Toe die Bloemfonteinse streekhof gister die twee studente van die Universiteit van die Vrystaat, Cobus Muller en Charl Muller, van aanranding en poging tot moord vrygespreek het, het die hof ook die weergawe van Muzi Gwebu, die klaer, verwerp.
Gwebu se weergawe is tot dusver deur Jonathan Jansen, die regstellende-aksierektor van die universiteit, aanvaar aangesien hy die twee blanke Afrikanerstudente summier geskors het toe die saak aanvanklik rugbaar geword het. Volgens Gwebu het die twee studente hom doelbewus probeer omry en aangerand.
Uit die studente se getuienis voor die hof, wat deur die streeklanddros as geloofwaardig bevind is, het geblyk dat Gwebu hul bakkie laataand op 17 Februarie probeer steel het deur Muller agter die stuurwiel te probeer uitpluk. Blom het buite die bakkie gestaan en was besig om ‘n teksboodskap vir sy meisie op sy selfoon te tik. Die volgende oomblik het hy gesien hoe Muller en Gwebu op die grond stoei.
Muller het verskeie kere aan Gwebu gesê: “Los my of ek bliksem jou.” Hy het egter, anders as wat Gwebu agterna beweer het, nooit die gewraakte woord “kaffer” gebruik nie. Blom het vir Muller gehelp om van Gwebu ontslae te raak en dié het in die bosse weggesluip.
Toe Gwebu aanvanklik die klag van aanranding by die polisie gaan lê het, het hy nie eens melding van die gebruik van die woord “kaffer” gemaak nie, maar dit kennelik later as ‘n “strategie” bygevoeg. Dit het die gewenste uitwerking op die media, asook die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie, gehad, want daar is onmiddellik met ‘n grootskaalse propaganda- en haatveldtog teen die twee Afrikanerstudente losgetrek.
Lees ook:
PRAAG eis Jansen se bedanking en verskoning
Twee Kovsies vrygespreek ná ‘rassisme’-histerie

Hulle het ook gelieg deur te se die grond was hulle sin.
Hulle het ook gelieg oor tolhekke
Hulle het ook gelieg oor grondhervorming
Hulle het ook gelieg oor hulle kwalifikasies
Hulle het ook gelieg oor hulle herkoms
Hulle het ook gelieg toe hulle se Djonafin is n rektor, daar bestaan n wesenlike verskil tussen Rektum en Rektor
Witbeer, ek dink daai “Rektum van die Universiteit” gaan ‘n PRAAG-uitdrukking word.
Daai word – die silwer patroon om die wit vampier in die hart mee te skiet –
Die jafel gaan lê ‘n klag van aanranding nadat a) hy probeer het om die bakkie te steel, b) hy die baklei begin het. Die vermetelheid.
Miskien moet hierdie hoofman die twee studente se voete was en dan vir hulle n besigheid skenk . Hulle is ook verneder en alhoewel daar nie n video van die gebeure gemaak is nie is dié bleekgesig manne aan n hofprosedure blootgestel , terwyl foto’s van hulle in koerante verskyn het .
Ernie ek neem aan jy praat van die insident wat by Vaal Pukke gebeur het tydens die “Wheels on the Vaal” skou?
Ek het ernstige bedenkinge oor die een ook – die ooggetuies was aan die ander kant van ‘n rugby veld – hoe kon hulle hoor wat is gese? Ook as ek die “student” was sou ek liewers my smoel gehou het want dit blyk dat dit ‘n ou omie is wat so die rook uit sy en sy maatjies se koppe geklap het. Kom ons kyk logies – itv Suid Afrika – daarna. ‘n Groep word deur een ou blanke omie uitmekaar geslaan? Wat is die kanse?