dat ons wapens opneem en onsself beskerm teen ons vyand, ons geskiedenis terug eien en ons deur ons eie mense gelei word.
Soos Prediker 3:1-8 lui:
1 Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd:
2 daar is ‘n tyd om gebore te word, ‘n tyd om te sterwe, ‘n tyd om te plant, ‘n tyd om plante uit te trek,
3 ‘n tyd om ‘n lewe te neem, ‘n tyd om ‘n lewe te red, ‘n tyd om af te breek, ‘n tyd om te bou,
4 ‘n tyd om te huil, ‘n tyd om te lag, ‘n tyd om te treur, ‘n tyd om van blydskap te dans,
5 ‘n tyd om klippe weg te gooi, ‘n tyd om hulle bymekaar te maak, ‘n tyd om te omhels, ‘n tyd om weg te bly van omhelsing af,
6 ‘n tyd om aan te skaf, ‘n tyd om te laat wegraak, ‘n tyd om te spaar, ‘n tyd om weg te gooi,
7 ‘n tyd om te skeur, ‘n tyd om toe te werk, ‘n tyd om stil te bly, ‘n tyd om te praat,
8 ‘n tyd om lief te hê, ‘n tyd om te haat, ‘n tyd vir oorlog, ‘n tyd vir vrede.
Die Afrikanerhaters sal my nooit onderkry nie; ek sal veg tot ek my laaste asem uitblaas.
“Die feit dat die Business Express tussen Pretoria en Johannesburg vanoggend met klippe bestook is, plaas die veiligheid van passasiers op die trein onder verdenking,” sê mnr. Jaco Mulder, VF Plus-LPW vir Gauteng.
Volgens me. Christel Liebenberg, kantoorbestuurder van die VF Plus in die Gauteng Wetgewer, was sy ‘n passasier op die trein wat vanoggend net voor 06:00 vanuit Centurion na Johannesburg vertrek het. Die trein het naby Tembisa gaan staan, vermoedelik vanweë ‘n kragonderbreking wat vermoedelik verband hou met kabeldiefstal in die Kaalfontein/Kemptonpark-omgewing. Die passasiers moes oorklim op ‘n ander Business Express wat kort na sy vertrek onder die klippe gesteek is deur mense langs die treinspoor en ook vanuit ‘n stilstaande Metrotrein.
Volgens me. Liebenberg is van die vensters stukkend gegooi en het glasskerwe deur die trein getrek, waarop passasiers gillend skuiling op die vloer van die trein gesoek het. Talle passasiers, waaronder vroue en kinders, is erg getraumatiseer deur die voorval veral omdat dit vantevore ook plaasgevind het.
“Indien die regering nie die veiligheid van passasiers op openbare vervoerstelsels kan waarborg nie, is dit ook gedoem tot mislukking en sal daar van die Gautrein ook niks kom nie. Voorvalle soos dié kan die Wêreldbekersokker versuur terwyl daar reeds ‘n vraag bestaan oor die veiligheid van toeriste,” het Mulder bygevoeg.
Volgens Mulder is die regering se onvermoë om diens te kan lewer toenemend besig om tot publieke opstand te lei. “Die VF Plus eis dat die regering hul veiligheidsmaatreëls op openbare vervoerstelsels onmiddellik opskerp.”
Ek het in ‘n vorige rubriek die noodsaaklikheid van ‘n sekerheidsmaatskappy vir Afrikaners geopper. Die volgende is nog gedagtes oor die organisasie en struktuur van ‘n Afrikanersekerheidsmag. Ek het probeer om nie te veel fynere detail in hierdie stuk te verskaf nie, onder andere omdat ek nie persoonlik genoeg kennis dra van sekerheid en beveiliging nie.
1. Missie
Dit was ‘n aantal jaar gelede hoogmode vir maatskappye om pragtige, geraamde missiestellings in hul voorportale aan te bring, wat in hogere terme praat van edele ideale wat die maatskappy nastreef. Die missie van die Afrikanersekerheidsmag is egter meer beskeie: dis eenvoudig om Afrikaners teen geweld en misdaad te beskerm, en om woongebiede wat deur Afrikaners bewoon word, te beveilig.
2. Openlikheid en wetsgehoorsaamheid
Die grondbeginsel behoort te wees dat die Afrikanersekerheidsmag nie die landswette self mag verbreek nie. In teenstelling met baie van diegene waarmee Afrikaners ‘n grondgebied deel, is die oorweldigende meerderheid Afrikaners wetsgehoorsame burgers.
Ek het persoonlik geen behoefte om in konflik te raak met die fundamenteel-korrupte Azaniese regstelsel nie, want geen Afrikaner kan ‘n regverdige verhoor voor ‘n “regter” soos Nkola Motata te wagte wees nie, laat staan nog om in ‘n Azaniese tronk te wil beland.
Enige lid wat wel die wet verbreek, behoort onmiddellik geskors te word en van sy konsessie ontneem word. Geen persoon mag voorts ‘n konsessiehouer of werknemer wees van ‘n konsessie as hy ‘n kriminele rekord het nie. (Meer oor konsessies hieronder.)
Tweedens moet die Afrikanersekerheidsmag openlik en sonder enige geheimhouding bedryf word. Ek stel beslis nie ‘n privaatweermag met enige verskuilde agenda in die vooruitsig nie – dit is ‘n wetsgehoorsame sekerheidsmag om Afrikaners en ander blankes te beveilig teen die groot gevare inherent aan Suid-Afrika.
3. Raad van trustees
Ek sou voorstel dat die Afrikanersekerheidswag ‘n raad van trustees behoort te hê, wat beleid formuleer en sorg dat daar goeie korporatiewe bestuur plaasvind. Voormalige polisie- of weermagoffisiere of diegene met kundigheid in die sekerheidsbedryf sou die aangewese persone wees om op die raad te dien.
4. Samewerking met ander organisasies
Daar is reeds bestaande organisasies wat buurtwagte, gemeenskapspolisiëringsforums en burgerlike organisasies soos Afriforum insluit, waarmee daar natuurlike sinergie is. Die Afrikanersekerheidsmag behoort as ‘n saak van beginsel alles in sy vermoë te doen om met hierdie organisasies saam te werk.
5. Konsessies (“franchises”)
Die Afrikanersekerheidsmag behoort na my mening op ‘n konsessiegrondslag te werk. Die grootte van die gebied wat aan ‘n konsessiehouer toegeken word, moet deur die aantal Afrikaners in die gebied bepaal word. Daar is 287 munisipaliteite in Suid-Afrika. Kleiner munisipaliteite sal waarskynlik slegs een konsessie lewensvatbaar maak, maar groter munisipaliteite en die metro-areas sal beslis meer as een konsessie elk moet bevat.
Konsessiehouers sal hulle eie motors en vuurwapens moet verskaf.
Die betaling aan konsessiehouers behoort te geskied op grond van die aantal intekenare in die konsessiehouer se geografiese gebied. Dit is die konsessiehouer se plig om intekenare te werf. Hoe meer intekenare die konsessiehouer kan werf, hoe groter sy inkomste. Die sentrale administrasie hieronder genoem, sal die administratiewe deel hanteer en uitbetalings aan die konsessiehouers maak. Die tipiese maandelikse fooi in ‘n stedelike gebied vir gewapende reaksiemagte is sowat R300-R400 per maand. As ‘n persentasie van hierdie bedrag verhaal word vir administratiewe kostes, bied 50 intekenare in ‘n gebied steeds ‘n goeie maandelikse inkomste.
Om dit so maklik as moontlik te maak vir arm en werklose Afrikaners om ‘n konsessie op die been te bring, behoort daar na my mening die minimumonkoste te wees om ‘n konsessie te verkry. Die konsessiehouers behoort slegs vir hulle uniforms, moontlik plakkers vir hulle motors en opleiding te betaal.
6. Opleiding
Konsessiehouers moet verpligte opleiding ondergaan alvorens hulle begin met hulle werksaamhede, en ook ‘n eksamen en praktiese toets aflê. Daar is reeds selfverdedigings- en skietkursusse wat deur lede van PRAAG-landelik aangebied word, maar hierdie opleiding sal aangepas moet word om te voldoen aan die vereistes van stedelike beveiliging. Elke lid van elke konsessie sal ook die statutêre Sekerheidsoffisiereraad (Security Officer’s Board) se eksamen moet aflê.
7. Personeelbeleid
Lidmaatskap moet beperk word tot diegene wat tans benadeel word deur die ANC-regime se rassistiese wetgewing, en veral Afrikaners. (Ek sou persoonlik Engelssprekende blankes wat wou deelneem, ook toelaat.) Dié beleid kom as’t ware neer op regstellende aksie in trurat – ten bate van Afrikaners wat aan die ontvangkant is van die ANC se skreiende diskriminasie teen ons.
8. Sentrale administrasie
‘n Sentrale administratiewe funksie moet geskep word, om byvoorbeeld intekenare te registreer, uitbetalings aan konsessiehouers te maak en om die inbelsentrum te beman. Sy bedrywighede moet befonds word deur ‘n persentasie van die intekenare se maandelikse intekengelde.
Daar moet ‘n 24×7 inbelsentrum wees, verkieslik met ‘n tolvrye, nasionale nommer. Die beheerkamer ontvang noodoproepe en verwittig die toepaslike konsessiehouer van die noodgeval per selfoon of na sy landlyn toe.
Ten slotte: Soos ek hierbo aangedui het, is ek geen kenner op die gebied van polisiëring of beveiliging nie. Ek is oortuig daarvan daar is mense wat die Afrikanersekerheidsmag veel beter sal kan struktureer as my lekepoging, maar weer eens sou ek persoonlik veel eerder my R400 per maand per debietorder betaal vir beveiliging as ek weet dat dit Afrikaners is wat my buurt patrolleer.