‘n Groep Pakistanse beleggers wat in Suid-Afrika woon, het R15 miljoen aangebied aan OneTime Holdings om die genoteerde maatskappy te koop.
Pak Africa Aviation sê hulle beplan om die lugdiens weer in bedryf te stel met ‘n streeksdiens wat in Harare in Zimbabwe gesetel sal wees.
Die maatskappy het sy sakeplan aan die JSE oorhandig.
In beginsel het die sakeplan die steun van OneTime se raad en aandeelhouers wat ongeveer 60% van die lugdiens se aandele besit.
Die nuwe bieërs wie se hoofkantoor in Sandton in Johannesburg is, het gevestigde belange in Afrika-lande en in sektore soos kleinhandel, finansiële dienste en vervaardiging. – RSG

Gesete; in ZIM. Dus minder veiligheidswetegewing. Ou BOB wil dan hê alle besighede in ZIM moet minstens 51% inheems wees. Hoe gaan hulle dit regkry?
Die keer wat ek met 1time gevlieg het was in elk geval nie ‘n aangename ervaring nie. So definitief nie gou weer nie.
Hulle gaan seker van die lugmag se lughawens gebruik maak.
O vet, hier word ‘n nuwe blik wurms oopgemaak en ons gaan sukkel om daai wurms weer terug in die blik te kry.
Of dit nou sal beter gaan is ‘n ope vraag. As ek raad kan gee is dat daardie ou vliegtuie baie vinnig vervang moet word. Ervaring van ‘n senuweeagtige rit met hulle.
Willy om R15 miljoen vir ‘n lugredery aan te bied of te betaal, moet daardie vliegtuie so oud soos die berge wees en die infrastruktuur ook. Dit is nie geld vir ‘n redery nie.
Iewers is ‘n nulletjie of twee weg, want, dit is onmoontlik om dit te betaal ‘n ses vliegtuig redery. Die DC9 en MD 82 vliegtuie kort ‘n goeie diens, dit is al. Het gereeld met hul gevlieg vanaf Kaapstad na JHB en DBN, sonder probleme.
Maar, Pakistanies, hulle is dan vlugtelinge en die oorgrote meerderheid is onwettig in die land. Is ingesmokkel deur die transkei.
My arme buurman is ‘n loods vir hulle gewees en sit sonder werk! Maar ek stem saam, 15milj is beslis nie geld vir die redery nie. Blykbaar wil hulle nie die skuld van etlike honderde miljoene bykoop nie
Hallo Pattie waarom so skaars? So gaan al meer en meer mense sonder werk sit, maar zuma het ‘n doelwit van 2 miljoen nuwe werksgeleenthede. Daar verloor blykbaar ‘n paar mense hulle werk vir elkeen wat werk kry, so die werkloosheid neem by die dag toe. Werkloosheid was verlede maand 25.6% van die bevolking wat pensionarisse uitsluit.
…. one time en all!!………