Zim stel nuwe verbod op betogings in

Die Zimbabwiese polisie het ’n nuwe verbod op betogings in die hoofstad, Harare, ingestel, het die staatsmedia berig.

Die aankondiging is gedoen net ure nadat ’n koalisie van opposisiepartye aangekondig het dat hulle Saterdag massabetogings landwyd sal hou, het AFP berig.

Die opposisie dring aan dat hervormings vóór die 2018-verkiesings plaasvind.

Anti-regering veldtogvoerders het gesê hulle sal die verbod verontag­saam en hulle op appèl tot die land se howe wend.

“Hierdie is die laaste ­stuiptrekkings van ’n sterwende bewind en ons verwag niks beter van hulle nie,” het Douglas Mwozora, woordvoerder van die opposisieparty, die Movement for Democratic Change (MDC), gesê.

“Hulle het geen respek vir die ­landswette nie, maar ons sal nie ons grondwetlike regte prysgee nie.
“Ons sal teruggaan na die howe en hierdie onwettige verbod uitdaag,” het hy gesê.

’n Vroeëre verbod op betogings in Harare is verlede week deur die hof verwerp, ondanks pres. Robert Mugabe wat regters vir hul “onverantwoordelike” uitsprake gekritiseer het.

In ’n kennisgewing in die ­staatsbeheerde Herald-koerant, het die polisiehoof, Newbert Saunyama, gesê ’n verbod is ingestel teen enige openbare betogings wat vanaf Vrydag vir een maand van krag sal wees.

Hardlife Mudzingwa, ’n woord­voerder vir die drukgroep, Tajamuka het op sy beurt gesê: “Ons sal nie aan hierdie ongrondwetlike opdrag van die polisie gehoor gee nie.”

Opposisie teen Mugabe se 36-jaar lange bewind het in afgelope maande toegeneem met ’n string openbare ­betogings oor die ekonomiese krisis wat banke ’n tekort aan kontant laat ondervind het en die regering wat sukkel om sy werknemers betyds te betaal.

Die 92-jarige Mugabe het in die verlede dikwels geweld gebruik om sy opponente te onderdruk. Hy het die naweek gewaarsku dat betogers “’n gevaarlike spel speel”.

“Laat die opposisiepartye en diegene wat na chaos, wanorde en gewelddadige betogings streef, gewaarsku wees dat ons geduld besig is om op te raak,” het Mugabe by Zanu-PF se sentrale komiteevergadering gesê.

Verlede week het die regering planne aangekondig om 25 000 poste af te skaf nadat dit aan die lig gekom het dat 97 persent van die staat se inkomste aan­ ­staatsamptenare se salarisse bestee word.

Dogter van Zim minister dood aangetref

Die Suid-Afrikaanse polisie ondersoek die moord op die dogter van Zimbabwe se minister en Mugabe-vertroueling, Jonathan Moyo.

Moyo se dogter is dood aangetref Saterdagoggend in haar woonstel. Sy was ‘n student aan die Universiteit van Kaapstad.

Zanele Naledi Ntombizodwa Moyo, wat 20 was, is dood aangetref in haar woonstel in Rosebank, naby die universiteit.

Sy het studeer vir ‘n graad in politieke wetenskap, internasionale betrekkinge en genderstudies.

Minister Moyo het die nuus op Twitter bekendgemaak en haar beskryf as ‘n “engel”. Hy het geskryf: “God se mense, my engel dogter Zanele is nie meer nie.”

Hy is in kennis gestel deur sy volgelinge tydens ‘n lesing by die Nasionale Universiteit van Wetenskap en Tegnologie in Bulawayo.

Simiso Mlevu, woordvoerder van die gesin, het gesê ‘n nadoodse ondersoek en ondersoeke is tans aan die gang om die oorsaak van haar dood te bepaal.

Bloed het uit haar neus geloop en sy het glo ‘n kopwond gehad, volgens polisiebronne.

Moyo, wat aangekla is van bedrog in 1993, is daarvan beskuldig dat hy $88 000 gesteel het toe hy die programdirekteur van die Ford Foundation in Kenia was.

In 1998, terwyl hy in Suid-Afrika by die Universiteit van die Witwatersrand was, waar hy besig was met ‘n projek geborg deur die Amerikaanse WK Kellogg-stigting, het die universiteit beweer dat hy weggeloop het met deel van die R100 miljoen se navorsingstoekenning.

Hy ontken beide bewerings.

Sy deelname aan beweerde korrupsie het weer opgeduik in 2011 toe hy die Daily News gedagvaar het oor twee berigte uit WikiLeaks waarin hy genoem word.

Die koerant het berig hoe Moyo glo die Verenigde State aangeraai het om “positiewe seine” te stuur aan Zanu-PF voor die 2008-verkiesing.

Jonathan Jansen het PhD oor Zim-opvoedingstelsel behaal

Prof. Jonathan Jansen, die omstrede antiblanke en anti-Afrikaanse rektor van die Vrystaatse Universiteit, het sy doktorale proefskrif oor die revolusionêre ZANU-PF-opvoedingstelsel van Zimbabwe behaal. Die onderwerp heet: The state and curriculum in transition societies: Zimbabwe 1980-1990.

Die proefskrif is in 1991 aan die Universiteit van Stanford by die departement van opvoedings in die VSA ingehandig. PRAAG kon nêrens ‘n aanlynafskrif van die proefskrif bekom nie en dit lyk ook nie asof enige Suid-Afrikaanse universiteitsbiblioteek ‘n eksemplaar daarvan besit nie.

Jonathan Jansen slaan vandeesweek 'n hotnotsgotterige houding in
Jonathan Jansen

Jansen is egter bekend daarvoor dat hy hom as “swart” tipeer en daarom aansluiting vind by Amerikaanse swart nasionalisme. Dit sou interessant wees om te sien watter standpunt hy in sy PhD-proefskrif huldig, aangesien hy ‘n duidelike belangstelling in ZANU-PF se revolusionêre en destyds marxistiese opvoedingsbeleid koester.

PRAAG het onlangs berig dat Jansen, op een na, reeds alle blanke lede van die topbestuur aan die Universiteit van die Vrystaat afgedank het.

Lees ook:

PRAAG eis Jansen se bedanking en verskoning

Jonathan Jansen se swart-wit ding

Swart nazi Jansen op heksejag teen veilige verblyf

Rassetransformasie moet diep sny – Jonathan Jansen

Jonathan Jansen is ‘n wolf in skaapsklere, resensie

Zim-gevangenes sterf van honger

obama-printing-moneyMinstens 100 Zimbabwiese gevangenes is van honger en siekte dood hierdie jaar, want die platsak regering kan slegs bekostig om een maaltyd ‘n dag vir gevangenes te gee.

Plase het glo nie genoeg saad en kunsmis van die regering gekry om voldoende voedsel vir gevangenes te produseer nie, volgens die koerant Newsday.

Adjunk-Kommissaris van tronke Aggrey Machingauta het aan ‘n parlementêre komitee gesê dat “Gevangenes sterf van die honger en ‘n paar (MIV) verwante siektes.”

“Die probleem van die honger word vererger deur die feit dat ons nie kan bekostig om die gevangenes drie volle maaltye per dag te gee nie.”

Hy het ook gesê die aantal gevangenes wat vanjaar gesterf het, verdubbel het van verlede jaar. Zimbabwe se 46 tronke vereis 1 miljoen dollar per maand om behoorlik te funksioneer.

Die regering was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie. Zimbabwe sukkel om sy ekonomie op dreef te kry wat kritici blameer op wanbestuur deur president Robert Mugabe se Zanu- PF party.

Zanu- PF se aanvalle op wit besit van kommersiële plase vir herverdeling aan grondlose swartes het voedselproduksie dermate verswak in ‘n land wat eens die broodmandjie van Suider-Afrika was.

Miljoene is tans afhanklik van buitelandse hulp vir oorlewing .

Zimbabwe se ekonomie sal na verwagting 3,4 % groei vanjaar, ‘n beduidende afname van die byna dubbelsyfer uitbreiding nadat die regering die waardelose Zimbabwiese dollar in 2009 afgeskaf het.

Bob wil van wit maatskappye ontslae raak

Gushungo
Gushungo

President Robert Mugabe van Zimbabwe dreig om buitelandse maatskappye in Zimbabwe uit die land te sit oor wat hy die Weste se inmenging in sy land se politiek noem.

Hy het Zanu PF-ondersteuners by die begrafnis van ‘n senior weermagoffisier, Mike Karakadzai, in Harare toegespreek.

Mugabe het na sy oorwinning in die verkiesing onderneem om voort te gaan met ‘n swart bemagtigingsprogram om maatskappye wat in buitelandse en wit besit is te dwing om 51 persent van die besit aan swart mense te gee.

Sommige ekonome waarsku dat die program nog ‘n ekonomiese krisis teweeg kan bring. – RSG

Zim-leiers maak geld uit ‘bloeddiamante’

Zimbabwe se politieke en militêre elite gebruik geweld en hul bande met maatskappye om die land se diamantskat te ontgin, sê ‘n nuwe verslag wat vandag deur die aksiegroep Global Witness in Londen uitgereik is.

Die groep kritiseer ook die sogenaamde Kimberley-proses se sertifiseringskema, wat geskep is om die verkoop van bloeddiamante te verhoed, weens die swak reaksie op die probleme in Zimbabwe se diamantnywerheid.

Die verslag verskyn op die vooraand van die volgende vergadering van die Kimberley-groep in Israel aanstaande week waar Zimbabwe waarskynlik samesprekings gaan oorheers.

“Oor die afgelope drie jaar het die nasionale weermag (van Zimbabwe) skokkende vergrype teen burgerlikes in die Marange-diamantveld gepleeg,” sê Elly Harrowell, ‘n aktivis van Global Witness.

“Niemand is vir dié misdade aangekla nie en nou blyk dit dat die gesamentlike ondernemings wat geskep is om toestande te verbeter direkte bande met Zanu-PF en die militêre elite het.”

Zanu-PF regeer Zimbabwe as deel van ‘n eenheidsregering met die Beweging vir Demokratiese Verandering.

Die nuwe beleggingstransaksies toon “‘n gevaarlike mate van ondeursigtigheid”, het Harrowell gesê.

“Dit laat die deur wyd oop vir staatsplundery en -korrupsie, asook die reële moontlikheid dat internasionaal gesertifiseerde diamante hernieude politieke geweld in Zimbabwe kan finansier.”

Global Witness het insgelyks die Kimberley-proses gekritiseer vir die aanvaarding van ‘n “swak kompromie-ooreenkoms”, pleks van Zimbabwe te skors vir wat beskryf word as flagrante oortredeings van die Kimberley-reëls.

‘n Verslag van die Kimberley-sertifiseringskema wat verlede week deur Agence France-Presse bekom is, het gesê Zimbabwe hou hom nou by die minimum-menseregtestandaarde in sy diamantvelde, waarmee die land ‘n stap nader daaraan gekom het weer internasionale handel in die edelstene te hervat.

“Global Witness doen ‘n beroep op internasionale regerings om Zimbabwe van die Kimberley-prosesskema uit te sluit totdat die land kan bewys dat sy diamante nie geweld en menseregteskendings finansier nie,” meen die groep.

Mugabe het besluit om aan die Kimberley-proses te onttrek indien die land nie toegelaat word om sy diamante te verkoop nie.uk onlinetopcargo развод

Afrikaanse organisasies staan saam oor veiligheid

Ná twee vergaderings wat Saterdag gehou is, het alle Afrikaanse organisasies wat by gemeenskapsveiligheid betrokke is, verenig ten einde ‘n gemeenskaplike strategie te bedink om huidige bedreigings teen die Afrikanervolk van Suid-Afrika te hanteer.

Bedreigings spruit uit die verval van wet en orde in Suid-Afrika, asook die onlangse uitlatings wat deur die ANC-jeugleier, Julius Malema, in Zimbabwe gemaak is. Mnr. Malema het klaarblyklik die hulp van ZANU PF se militêre personeel bekom ten einde plase wat deur Afrikaners of blankes besit word, af te vat.

Dr. Dan Roodt van PRAAG (Pro-Afrikaanse Aksiegroep) het Saterdag ‘n vergadering belê waartydens veiligheidskwessies met lede van die Afrikanerfront se Veiligheidsdirektoraat bespreek is. “Daar bestaan vrese by Afrikaners dat Suid-Afrika besig is om in anargie en chaos soos in Zimbabwe te verval,” het Roodt gesê. “Rasgemotiveerde aanvalle op blankes en Afrikaners neem toe. Terwyl hy in Zimbabwe was, het mnr. Malema belowe dat grondbesettings in Suid-Afrika van die einde van die jaar af gaan begin. Volgens berigte, het die ANC van sy kaders na Zimbabwe gestuur vir opleiding in grondbesetting. Ons moet hierdie bedreigings baie ernstig opneem. Die voortbestaan van ons boere en die voedselsekerheid van Suid-Afrika is op die spel.”

Afrikaanse organisasies beplan om ‘n gemeenskaplike bevel- en beheerstruktuur daar te stel, met gedesentraliseerde kommando’s wat min of meer outonoom sal funksioneer, elkeen onder ‘n eie kommandant. Volgens Roodt, gaan die volgende organisasies deelneem aan ‘n vrywillige veiligheidstelsel wat in staat sal wees om veiligheid te verseker te midde van ‘n verval in wet en orde, maar ook om militêre bedreigings die hoof te bied wat spruit uit grondbesettings, met of sonder die deelname van ANC-kaders en ZANU PF-soldate wat oor ons grens mag kom: Boerevolkvryheidstigting, AWB, Suidlanders, Kommandokorps, TLU, PRAAG-gemeenskapsveiligheidsgroep.

Roodt het gesê dat die Afrikanerveiligheidsverenigings bekommerd is oor die stygende toon in die haatspraak wat teen Afrikaners gerig word. “Liedere wat geweld of selfs volksmoord teen Afrikaners of Boere aanhits, word steeds in verskeie dele van die land gesing. Die opmerkings van Julius Malema gister in die Noord-Kaap waardeur gesuggereer word dat Afrikanergrondeienaars buitelanders is, dra ‘n duidelike boodskap oor dat Afrikaners in Suid-Afrika ongewens is. Gegewe die xenofobiese aanvalle in Mei 2008, is ons bekommerd dat lede van die Afrikanervolk die volgende teiken vir pogroms deur Suid-Afrikaanse swartes gaan word.”

Roodt het ‘n beroep op Afrikanermans gedoen om by een van die burgerlike veiligheidsverenigings aan te sluit. “Ons ontleding toon dat ons op ‘n kruitvat sit. Die etniese en rassebewussyn van ‘n beduidende deel van die swart bevolking het kookpunt bereik en een of ander vorm van rassebotsing in die land mag voor die deur wees.”

big bad woolftopcargo

Plaasbesettings kom teen einde 2010 – Malema

Julius MalemaJulius Malema, die omstrede jeugleier van die ANC, het eergister in Zimbabwe gesê dat sy party ZANU-PF se voorbeeld gaan volg en teen die einde van die jaar gaan begin om plase in blanke besit oor te neem.

Luidens die Zimbabwe Mail, het Malema dié opmerkings by ‘n myn 160 kilometer van Harare af gemaak. Hy het aan ‘n skare ZANU-PF-aanhangers gesê: “Julle is nie alleen nie. Julle stryd is ons stryd.”

Volgens Malema het “Zimbabwe die weg aangewys in die stryd oor grond”. Hy het ook belowe dat “Zimbabwiese metodes gebruik gaan word” om grond van blanke boere in Suid-Afrika af te neem.

Malema het ook aan die skare gesê dat hy sal aanhou om sy liedjies met woorde soos “Skiet die Boere” te sing, ongeag Suid-Afrikaanse hofuitsprake daarteen.

Gisteraand het Malema aan die SAUK TV-nuus gesê dat hy “sulke liedjies sing sedert hy nege jaar oud is en toe het dit niemand se dood veroorsaak nie”.

Die ANC-jeugleier het Zimbabwiërs aangemoedig om maatskappye in blanke en buitelandse besit oor te neem. Volgens hom moet “die mense bevryding omhels en aanhou om teen die Westerse imperialisme te veg”.

Dieselfde koerant het ‘n week gelede berig dat die ANC beplan om met die hulp van Robert Mugabe se oorlogsveterane grond in Suid-Afrika te beset.

‘n Lid van ZANU-PF se veiligheidsdepartement het verlede week aan die Zimbabwe Mail gesê dat Malema se besoek aan Zimbabwe in opvolg van ‘n geheime hoëvlakgesprek tussen Robert Mugabe en Jacob Zuma geskied het. Blykbaar het Mugabe reeds vir Zuma oortuig en sy “volgehoue steun in Suid-Afrika se grondhervormings- en verinheemsingsproses verseker”.

Verlede week het ‘n hoëvlakafvaardiging van Suid-Afrika se veiligheids- en intelligensiedienste, wat noue bande met die ANC het, in Harare aangekom waar hulle ‘n tyd lank aan die Zimbabwiese Nasionale Weermag se Stafkollege in Harare opleiding sal ondergaan.

Die Suid-Afrikaanse minister van Landelike ontwikkeling, Gugule Kkwinti, het die blaam vir die mislukking van die ANC se grondhervorming op blanke boere geplaas deur hulle daarvan te beskuldig dat hulle die prys van grond opjaag.

“Indien Suid-Afrikaners wat grond besit nie die werklikheid op voetsoolvlak erken nie en nie met die regering kan saamstap wat sy planne betref nie, dan gaan hulle verantwoordelik wees vir die skep van chaos wat erger kan wees as wat ons in Zimbabwe gesien het,” het Nkwinti gesê.

Die Zimbabwiese president, Robert Mugabe, het tydens die tydvak van Mbeki se presidentskap gesê dat sy land met radikale grondhervorming en die verdrywing van blankes gewag het om die ANC tyd te gee om homself eers behoorlik in te grawe en seker te maak dat hy beheer oor die weermag en polisie geniet Volgens Mugabe kon die skouspel in Zimbabwe in die vroeë negentigerjare die onderhandelings tussen die NP en ANC laat skipbreuk lei het aangesien Suid-Afrikaanse blankes daardeur ontstel kon gewees het.

освещение лестницы вДанильченко Юрий отзывы

Eugene Terre’Blanche en die simboliek van oorlog

Soos elkeen wat geskiedenis op skool gehad het weet, het ‘n sluipmoord op aartshertog Franz Ferdinand van Sarajewo op 28 Junie 1914 direk aanleiding tot die eerste wêreldoorlog gegee. Die moord op die AWB-leier geskied op ‘n besonder sensitiewe oomblik in ons geskiedenis, op die vooraand van die Wêreldsokkerbeker en moet in ‘n baie ernstige lig gesien word.

Daar is enkele elemente wat hier van belang is:

  • Julius Malema wat praat van “verinheemsing”, m.a.w. die verdrywing van blankes van plaasgrond soos in Zimbabwe
  • Malema se huidige besoek aan Zimbabwe waar hy die steun van ZANU-PF ontvang het vir anti-blanke en anti-Afrikaner-optrede in Suid-Afrika
  • ‘n Geheime vliegveld wat volgens berigte in Britse koerante – waarskynlik gegrond op waarneming deur die Britse inligtingsdiens – in die diamantgebied Marange gebou is en waarvan die uitsluitlike doel sou wees om wapens vanaf China in te vlieg. Anders as ‘n tyd gelede toe ‘n skip met Chinese wapens nie in Suid-Afrikaanse hawens toegelaat is nie, beskik Mugabe se weermag nou oor ‘n gespesialiseerde vliegveld vir dié doel.
  • Stellings dat “vryheidsliedjies” waarin volksmoord op Boere en blankes aangehits word as die ANC se “kultuurerfenis” beskou moet word.
  • Die moord op Eugene Terre’Blanche. Blykbaar het die twee swartes maar drie weke by hom gewerk voordat hulle tot die daad oorgegaan het, wat mag dui op ‘n sluipmoordmotief.

As ‘n mens bogaande elemente bymekaar tel, is dit gelyk aan vyf. Die totale scenario wat hierdeur geskets word, kan op die volgende neerkom.

Die moord op Terre’Blanche is van simboliese aard en was nodig om die land in beroering te bring en rassepolarisering te skep sodat Suid-Afrika se “oehoeroe” kan begin. Malema het so pas in Zimbabwe beraadslaag om militêre steun van die Zimbabwiese weermag in geval van gevegte op Suid-Afrikaanse plase te bekom. Die Chinese wapens wat inkom, gaan gebruik word om ‘n groot aantal Zimbabwiese en Suid-Afrikaanse swartes te bewapen ten einde ons blanke boere van hul eiendom te beroof. Selfs stedelinge kan aangeval word.

Tydens die ontwapeningsproses van die afgelope paar jaar het die ANC gesorg dat hy blanke wapeneienaars intimideer om hul wapens te gaan inhandig. Groot getalle mense is dus nou weerloos teenoor wat die volgende fase van die “nasionale demokratiese revolusie” ook al gaan behels.

Die moorde op drie AWB-manne destyds in Bophutswana deur ‘n plaaslike swart polisieman was ‘n sleuteloomblik in die sielkundige oorlog wat daar destyds teen die Afrikaner gevoer is en was bedoel om ons magteloosheid voor die opkomende swart mag te demonstreer. Die onwilligheid van die voormalige generaals en Suid-Afrikaanse Weermag om die eerste fase van die revolusie met geweld te stuit was die aanleidende oorsaak daartoe dat ‘n paar vedwaalde AWB’s al was wat destyds weerstand teen die “bevrydingsbeweging” se totale oorname van die land en sy hulpbronne wou bied.

Maar laat ons nie vashaak op die legio strategiese foute van die verlede nie en eerder konsentreer op wat ons nou te doen staan.

Die Afrikaner moet besef dat hy voor die grootste uitdaging sedert 1899 en die Britse inval in die land te staan gekom het. In ‘n wesentlike sin gaan dit oor die Derde Vryheidsoorlog wat vir alle praktiese doeleindes reeds begin het, want die sogenaamde “misdaadaanvalle” wat ons tans sien, word elders in Afrika orals as ‘n vorm van oorlogvoering erken. Die Afrikaan hou nie van ‘n sterk opponent nie en val by voorkeur die swakkere aan – vroue, kinders, bejaardes of mense wat slaap en onverhoeds betrap kan word. Dat Eugene Terre’Blanche op sy bed gevind is, laat vele reeds aflei dat hy tydens die aanval geslaap het.

Ons verkeer op die vooraand van ‘n baie onsekere tydvak waartydens die huidige geweld gaan voortduur en te eniger oomblik drasties mag eskaleer tot volskaalse burgeroorlog, rasseoorlog, volksmoord of enige van die aardige versameling konflikte wat sedert 1950 aanhoudend in Afrika suid van die Sahara woed. Ons is, benewens handwapens en jaggewere, grotendeels ontwapen. Die ANC beheer die outomatiese wapens, asook die pantserskool op Bloemfontein van waar hy die hele land kan aanval.

Tesame met sy Zimbabwiese bondgenoot wat hom van bykomende wapens en ammunisie, asook logistiek, kan voorsien, is die tafel gedek vir die ANC om die Afrikanerboer finaal van sy grond te verdryf en ook in die stede ‘n skrikbewind te begin voer, want as die land se plase beset kan word, waarom daar ophou en nie ook die huise beset nie?

Die buiteland gaan ons vir seker nie help nie, hoewel dit lyk asof Brittanje besig is om – heelwat te laat – sy groteske fout agter te kom deur vanaf 1978 radikale revolusie in sowel Zimbabwe as Suid-Afrika te steun. Nie net het Brittanje die deur vir China oopgemaak om hier oor te neem nie, maar hy het vir hom vyande in die vorm van sowel ZANU-PF as die ANC geskep. Hoewel Brittanje, asook die VSA onder Obama, met gevoude hande sal toekyk hoe ons uitgemoor word, sien hulle waarskynlik vir die eerste keer in jare in die Afrikaner ‘n moontlike teenmag in Suider-Afrika wat revolusionêre anargie soos in Zimbabwe kan keer.

Die gewone Afrikaner sal attent gemaak moet word in watter bestaanskrisis ons verkeer, met die onweerswolke wat vanaf die vliegveld in Marange tot rondom ons huise en plase besig is om saam te pak.

As die laaste oorsese toeris ná die sokkerwêreldbeker op die vliegtuig klim, gaan oehoeroe heel waarskynlik begin. Ons het nie veel tyd nie.

Wat veral nou vermy moet word, is ongekoördineerde aksies deur emosioneel opgeruide mense. Ons wil nooit weer ‘n voorval soos die AWB-slagoffers in Bophutatswana sien nie. Ons sal onsself in ‘n volksweermag moet organiseer, wettiglik en met die wettige wapens en ammunisie waaroor ons tans beskik. Tydens die tweede wêreloorlog het ‘n klein landjie soos Finland teen die Rooi Leër staande gebly, bloot deur die doeltreffende gebruik van skerpskutters en jagters. Umkhonto we Sizwe en ZANU-PF mag tans beter bewapen as ons wees, danksy hul oorname van die Weermag en die inkomende Chinese wapens, maar ons gaan ‘n defensiewe oorlog veg op ons eie grondgebied, op ons eie plase en in ons eie voorstedelike strate.

Ek het volle vertroue in die Afrikaner se organisatoriese vermoëns en uiteindelik word elke oorlog op grond van organisasie, meer as enigiets anders, gewen.

Soos die ou militêre wysheid lui: Die oningewydes praat strategie terwyl die ervarenes logistiek gesels.

Die oomblik as ons hierdie staat en veral die munisipaliteite los, sal hy vanself in duie stort.

Slegs ‘n sterk staat kan ‘n sterk weermag hê. Dit maak nie saak hoeveel Chinese wapens deur Zimbabwe gaan inkom nie, as die oorlog regtig in alle erns begin, sal ons aanstons die oorhand verkry.

Ons het niks méér te vrees as die huidige geweld waaraan ons reeds blootgestel is nie. Laat die ANC en sy ZANU-PF-bondgenoot dus sy oorlog ontketen. Ons is nog nie reg vir hulle nie, maar ek is seker ons kan binne enkele weke of maande onsself in so ‘n mate organiseer dat geen Westerse invalsmag ons sommer sal verower nie, wat nog te sê die opgesweepte, maar ongeorganiseerde hordes van die bevrydingsbewegings.

гонки машинкиОлександр Фільчаков прокурор

Bennet-getuie glo gemartel

Zimbabwe se hooggeregshof het Maandag die getuienis van ‘n sleutelgetuie in die saak teen Roy Bennett verwerp nadat die man in die hof gesê het hy is gemartel sodat hy vals getuienis kon lewer.

Bennett is die tesourier van eerste minister Morgan Tsvangirai se party, die MDC, en sy voortslepende hofsaak is een van die redes waarom die huidige magsdelingsooreenkoms tussen die MDC en president Robert Mugabe se Zanu-PF onder druk verkeer. 

Die getuie, Peter Hitschmann, is saam met Bennett aangekla van sameswering om die president te vermoor, maar die klag teen Hitschmann is later verminder na die onwettige besit van vuurwapens.

Hy is as hoofgetuie teen Bennett geroep, maar het in die hof die land se veiligheidsmagte daarvan beskuldig dat hulle hom gemartel het sodat hy ‘n verklaring teen Bennett sou aflê.

Мордвиновтопкарго кидалы

Spanning laai op binne MDC

Morgan Tsvangirai sê die minister van finansies wat hy aangestel het, Tendai Biti, het die leningspakket met China onderhandel.

Chinese amptenare het nog geen aanduiding gegee oor die aard van die lening nie of dit selfs bevestig nie.

Amptenare van Tsvangirai sê hulle glo 'n deel van die pakket sal toegestaan word op voorwaarde dat die geld op Chinese goedere soos kunsmis bestee word.

Ian Makone, 'n Tsvangirai-aide, het gesê die ooreenkoms sal vereis dat die lening op Chinese produkte spandeer word.

Eddie Cross, 'n senior amptenaar in Tsvangirai se party, sê die Chinese ambassadeur het hom tydens 'n ete verlede week verseker dat voordelige kredietvoorwaardes infrastruktuurprojekte sal insluit asook kommersiële voorwaardes om Chinese goedere aan te koop.

Minister van verdediging, Emmerson Mnangagwa, het 'n afvaardiging van ZANU-PF-amptenare Dinsdag in Beijing gelei. 'n Chinese amptenaar van die Politburo het Mugabe se ysterhand glo gerusgestel dat China se verklaarde beleid van investering in Zimbabwe onveranderd sal bly.

Zhou Yongkang, lid van die Politburo, het gesê hulle sal Chinese maatskappye aanmoedig en bystaan om ontwikkeling in Zimbabwe na te streef.

China ondersteun reeds Mugabe se militêre veldtog sedert 1970 om wit heerserskap te beëindig en het selfs onlangs toerusting aan Zimbabwe beskikbaar gestel om telefoongesprekke mee af te luister.

'n Duur blou teëlplafon is 'n ander luukse wat danksy Chinese hulp ter versiering aan die president se herehuis in Harare aangebring is.

Tsvangirai het Dinsdag gesê hy kon byna $500 miljoen van Westerse regerings insamel en dat die besonderhede binnekort bekend gemaak sal word. Kenners is egter skepties oor die bedrag omdat internasionale hulporganisasies reeds miljoene in die land bestee het wat nie dmv van die regering uitgedeel is nie.

Die reis het spanninge tussen die twee politieke partye weer laat oplaai asook binne die MDC self omdat Tsvangirai in sy kritiek teen Mugabe nie fel genoeg was nie. Hy het daarop aangedring dat 85-jarige leier 'n noodsaaklike deel van die oplossing vir Zimbabwe is.

строительная техника игрушкиалександр лобановский супермаркет класс

Mugabe klou danksy diamante

Image

Betaling?

Human Rights Watch het Vrydag 'n verslag vrygestel waarin hulle beweer dat Mugabe verlede jaar die diamantmyne in die ooste van Zimbabwe met geweld oorgeneem het en 200 mense gedood het. Dit is gedoen om te verseker dat hy sy ondersteuners kan aanhou vergoed uit die inkomste en dus sodoende hulle lojaliteit verseker.

Die Marangevelde se fondse is uitgesmokkel of onwettig deur die land se reserwebank verkoop nadat dit duidelik geword het dat die astronomiese inflasiekoers dit al hoe moeiliker maak vir ZANU-PF om getroue volgelinge, waaronder soldate, se onderdanigheid te koop.

Zimbabwe se regering het die inhoud van die verslag verwerp en verklaar dat die aanklagte daarop gemik is om die land se beeld te skend, die verkoop van Zimbabwiese diamante internasionaal te stuit en om die land van broodnodige buitelandse valute te ontneem.

Verlede jaar het die Zimbabwiese staatsmedia berig dat 'n militere operasie, onder die kodenaam bekend as Operasie 'No Return', geloods is in die Marangedistrik suid van Mutare om 'n wettelose diamantstromloop te keer.

Maar die Human Rights Watch verslag beweer dit was deur die regering gebruik om die Marangevelde oor te neem en 200 myners is gedood in die operasie. Soldate het glo uit helikopters met outomatiese wapens op die mynwerkers gevuur.

Die spoeldiamantvelde is in 2006 ontdek. Weermagbrigades word in die gebied ontplooi op 'n roterende basis om meer soldate die geleentheid te gee om munt te slaan uit die diamante.

Sindikate wat uit soldate bestaan, gebruik glo kinders uit die gebied as slawearbeid en onwillige werkers word geslaan en mishandel.

Die Federasie van Diamantbeurse wat uit 28 beurse in 20 lande bestaan, het in April gevra dat hulle lede nie met diamante afkomstig uit die Marangeneerslag handel dryf nie.

Verteenwoordigers van die Kimberley Proses, 'n alliansie van industrie-, burgerlike en regeringsamptenare wat die handel in sogenaamde ' bloeddiamante' wil stuit, sal Sondag na Zimbabwe reis om vas te stel of die land die standaarde van die alliansie nastreef.

Mugabe se greep op ZANU-PF sal verslap indien die weermag se diamantinkomste afgesny word, en dit sal gevolge inhou vir die magsbalans in die land volgens HRW.

free football bet no deposit requiredпрокурор харьковской области