Zim stel nuwe verbod op betogings in

Die Zimbabwiese polisie het ’n nuwe verbod op betogings in die hoofstad, Harare, ingestel, het die staatsmedia berig.

Die aankondiging is gedoen net ure nadat ’n koalisie van opposisiepartye aangekondig het dat hulle Saterdag massabetogings landwyd sal hou, het AFP berig.

Die opposisie dring aan dat hervormings vóór die 2018-verkiesings plaasvind.

Anti-regering veldtogvoerders het gesê hulle sal die verbod verontag­saam en hulle op appèl tot die land se howe wend.

“Hierdie is die laaste ­stuiptrekkings van ’n sterwende bewind en ons verwag niks beter van hulle nie,” het Douglas Mwozora, woordvoerder van die opposisieparty, die Movement for Democratic Change (MDC), gesê.

“Hulle het geen respek vir die ­landswette nie, maar ons sal nie ons grondwetlike regte prysgee nie.
“Ons sal teruggaan na die howe en hierdie onwettige verbod uitdaag,” het hy gesê.

’n Vroeëre verbod op betogings in Harare is verlede week deur die hof verwerp, ondanks pres. Robert Mugabe wat regters vir hul “onverantwoordelike” uitsprake gekritiseer het.

In ’n kennisgewing in die ­staatsbeheerde Herald-koerant, het die polisiehoof, Newbert Saunyama, gesê ’n verbod is ingestel teen enige openbare betogings wat vanaf Vrydag vir een maand van krag sal wees.

Hardlife Mudzingwa, ’n woord­voerder vir die drukgroep, Tajamuka het op sy beurt gesê: “Ons sal nie aan hierdie ongrondwetlike opdrag van die polisie gehoor gee nie.”

Opposisie teen Mugabe se 36-jaar lange bewind het in afgelope maande toegeneem met ’n string openbare ­betogings oor die ekonomiese krisis wat banke ’n tekort aan kontant laat ondervind het en die regering wat sukkel om sy werknemers betyds te betaal.

Die 92-jarige Mugabe het in die verlede dikwels geweld gebruik om sy opponente te onderdruk. Hy het die naweek gewaarsku dat betogers “’n gevaarlike spel speel”.

“Laat die opposisiepartye en diegene wat na chaos, wanorde en gewelddadige betogings streef, gewaarsku wees dat ons geduld besig is om op te raak,” het Mugabe by Zanu-PF se sentrale komiteevergadering gesê.

Verlede week het die regering planne aangekondig om 25 000 poste af te skaf nadat dit aan die lig gekom het dat 97 persent van die staat se inkomste aan­ ­staatsamptenare se salarisse bestee word.

Britte tjoepstil terwyl hul maaksel Mugabe Zim verder onderploeg

Die Zimbabwiese president Robert Mugabe het wit sanksies die skuld gegee vir die huidige tekorte in sy land, terwyl Brittanje hul maaksel botweg ignoreer.

Die tekort aan geld om staatsamptenare se salarisse te betaal is weens wit lande se onwilligheid om sanksies op te hef, het Mugabe verklaar. “Amerika moet nog sanksies verwyder. Die EU het sommige reeds opgehef.”

Die EU voorsien steeds geld aan die bankrot AU waarmee die ou krummel van ‘n swart diktator rondrits in weelde en hom kan verbeel hy is ‘n groot staatsman.

Mugabe, wat deur Brittanje se toedoen aan bewind gebring is, het Vrydag by Bindura, noord van Harare, aan ondersteuners van sy Zanu-PF party gesê regeringsbetalings word deur wit lande “onderskep”.

Hy het ook gewaarsku teen ‘n “sameswering” om die regering omver te werp.

Maar Mugabe se regering kon verlede jaar nie eers soveel as ‘n brief skryf aan die Verenigde Nasies vir voedselhulp nie. Dit is standaardprosedure om te Wêreld Voedselprogram te aktiveer.

Die Britte is tjoepstil oor die 35 jaar van chaos wat hulle geskep het deur Mugabe se skrikbewind te bewerkstellig waar 4000 voedselproduserende wit boere van hul plase afgejaag is.

Sedert die 2013-verkiesing het die aantal staatsamptenare van 233 000 tot 550 00 toegeneem. Daar is glo duisende spookwerkers wat ook die staats­kas leegtap.

Geweld het verlede week by Beitbrug, die grenspos tussen Suid-Afrika en Zimbabwe, uitgebreek na ontevredenheid oor ‘n verbod op die invoer van items soos Cremora, kunsmis en bottelwater vanuit Suid-Afrika.

In Harare, Zimbabwe se hoofstad, het die polisie met taxibestuurders slaags geraak.

Zimbabwe se nuwe invoerbeperkings uit Suid-Afrika sal intussen goedere van R2 miljard per jaar raak, het City Press berig.

Dit volg op soortgelyke beperkings wat verlede jaar ingestel is en waarvoor invoerpermitte met groot moeite verkry moet word.

Mugabe het in Maart buitelandse maatskappye, veral Chinese bedrywe, daarvan beskuldig dat hulle nagenoeg R270 miljard uit diamantopbrengste “verduister” het.

Ingeligte bronne meen Mugabe se vrou Grace het klaar gesorg dat sy oorneem van haar man. Die huidige onrus mag dalk deur ander faksies in die regering aangemoedig word wat graag self op die enkelwa-soustrein wil klim.

Zim-onrus in Angelsaksiese pers aangekondig

Groot dele van stedelike Zimbabwe het Woensdag soos ‘n oorlogsone gelyk nadat botsings tussen inwoners en die polisie tot geweld gelei het.

Die onrus is in al die Angelsaksiese koerante aangekondig en hul ontleders praat van ‘n “militêre coup” wat kan volg.

Tonele van brandende bande en groot klippe in die middel van die pad is die hoofstad Harare en Bulawayo opgemerk met jeugdiges wat die hoofpaaie na die middestad onbegaanbaar gemaak het.

In Mfakose het die polisie na bewering geweld gebruik om betogers uiteen te jaag. Vier joernaliste is in hegtenis geneem en aangehou by Marimba-polisiekantoor en is eers vrygelaat nadat hulle foto’s wat hulle tydens die botsings geneem het, vernietig is.

Gewapende polisielede handhaaf ‘n swaar teenwoordigheid in gebiede waar onrus voorkom, terwyl die meeste vervoeroperateurs besluit het om eerder hul voertuie van die paaie af te hou.

Diegene wat wel instem om passasiers te vervoer, vra $2 per rit in plaas van die gewone 50 sent.

Econet het bevestig dat WhatsApp tans af is. Intekenare is deur middel van sy kliëntediens vroeër Woensdag deur twiets verwittig.

In Bulawayo het jeugdiges bande aan die brand gesteek en die Mzilikazi-supermark geplunder. Die polisie moes die vandale met behulp van traangas en water kanonne verwilder.

Talle het in die middestad saamgedrom teen die bewind van president Robert Mugabe. Vyf jeugdiges is later in hegtenis geneem en na Bulawayo polisiekantoor geneem.

In ander gebiede soos Masking, Chipinge, Victoria-waterval en Gweru, het oproeriges plakkate teen Mugabe rondgeswaai.

Sakebedrywighede in die meeste groot stede gaan voort, maar nie alle winkels is oop vir die publiek nie na oproepe vir ‘n massa-wegbly-aksie.

Ekonome sê die oproer sal nie veel invloed op die land se ekonomie hê nie. Voedselkettingwinkels sê hulle doen steeds fluks sake.

Die polisie hou ‘n swaar teenwoordigheid in hoëdigtheidsgebiede.

‘n Polisiewoordvoerder het gesê probleemgebiede in Harare is Bidiriro, Mufakose en Warren Park.

“Die polisie het 19 mense in Harare, ses van Bidiriro en 13 van Mufakose in hegtenis geneem. Onder hulle is Linda Masarira van Occupy Africa Unity Square wat onskuldige straatverkopers met klippe gegooi het en hul stalletjies afgebrand het,” het sy gesê.

Sy het bygevoeg dat 17 mense in hegtenis geneem is in Victoria Falls omdat hulle teen president Mugabe betoog het. “Ek is seker jy kan ‘n derde hand sien. Sommige van hulle is eintlik van Australië, maar hulle is in Zimbabwe om te betoog,” het sy gesê.

Intussen het die Zimbabwe Lawyers for Human Rights aangekondig dat hy sy prokureurs ontplooi het regoor die land om gevalle van gearresteerde aktiviste te hanteer.

Intussen het die regering, by monde van die Sekretaris van Gesondheid en Kindersorg, aan stakende gesondheidspersoneel gesê hul Junie-salarisse sal nou vroeër as wat beplan is betaal word.

In 2008 het stakings ook gevolg nadat staatsamptenare nie betaal is nie.

Bob se kleinneef dood in kas gevind

Die 20-jarige Zimbabwiese man wat dood aangetref is in ‘n klerekas by Monash Universiteit in Johannesburg was ‘n kleinneef van President Robert Mugabe.

‘n Student in inligtingstegnologie, Takudzwa Wesley Goronga is sowat twee weke geledeas vermis aangemeld.

Hy is later dood aangetref in sy klerekas op die kampus.

Die Zimbabwiese Uitsaaikorporasie het gesê Mugabe het roubeklaers by Goronga se begrafnis aangespreek Saterdag en het die student se dood as ‘n “raaisel” beskryf, het ‘n Sapa-korrespondent berig.

Die Zimbabwiese president, wat twee seuns en ‘n dogter het, het gesê: “Sommige kinders word na die buiteland gestuur vir studies en as hulle terugkeer is dit met ‘n paar negatiewe gewoontes soos om dwelms te gebruik.”

Die polisie is steeds besig om die oorsaak van Goronga se dood te ondersoek.

Die student is glo wat deur familie in Marondera, in die sentrale deel van Zimbabwe grootgemaak, ná die dood van sy ma 10 jaar gelede.

Vavi tier oor polisieflaters na dood van familielid

Vavi en Mandela
Vavi en Mandela

Die geskorste hoofsekretaris van Cosatu, Zwelinzima Vavi het by die Khayelitsha Kommissie van Ondersoek na die polisie Maandag gesê hy is siedend oor polisieflaters.

Vavi, wat soos Mandela aangetrek was vir die geleentheid, sê hy kon sy woede skaars beteuel weens ‘n reeks van beweerde polisieflaters na sy suster se kleinkind in die lokasie vermoor is.

Vavi het gesê die polisie het vyf dae geneem om die familie in te lig oor die moord op die 25 -jarige Busiswa Sizaba in Harare, Khayelitsha twee weke gelede.

Die polisie het opgedaag om te sê die kleindogter is dood gevind iewers in Khayelitsha, het die arbeidsleier gesê.

Hy was geklee in ‘n swart-en-wit hemp wat herinner aan die soort waarvan Nelson Mandela gehou het.

Terwyl Sizaba dikwels ‘n slagoffer van huishoudelike geweld in haar hut was, het Vavi gesê die polisie het nie ‘n bekende verdagte, wat hy beskryf as “die koning van die skrikbewind” in die gemeenskap aangekeer nie.

“Die polisie is besig om hierdie man te ondersoek, nou duidelik ‘n moordverdagte. Niks het gebeur nie,” het Vavi gesê aan ‘n klein skare inwoners en maatskaplike aktiviste wat rondom hom versamel het. “Dit is nou die einde van die tweede week sedert die moord gebeur het. Die man is nog steeds in die strate.”

Hy het gesê vigilante-bedrywighede vier hoogty oral op die Kaapse Vlakte.

Hy het ‘n beëdigde verklaring ingedien by die O’Regan-Pikoli Kommissie van Ondersoek na polisiëring in Khayelitsha.

Nie ver daarvandaan nie het Cosatu se Wes-Kaapse sekretaris, Tony Ehrenrich toegegee dat die vakbondfederasie voor ‘n uitdaging staan oor eenheid in sy geledere.

Hy het by ‘n raadsvergadering van Nehawu-verteenwoordigers in Soutrivier gesê dit is die taak van werkers om toe te sien dat die eenheid van Cosatu voorrang kry bo individuele belange.

Hy sê werkers behoort beleid na te streef wat daarop gemik is om die lewens van gewone mense te verbeter.

Pakistanse beleggers wil One Time koop

1time‘n Groep Pakistanse beleggers wat in Suid-Afrika woon, het R15 miljoen aangebied aan OneTime Holdings om die genoteerde maatskappy te koop.

Pak Africa Aviation sê hulle beplan om die lugdiens weer in bedryf te stel met ‘n streeksdiens wat in Harare in Zimbabwe gesetel sal wees.

Die maatskappy het sy sakeplan aan die JSE oorhandig.

In beginsel het die sakeplan die steun van OneTime se raad en aandeelhouers wat ongeveer 60% van die lugdiens se aandele besit.

Die nuwe bieërs wie se hoofkantoor in Sandton in Johannesburg is, het gevestigde belange in Afrika-lande en in sektore soos kleinhandel, finansiële dienste en vervaardiging. – RSG

‘Zim-weermag moet hulpbronne beskerm’ – Mugabe

President Mugabe het vandag sy weermag gemaan om Zimbabwe se natuurlike hulpbronne te beskerm, terwyl verkope van sogenaamde “bloeddiamante” deur Zimbabwiese soldate ondersoek word.

“My boodskap aan u vandag is om lojaal te bly teenoor u land en om sy onafhanklikheid, soewereiniteit en natuurlike hulpbronne jaloers te bewaak,” het Mugabe tydens ‘n toespraak aan troepe op die se land nasionale weermagdag gesê.

“Wees versigtig oor hernieude imperialistiese pogings om ons van die beheer van ons natuurlike hulpbronne te vervreem.”

Die weermag het onder internasionale kritiek deurgeloop nadat ondersoekers bevind het dat soldate statsbewoners dwing om diamante in die oostelike Marange-diamantveld te myn.

‘n Moniteerder van die globale diamanttoesigorganisasie, die Kimberley-proses, sal na verwagting die Marange-diamantgebied vandag besoek om te bevestig of vergrype beëindig is, op die vooraand van ‘n gemagtigde diamanthandeltransaksie wat môre in Harare sal plaasvind.

Die toesighoudende beampte van die Kimberley-proses, Abbey Chikane, het voorheen bevind dat Zimbabwe wel aan die minimum menseregtestandaarde voldoen, maar sy verslag het nie al die lede van die skema oortuig nie. Zimbabwe het tot dusver toestemming ontvang om twee verkooptransaksies vanuit bestaande diamantvoorraad aan te gaan.

сауны своимиФильчаков

Zimbabwe maak gereed vir nuwe choleravlaag

Werkers strompel deur stinkende modder in ‘n sloot waarin skoon drinkwater en rou riool syfer in een van Harare se buurte wat verlede jaar die ergste deur die cholera-epidemie getref is.

Die herstelwerk verteenwoordig ‘n wedloop om die stad se rioolstelsel te probeer herstel voor die reënseisoen in November begin, wanneer gesondheidswerkers vrees dat die watergeleide siekte weereens kan uitbars.

Die drie meter diep sloot loop deur Usuf Austin se inrypad en strek die lengte van sy blok, wat die gesin dwing om oor die gat te spring om in hul huis te kom.

Maar hy is heel tevrede om die span werkers die stukkende pype te laat herstel wat verantwoordelik gehou word vir die epidemie wat meer as 4 200 mense doodgemaak het en byna 100 000 laat siek word het.

“Die riool het daaglikse, 24 uur per dag, uitgelek” toe cholera vir die eerste keer in Augustus 2008 toegeslaan het, sê hy.

“Die rioolwater meng met die reënwater gedurende die reënseisoen,” voeg hy by.

Die epidemie het verlede jaar uitgebreek toe náverkiesingsgeweld deur die land versprei het, wat die ekonomiese krisis weens die grondhervorming teen blanke boere van die outokratiese president Robert Mugabe, verder vererger het.

Die land se vervallende openbare infrastruktuur het die konstant oorlaaide rioolstelsels en watertekorte laat vererger.

Dit het op sy beurt vrye teuels aan cholera gegee. Dié siekte, wat diarree veroorsaak, is maklik voorkombaar met skoon water en behoorlike riolering, maar gedy in plekke sonder behoorlike higiëne.

Die span werkers in Austin se straat is een van dosyne wat die strate rondom die Zimbabwiese hoofstad, waaronder groot dele van die middestad, opgrawe in ‘n poging om die ergste rioolprobleme uit te skakel.

Ironies genoeg word dié herstelwerk deur blanke, Westerse skenkers gefinansier, diegene teen wie Mugabe gereeld as “die vervloekste wittes” uitvaar.

Straaltjies rou riool loop steeds langs die strate in werkersklasbuurte soos dié, maar met die koms van reënbuie kan dié stroompies maklik in strome verander.

Die swartes werk hard in die somerson van Zimbabwe, soos wat die groep met pikke en grawe die slote grawe, sonder enige beskermende handskoene of maskers.

“Ons moet na mense se huise gaan om vir handskoene en selfs grawe te vra,” sê Titus Sibanda, 35, die groep se voorman. “Al die mense op straat help ons.”

Zimbabwe het einde Julie vanjaar verklaar dat die cholera-epidemie beëindig is en slegs vyf gevalle is sedertdien aangemeld in ‘n plattelandse distrik waar periodieke voorvalle gereeld voorkom.

Wat verlede jaar anders was, was die episentrum van cholera in Harare waar die meeste slagoffers voorgekom het.

‘Harare gaan weer herstel’

Inwoners van die hoofstad was tot verlede jaar gewoond aan betroubare, skoon drinkwater weens die infrastruktuur wat in die tyd van blanke regering opgerig is en moes nog nooit maatreëls teen cholera neem nie.

Maar stukkende pype het veroorsaak dat rou riool in die watervoorraad ingelek het.

Hope vullis, wat elke dag meer word, is deesdae ook algemeen aan die buitewyke van die meeste arm buurte omdat die owerheid nie oor brandstof of voertuigonderdele beskik om vullisvragmotors op die pad te hou nie.

Zimabwe se ekononiese ineenstorting verlede jaar het hospitale en klinieke sonder fondse vir basiese medisyne en voorrade gelaat, terwyl dokters en verpleegsters begin staak het omdat hulle lone nie meer betaal is nie.

Die gevolg was die ergste cholera-epidemie in ‘n dekade wat enige plek ter wêreld plaasgevind het.

Reaksie het grotendeels van Westerse hulpagentskappe gekom, wat waterbehandelingstablette en medisyne ingevlieg het, asook choleranoodklinieke opgerig het.

Die VN se Kinderfonds het gewaarsku dat ‘n nuwe uitbreking “byna onafwendbaar” is as die reënseisoen in November begin, aangesien ses miljoen Zimbabwiërs min of geen toegang tot veilige water en riolering het nie.

“Ongelukkig glo ons dat cholera endemies aan Zimbabwe geword het,” het UNICEF se gesondheidshoof Mickey Chopra onlangs gesê.

“Daar was nie genoeg tyd om daardie infrastruktuur te herstel nie, dus maak ons gereed vir ‘n cholera-uitbreking tydens die reënseisoen.” Maar Zimbabwe se gesondheidsminister Henry Madzorera het gesê Zimbabwe is vanjaar beter voorberei. Dokters en verpleegsters is weer op hul poste, dus werk die klinieke weer. Opvoedingsveldtogte het beklemtoon dat dit belangrik is om water te kook, jou hande te was en ander voorkomingsmaatreëls te tref.

“U sal in Harare opmerk dat daar baie opgrawings plaasvind. Die watertoevoer gaan verbeter,” het hy aan AFP gesê.

“Ons wil mense aanmoedig om higiëne toe te pas,” het hy gesê. “Maar die reënseisoen is op pad, daar mag enkele probleme wees.”

Hoewel al die pype wat herstel moet word nooit voor die reën reggemaak sal word nie, beklemtoon die voorman in Highfields die belang daarvan dat die publiek moet sien dat daar gewerk word.

“Mense moet elke sien hoe ons werk,” sê Sibanda.

“Harara gaan weer herstel.”

deposit 10прокурор Фильчаков