Die twee studente van die Universiteit van die Vrystaat wat reeds deur die hoofstroommedia, asook die rektor Jonathan Jansen, aan ‘n “rassistiese poging tot moord” verhoor en skuldig bevind is, is vanoggend in die Bloemfonteinse landdroshof onskuldig.
Die twee studente, Cobus Muller en Charl Blom, is daarvan aangekla dat hulle op 17 Februarie 2014 vir Damane Muzi Gwebu (21) op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) aangerand en dat Muller hom probeer doodry het. Streeklanddros Rasheed Matthews het hulle egter geheel en onskuldig bevind.
Die twee Kovsies het agterna gesê dat hulle “verheug” is oor die uitspraak, maar wou hulle nie uitlaat oor die moontlikheid om ‘n eis teen die UV in te dien nie. Hulle is intussen deur die universiteit geskors en verbied om hul “voete op die kampus te sit”.
Van hule studentevriende van die Armentumkoshuis het hulle vandag in groot getalle kom ondersteun.
Die twee studente is deur ‘n groot groep van hul Armentum-koshuisvriende ondersteun.
Hier is net ‘n klein gedeelte van die mediaberigte wat die onskuldige studente erg benadeel het en wat glad nie die sub judice-reël gehoorsaam het nie.
http://www.enca.com/south-africa/ufs-racist-duo-expelled-facing-attempted-murder-charges
http://m.timeslive.co.za/thetimes/?articleId=11076769
http://citizen.co.za/131379/attack-black-student-two-face-murder-charges/
http://m.sowetanlive.co.za/?articleId=12376348§ionId=32
http://www.citypress.co.za/columnists/setback-ufs/
http://www.thenewage.co.za/133857-1018-53-Free_State_student_assault_victim_racist
http://www.dieburger.com/nuus/2014-07-29-student-gebruik-glo-k-woord
http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Kovsies-reel-byeenkoms-om-te-praat-oor-ras-20140222

Ek hoop eerlikwaar die twee studente word verder ondersteun deur ‘n mhurse eis in te dien teen die universiteit ! Gaan hulle weer toegelaat word om hul studies daar te voltooi ? Wat gebeur nou met die swart nerf ?
Goeie uitspraak, en PRAGTIG gedoen ook aan die koshuisvriende vir hul ondersteuning.
Waarom dien Praag nie ‘n “class action”-tipe klag by die Persombudsman teen al die publikasies hierbo in nie? Hang die feit dat swart haatmisdadigers nooit as rassiste bestempel word nie, aan die groot klok.
Stem met jou saam oor hierdie een.
Klein oorwinningtjies lei tot groot oorwinning. Hierdie is een.
Jansens het net ‘n rede gesoek om van nog twee wittes op sy kampus ontslae te raak. Hy het hulle nou ook tyd gekos – kosbare tyd wat hulle kon studeer. Wonder of die skorsing nou opgehef gaan word? Indien nie wys dit net watter opperste rassis Jansens werklik is.
Sue that Jansen bastard!