SA se gasinfrastuktuur gebrekkig sê rolspelers

Deel op

‘n Voorlegging aan die Parlementêre portefeuljekomitee oor Energie het getoon dat ‘n gebrek aan infrastruktuur die verskaffing van gas vir huishoudelike en nywerheidsgebruik kniehalter.

Rolspelers in die gassektor, insluitende SASOL, PetroSA, NERSA en die Departement van Energie het die Parlementêre komitee ingelig.

Die Nasionale Energiereguleerder, NERSA sê plaaslike gasreserwes voldoen nie aan die potensiële vraag nie.

‘n Woordvoerder van NERSA, Nomfundo Maseti, sê alhoewel gas in buurlande ontdek word, is daar beperkte infrastruktuur om dit die land in te bring.

Maseti sê daar is groot gasvondse in Mosambiek, Ghana, Tanzanië en in die Kongo. Die gasvoorraad is dus nie die probleem nie, maar die infrastruktuur om dit uit die buurstate by Suid-Afrika te kry.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.