PRAAG eis Jansen se bedanking en verskoning

PRAAG, die Pro-Afrikaanse Aksiegroep is “uiters bekommerd oor die klimaat van Boerehaat en aanhitsing tot geweld teen Afrikaners in Suid-Afrika en waarin die hoofstroommedia ‘n vername rol speel”. Die Afrikaanse kultuurorganisasie het só gereageer op die nuus dat die twee Kovsie-studente, Cobus Muller en Charl Blom, vandag in die Bloemfonteinse streekhof onskuldig bevind is aan die aanklagte van poging tot moord en aanranding wat hulle kwansuis om “rassistiese redes” op ‘n swartman sou uitgevoer het.

“Die enigste rassismeprobleem in Suid-Afrika is die vooroordele en stereotipering van Afrikaners, asook die benadeling van ons jongmense in heksejagte soos wat daar vanjaar teen Cobus Muller en Charl Blom plaasgevind het,” sê dr. Dan Roodt van PRAAG. “Ons eis dat Jonathan Jansen onmiddellik sal bedank weens sy onewewigtige hantering van die saak, waaronder die beswaddering van die studente en hul skorsing terwyl hul skuld nog bewys moes word. Jansen is ‘n Boerehater en anti-wit rassis wat nie meer ‘n universiteit op Bloemfontein bedryf nie, maar ‘n heropvoedingskamp. Dat ‘n opperste Boerehater en propagandis soos hy rektor van ‘n universiteit moet wees waar D.F. Malherbe eens vir Afrikaans gestry het, is ‘n godskreiende skande.”

Roodt het die media namens PRAAG daaraan herinner dat daar nog net een etniese groep in Suid-Afrika in konsentrasiekampe omgekom het, en dit was Afrikaners. “Ook word daar vandag die mees grusame moorde en verkragtings teen Afrikaners gepleeg. Ons oumense en kinders word vermoor, terwyl ‘n maniak soos die sogenaamde Tukkieverkragter, Samuel Msiza, ‘n onskuldige jong Afrikaanse Christenvrou in haar eie huis 22 keer met ‘n mes gesteek en verkrag het. Die Tukkieverkragter en plaasmoordenaars reageer op die anti-Afrikaanse rassehaat wat die Engelse en pseudo-Afrikaanse media in Suid-Afrika teen ons aanhits en is daarom aandadig aan hierdie gruweldade.”

Namens die studente, asook die Afrikanervolk wat onder ‘n uiters gewelddadige en sadistiese bestel moet ly, eis PRAAG ‘n verskoning van al die koerante, radiostasies en TV-kanale wat die twee onskuldige seuns belaster het, maar ook die klimaat van haat en onverdraagsaamheid teenoor Afrikaners verder aangeblaas het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.