Johannesburg is een van die goedkoopste stede in die wêreld, het ‘n studie deur die Switserse Welvaart-bestuursmaatskappy, UBS bevind.
Volgens dié studie wat in 2012 gedoen is en waarin talle items se pryse en inkomstevlakke tussen beroepe in 72 stede wêreldwyd met mekaar vergelyk is, is ook bevind dat Oslo en Zürich die twee duurste stede is om in te bly en Johannesburg die 16de goedkoopste.
Die studie het ook bevind dat dit goedkoper is om in Kuala Lumpur en Moembaai te woon. ‘n Persoon in Johannesburg moet gemiddeld tien minute lank werk om 1 kg brood te bekostig – teenoor 13 minute in New York, 19 minute in Stockholm en 70 minute in Manilla. – Vryburger

As in ag geneem word hoeveel mense beroof en besteel word in JHB sal dit sekerlik een van die duurste stede wees om in te bly. Dit is beslis een van die gevaarlikste stede in die wêreld.
Dis reg. Alles is goedkoper in Johannesburg. Tot menselewens ook…
Hier was Sandton City duidelik nie deel van dié studie nie. Moembaai kan eendag die goedkoopste plek in die wêreld wees maar bly weg daar. Vra my. Pune is nog erger.
Sal graag wil weet aan watter kriteria hierdie gevolgtrekking gemeet was. Huur? kos? petrol? Is goed soos sekuriteit ens ooit in ag geneem.
Ek glo ook die ander stede het gratis mediese dienste en skool opleiding – dink nie al die faktore was in ag geneem met die opname nie….
In zim.seker twee jaar
Wel, niemand wil daar bly nie. Waar is die dae toe ons 3 uur in die oggend by Café Wien in Hillbrow koffie en roomkoek gaan kry het? Jy kry my nou nie vir ‘n miljoen rand daar nie….