Nicholas Wade-boek bring rassedebat na hoofstroom

deur Dan Roodt Tot dusver is ras as ‘n besprekingsonderwerp beperk tot genetici, onverskrokke intellektuele dissidente, asook polities korrekte skrywers wat herhaaldelik beweer het dat ras ‘n “blote sosiale konstruk” is. Onder die minder intelligente deelnemers word beskuldigings van “rassisme” gewoonlik lustig rondgeslinger. ‘n Nuwe boek wat so pas deur Penguin in die VSA uitgegee

Lees verder: Nicholas Wade-boek bring rassedebat na hoofstroom

Massiewe wapenskandaal oopgevlek

‘n Massiewe vuurwapenskandaal waarby ‘n egpaar uit die Oekraïene betrokke is, is tans besig om in die Johannesburgse landdroshof te ontvou. Die skandaal sal na verwagting lei tot ‘n grootskaalse ondersoek na korrupte polisiemanne wat wapens en ammunisie aan misdadigers verskaf. Duisende wapens is tydens die vuurwapenamnestie van 2009 aan die polisie oorhandig en geoormerk

Lees verder: Massiewe wapenskandaal oopgevlek

Minister keer Sanral wat plakkers uitsit

Die minister van Vervoer, Dipuo Peters het gelas dat die afsetting van plakkers in die Wes-Kaap deur Sanral tydelik opgeskort word. Die plakkers by Lwandle by die Strand en Peters het Dinsdagaand ‘n vergadering gehou. Die mense word intussen in gemeenskapsale gehuisves. Die balju, polisie en ander wetstoepassingsbeamptes van die Kaapstad-metro, het Dinsdag vir ’n tweede dag die

Lees verder: Minister keer Sanral wat plakkers uitsit

Bibberweer vir Kaap, Gauteng

Die winter se eerste sterk kouefront het Suid-Afrikaners in die Wes-Kaap Dinsdagnag getref. Sneeu kan ook op dele van die Wes- en Oos-Kaapse berge uitsak. Die eerste werklike winterkoue van die jaar is hier nadat baie koue toestande, wind en swaar reën wat daarmee gepaard gaan, ondervind is. Dit sal later vandag oor die oostelike gedeeltes

Lees verder: Bibberweer vir Kaap, Gauteng

VSA wil Franse bank met $10 miljard beboet

Frankryk se beleërde Sosialistiese regering veg tevergeefs teen die Verenigde State se voorneme om die grootste Franse bank, BNP Paribas, met $10 miljard (meer as R100 miljard) te beboet omdat die bank Amerikaanse sanksiewetgewing teen Iran sou oortree het. Daar is ook sprake daarvan dat BNP verbied gaan word om Amerikaanse dollars via die Federale

Lees verder: VSA wil Franse bank met $10 miljard beboet

Nuwe immigrasieregulasies vang talle onkant

Suid-Afrika se nuwe immigrasie-regulasies het talle onkant betrap. Die regulasies is selfs as “ongrondwetlik” bestempel. Malusi Gigaba, die nuwe minister van binnelandse sake, sal glo binnekort moet ingryp om die probeleme rakende die nuwe regulasies op te los, het opposisielede gesê. Immigrasiepraktisyns en ambassades ondervind glo probleme met die nuwe reëls. Die nuwe regulasies, wat

Lees verder: Nuwe immigrasieregulasies vang talle onkant

Taxi-gevegte in Lesotho spoel oor grens na SA

Taxi-gevegte het die verkeer op die grens tussen Suid-Afrika en Lesotho tot stilstand gedwing. Die oproer het oor die grens gespoel toe ‘n taxi uit Lesotho onder die klippe gesteek is. Motoriste kon laat Dinsdagmiddag steeds nie deur die grenspos beweeg nie. Die polisie het versterkings na die grens ontbied terwyl gesprekke tussen taxi-bestuurders voortduur. Minstens

Lees verder: Taxi-gevegte in Lesotho spoel oor grens na SA

Beeld en Blade sit veldtog teen PUK voort

Die Johannesburgse dagblad Beeld wat aan die begin van die jaar ‘n veldtog teen die Potchefstroomse kampus van die Noord-Wes-universiteit ontketen het met sy interpretasie van ‘n draai-armgebaar as “Nazi-saluut”, skaar hom in sy beriggewing openlik by die kommunistiese minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, wat ‘n verslag oor die universiteit aangevra het. Daar word

Lees verder: Beeld en Blade sit veldtog teen PUK voort

‘Palestynse regering van nasionale eenheid sal terreur versterk’

Israel se premier het ‘n beroep op wêreldleiers gedoen om nie die Palestynse regering van nasionale eenheid te erken nie. Dié regering sal na verwagting gevorm word met die militante groep Hamas. Benjamin Netanyahu het gesê die regering van nasionale eenheid sal “terrorisme versterk”, want Hamas vra glo vir die vernietiging van Israel. “Die internasionale

Lees verder: ‘Palestynse regering van nasionale eenheid sal terreur versterk’

Departement van basiese onderwys verwerp wiskundeverslag

Die departement van basiese onderwys het ‘n verslag deur die Wêreld Ekonomiese Forum oor die land se wiskunde en wetenskap-syfers verwerp. Die gehalte van Suid-Afrika se wiskunde- en wetenskaponderwys is die laaste uit 148 lande, volgens ‘n verslag Wêreld Ekonomiese Forum. Die departement sê die verslag is nie geloofwaardig nie en is nie ‘n korrekte

Lees verder: Departement van basiese onderwys verwerp wiskundeverslag