Johannesburg is een van die goedkoopste stede in die wêreld, het ‘n studie deur die Switserse Welvaart-bestuursmaatskappy, UBS bevind.
Volgens dié studie wat in 2012 gedoen is en waarin talle items se pryse en inkomstevlakke tussen beroepe in 72 stede wêreldwyd met mekaar vergelyk is, is ook bevind dat Oslo en Zürich die twee duurste stede is om in te bly en Johannesburg die 16de goedkoopste.
Die studie het ook bevind dat dit goedkoper is om in Kuala Lumpur en Moembaai te woon. ‘n Persoon in Johannesburg moet gemiddeld tien minute lank werk om 1 kg brood te bekostig – teenoor 13 minute in New York, 19 minute in Stockholm en 70 minute in Manilla. – Vryburger
