‘n Groep Pakistanse beleggers wat in Suid-Afrika woon, het R15 miljoen aangebied aan OneTime Holdings om die genoteerde maatskappy te koop.
Pak Africa Aviation sê hulle beplan om die lugdiens weer in bedryf te stel met ‘n streeksdiens wat in Harare in Zimbabwe gesetel sal wees.
Die maatskappy het sy sakeplan aan die JSE oorhandig.
In beginsel het die sakeplan die steun van OneTime se raad en aandeelhouers wat ongeveer 60% van die lugdiens se aandele besit.
Die nuwe bieërs wie se hoofkantoor in Sandton in Johannesburg is, het gevestigde belange in Afrika-lande en in sektore soos kleinhandel, finansiële dienste en vervaardiging. – RSG
