Afrikaanse organisasies staan saam oor veiligheid

Ná twee vergaderings wat Saterdag gehou is, het alle Afrikaanse organisasies wat by gemeenskapsveiligheid betrokke is, verenig ten einde ‘n gemeenskaplike strategie te bedink om huidige bedreigings teen die Afrikanervolk van Suid-Afrika te hanteer.

Bedreigings spruit uit die verval van wet en orde in Suid-Afrika, asook die onlangse uitlatings wat deur die ANC-jeugleier, Julius Malema, in Zimbabwe gemaak is. Mnr. Malema het klaarblyklik die hulp van ZANU PF se militêre personeel bekom ten einde plase wat deur Afrikaners of blankes besit word, af te vat.

Dr. Dan Roodt van PRAAG (Pro-Afrikaanse Aksiegroep) het Saterdag ‘n vergadering belê waartydens veiligheidskwessies met lede van die Afrikanerfront se Veiligheidsdirektoraat bespreek is. “Daar bestaan vrese by Afrikaners dat Suid-Afrika besig is om in anargie en chaos soos in Zimbabwe te verval,” het Roodt gesê. “Rasgemotiveerde aanvalle op blankes en Afrikaners neem toe. Terwyl hy in Zimbabwe was, het mnr. Malema belowe dat grondbesettings in Suid-Afrika van die einde van die jaar af gaan begin. Volgens berigte, het die ANC van sy kaders na Zimbabwe gestuur vir opleiding in grondbesetting. Ons moet hierdie bedreigings baie ernstig opneem. Die voortbestaan van ons boere en die voedselsekerheid van Suid-Afrika is op die spel.”

Afrikaanse organisasies beplan om ‘n gemeenskaplike bevel- en beheerstruktuur daar te stel, met gedesentraliseerde kommando’s wat min of meer outonoom sal funksioneer, elkeen onder ‘n eie kommandant. Volgens Roodt, gaan die volgende organisasies deelneem aan ‘n vrywillige veiligheidstelsel wat in staat sal wees om veiligheid te verseker te midde van ‘n verval in wet en orde, maar ook om militêre bedreigings die hoof te bied wat spruit uit grondbesettings, met of sonder die deelname van ANC-kaders en ZANU PF-soldate wat oor ons grens mag kom: Boerevolkvryheidstigting, AWB, Suidlanders, Kommandokorps, TLU, PRAAG-gemeenskapsveiligheidsgroep.

Roodt het gesê dat die Afrikanerveiligheidsverenigings bekommerd is oor die stygende toon in die haatspraak wat teen Afrikaners gerig word. “Liedere wat geweld of selfs volksmoord teen Afrikaners of Boere aanhits, word steeds in verskeie dele van die land gesing. Die opmerkings van Julius Malema gister in die Noord-Kaap waardeur gesuggereer word dat Afrikanergrondeienaars buitelanders is, dra ‘n duidelike boodskap oor dat Afrikaners in Suid-Afrika ongewens is. Gegewe die xenofobiese aanvalle in Mei 2008, is ons bekommerd dat lede van die Afrikanervolk die volgende teiken vir pogroms deur Suid-Afrikaanse swartes gaan word.”

Roodt het ‘n beroep op Afrikanermans gedoen om by een van die burgerlike veiligheidsverenigings aan te sluit. “Ons ontleding toon dat ons op ‘n kruitvat sit. Die etniese en rassebewussyn van ‘n beduidende deel van die swart bevolking het kookpunt bereik en een of ander vorm van rassebotsing in die land mag voor die deur wees.”

big bad woolftopcargo

Plaasaanvalle styg

Statistiek toon dat gemiddeld twee boere per week tans in Suid-Afrika op hul plase vermoor word.

Agri SA is bekommerd oor dié toename in plaasaanvalle in die land oor die afgelope paar maande volgens ‘n berig op landbou.com.

Die voorsitter van Agri SA se veiligheidskomitee, André Botha, sê volgens die jongste beskikbare statistiek van die organisasie vind daar gemiddeld twee plaasaanvalle per dag plaas.

Hy sê hulle is baie bekommerd oor die huidige situasie. Die aanvalle het sedert Augustus verlede jaar gestyg.

Verkragtings op plase het met met 49% toegeneem het vergeleke met Oktober 2007.

onlineтопкарго отзывы

Zuma moet roekelose uitsprake repudieer vra TLU

TLU SA se Adjunk-president., Louis Meintjes, is deur die landbou-unie afgevaardig om persoonlik die replieke van die ministers van Landbou en van Landelike Ontwikkeling en van Grondhervorming, in die Parlement by te woon.

Meintjes het vandag tydens TLU SA se Algemene Raadvergadering terugvoer gegee oor sy besoek, en gesê dit is bemoedigend om te sien dat landbou weer ‘n minister het wat geesdriftig is oor haar portefeulje. Die feit dat sy nie die blanke boere tot vyande wil verklaar nie, kan uiteraard net positief ontvang word. Net so is TLU SA ook positief oor die Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming se planne om die platteland te ontwikkel, want dit kan net die plattelandse ekonomie bevoordeel.

Daar is egter sake in die parlement geopper, deur die betrokke ministers en ook die voorsitter van die portefeuljekomitee oor landbou, wat TLU SA minder opgewonde maak. Die indruk is telkens gelaat dat die ANC se Freedom Charter in baie gevalle geag word as gesag bo die land se Grondwet, en dat die hele proses ideologies gedryf word terwyl ekonomiese realiteite weer eens oor die hoof gesien word. Gedurige verwysing na die mislukking van die gewillige verkoper, gewillige koper-beginsel spel niks goed uit nie, veral as dit saamgelees word met uitsprake dat weer besin moet word oor die moontlikheid van onteiening. TLU SA in in hierdie geval ook teleurgestel oor die oënskynlike ommeswaai wat ‘n opposisieparty soos Cope oor hierdie saak gemaak het.

Byna oormatige klem is ook gelê op mikrolandbou, soos die geweldige ondersteuning wat vir opkomende boere en groentetuine betuig is, terwyl die kommersiële boere, wat tans 90% van die land se voedsel produseer, in ‘n groot mate tydens die parlementêre besprekings oor die hoof gesien word. “In wese sit ons sonder ‘n werklike kommersiële landbou begroting, en op hierdie stadium wil dit voorkom of daar nog nie ‘n duidelike skeiding is tussen die departemente van landbou en van grondherverdeling nie. Alhoewel die ministeries geskei is, lyk dit steeds of hulle gesamentlik opereer,” was mnr. Meintjes se opsomming van die begrotingsposte se besprekings.

Sekere teenstrydighede tussen die twee nuwe ministeries, en uitsprake van die voorsitter van die betrokke portefeuljekomitee, Lulu Johnson wat daarop neerkom dat hy beweer dat die boere die grond in elk geval gesteel het en daarom nie op enige vergoeding geregtig is nie, wys daarop dat president Zuma nog baie werk het om sy hele kabinet en administrasie op mekaar ingestel te kry, en veral in pas te kry met sy eie verklaring dat die land aan almal behoort: swart en wit. Hierdie boodskap het duidelik nog nie by al sy eie funksionarisse uitgekom nie, en mnr. Zuma behoort roekelose uitsprake soos dié van Johnson, onvoorwaardelik te repudieer.

Meintjes het tydens informele gesprekke met die minister en adjunk-minister van landbou kon ooreenkom tot spoedige verdere gesprekvoering.
колонны из гипса купитьАлександр Фильчаков Васильевич