Beeld en Blade sit veldtog teen PUK voort

Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding
Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding

Die Johannesburgse dagblad Beeld wat aan die begin van die jaar ‘n veldtog teen die Potchefstroomse kampus van die Noord-Wes-universiteit ontketen het met sy interpretasie van ‘n draai-armgebaar as “Nazi-saluut”, skaar hom in sy beriggewing openlik by die kommunistiese minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, wat ‘n verslag oor die universiteit aangevra het.

Daar word vandag om 10:00 in Sandton ‘n vergadering gehou om te besluit wat in die verslag sal staan wat aan Nzimande voorgelê sal word. Beeld beskryf dit as ‘n “waarheidsmoment vir die instelling”, wat suggereer dat die koerant sou wou sien dat die PUK finaal van sy Afrikaanse taal en kultuur beroof word en verengels en verafrikaniseer word. Volgens die koerant is daar “verdelingslyne… tussen interne en eksterne raadslede… oor kultuurkwessies”.

Die taakspan wat oor die universiteit verslag moet doen, staan onder voorsitterskap van dr. Leon Wessels, een van die vorige NP-politici wat ANC-gevoelens ontwikkel het en ook as kommissaris van die Menseregtekommissie gedien het.

Aspekte van die verslag wat vooraf aan die media gelek is, sluit in dat:

  • ‘n eenvormige institusionele kultuur op al drie die NWU-kampusse gevestig moet word;
  • “korrektiewe stappe” op die Potchefstroom-kampus gedoen sal word;
  • “fascisme” op die kampus beëindig sal word en ‘n meer marxistiese benadering op die kampus, veral in die geesteswetenskappe, sal geld.

Benewens die redakteur van Beeld, Adriaan Basson, vir wie die Afrikaanstalige PUK ‘n steen des aanstoots is, het prof. Pierre de Vos van die Universiteit van Kaapstad insgelyks in Februarie die PUK in ‘n rubriek as ‘n “middelmatige universiteit” beskryf. Volgens De Vos is dit die geval omdat studente aldaar nie kan leer van studente wat “anders as hulle is (wat ras, hul seksuele oriëntasie, of taal betref) nie”.

28 thoughts on “Beeld en Blade sit veldtog teen PUK voort”

  1. Dis uit en uit ongrondwetlik, en Wessels behoort dit beter as gewone mense te weet. Ironies genoeg is daar in ander koerante op dieselfde tyd berigte oor inisiasie-skole. So een groep mag hul “kultuur” beoefen, terwyl ander nie mag nie. Weer een weer dieselfde ou “Animal Farm-storie”: “…. some animals are more equal than others. “

  2. Interessant, al die redakteurs van Naspers se anti-Afrikaner koerante, het aan Universiteit Stellenbosch studeer. De Vos is ook n raadslid aan die US. Vir hom wil ek maar net sê, mens is juis “anders” deur n trotse Afrikaner te bly. Deur verskille te erken en respekteer, plaas jouself op die morele hoë-grond. Nie deur die vernietiging daarvan nie.

      1. Dankie Trippie! Ek het ook n sterk vermoede dat hierdie redakteurs se pa’s almal broederbonders was. Hulle is juis deur Afrikaner-inisiatiewe geskool en bemagtig, en nou wil hulle dit alles uitwis! Ek vind dit laakbaar.

          1. Hoor, hoor!!! En so kom ons al hoe nader aan die waarheid. Vir wie het dit werklik oor die groter idee gegaan.

  3. Het kennis geneem van ‘n onlangse artikel deur Leon Wessels, wat die ontgroeningspraktyke op Potch moes ondersoek. Agterna gewonder of Wessels in geen opsig ontgroen is nie. Hoe sou hy die doopplegtigheid in ‘n kerk noem? As Wessels ‘n lid is/was van geheime organisasie soos die Broederbond (of die jonger weergawe, die Ruiterwag), of die Vrymesselaars, met hulle “ontgroeningspraktyke”, waar en hoe sal hy dit inpas in sy redenasie.
    Die stompsinnige Blade Nzimande is kennelik ook iemand opgesaal met sy eienaardighede en eienaardige houdings en ingesteldhede tov van ontgroening. Sou hierdie Swarte uit Afrika en vir Afrika as jeugdige Swarte ‘n inisiasiesermemonie moes deurgaan? In sy te-lyf-gaan van ontgroening en die uitbanning van elke lewenssfeer in hierdie kommunisties-bevryde land, gaan die inisiasie van Swart jeugdiges nou stopgesit word en wat gaan die Raad van Tradisionele Leiers daarvan sê, ou stomp lemmmetjie?
    Sien ook gisteraand op ANCBC-TV hoe ontsteld is die EVV van Julias oor hullle alte veel voel of hulle deur die Kaapse parlement as groentjies en nie volwaardige verteenwoordigers van hul “constituency” beskou word nie deurdat hulle as deel van hul inisiasieperiode net ekonomiese klas op die vallende SAA mag vlieg. Wonder watter ander “ontgroeningspraktyke” daar in hierdie hoogste instelling van gelykheid veral onder Swartes heers, goed soos om ‘n agterbanker te wees en ‘n nuwelingstoespraak te lewer.

  4. Dis alles net so verskriklik, dit laat ‘n mens sprakeloos. En Leon Wessels speel nog altyd iewers ‘n rol? Grotesk. Terloops, van wanneer af is hy dr? Seker ‘n ere doktorsgraad van ‘n politiek korrekte, Engelssprekende, Marxistiese, Bantoe universiteit.

  5. En vir daardie links-hupse NG Kerkleier van die Voortrekkers moet ons seker nou sê volgens dekreet van Blade is die dae van Penkoppe en Drawwers getel. En van nou af sal daar nie meer Boy’s’ Scouts wees nie, hulle is sommer net Scouts.

      1. Het elke ras, volk, kultuur en subkultuur nie maar syl eie mites, oorspronge, “waarhede”, wette, eerbied, eerbiedwaardighede en dan ook ontgroeningspraktyke nie? In daardie sin is die samevoeging van ongelyksoortiges in ons land die onverdraagsaamste tirannie te bedink

        1. Saamvoeg van ongelyksoortiges ? Jy kies jou woorde mooi , Koos .Ek verstaan nie dat mense elke dag op mikro-vlak in hul lewens keuses uitoefen wat hulle ‘afskei’ van ander ( watter skool , watter winkel , watter kerk, watter bank , ens.ens ), maar hulle kan nie verstaan as mense soos ek ook op makro-vlak wil ‘ afskei ‘ nie .

          1. Dis Calvyn se woordkeuse. Hulle verkeer maar onder die dwang van politieke ongeletterdheid en kan nie lyne van mikro- na makrovlak trek nie. Totdat ‘n gesins- of familielid op ‘n dag in ‘n plas bloed gevind word.

  6. Deel van die Wit liberalis in ons land se krisis is dat waar hy in die dae (tradisioneel) alles by dekreet wou toelaat (dis ontgroening ingesluit?), moet hy nou alles van die Witman wegvat (soos ‘n nazi-saluut in ‘n ontgroening).

  7. Sien die humor raak in die desperate pogings van die FW de Klerk “clan” Kyk, almal het nou al n poging aangewend om die vorige hopelose een te vervang – om ons nog steeds te probeer onderploeg. Beginnende met FW – een vir een verneder en die
    aftog geblaas – ou FW toe Pik toe Roelf – toe n hele hoop Naspers verslaggewers ondersteun deur Leopoldt Scholtz uit Brussels (wat hulle verbeel hulle is joernaliste) en nou ou Leon Wessels. Wat ek vandag nie kan begryp nie hoe het dit gebeur dat sulke stom onnosel mense in ons regeringstruktuur beland het?

    Nou wat die gepiep van ou Pierre de Vos is – wat n regsgeleerde in Gayregte is met die PUK te doen het verstom my – dan moes ek nou weer eers gaan google om te onthou wie Basson is – Werknemer van Beeld – en wat maak sy mening belangrik?

    Nou wend die hopelose NP oorblyfsels hulle na keffende brakkies toe? Vir my bly dit van desperaat na sleg desperaat toe en baie snaaks.

  8. Ek self kom nie van PUK nie en het geen belang by hulle nie. Die ander Universiteite en so ook die snobs wat by meeste van hulle studeer het, sien PUK as ‘n “middelmatige” universiteit (soos hierbo vermeld – soos de Vos). My ervaring van die studente wat egter daar uitkom is HEELTEMAL die teenoorgestelde – (Ja dit is beperk tot Elektriese Ingenieurs) Die mense is knap, hardwerkend, verstaan waarmee hulle besig is ens. – Alles eienskappe wat ‘n aanwins is in die werksplek.

    Vandat PUK ‘n “Afrikanerhawe” geword het, het hulle standaard in my opinie nog verbeter – soveel so dat hulle van die ander universiteite op hulle neuse laat begin kyk en daar is GROOT jaloesie hieroor.

    As hierdie aanslag van die kommunistiese lem nie slaag nie, sal daar vele andere wees wat gaan kom – ook baie uit ander universiteite (Soos de Vos)

    De Vos wil die studente nie leer nie, maar indoktrineer in al die “skeefhede” van die liberale gedagtegang. (Hy is besig om die room van die land te perversifiseer met liberale drekdenke – Universiteite is instellings van leer, dink, ondersoek, navors en daarvoor word vrye denke benodig, maar sy tipes misbruik dit om perversiteit vir studente as “normal” voor te stel – HIERIN mag jy nie jou gesonde verstand gebruik en besef dis verkeerd nie)

  9. Let op wat skryf Wessels in vanoggend se Beeld. Hy probeer steeds op n slinkse manier die transformasieproses aan Pukke regverdig deur die Afrikaner te etiketteer en steriotipeer, en dit nadat ons reeds al ons ander Afrikaanse universiteite verloor het! Hy word verseker deur die ANC betaal en word moontlik ook deur n anti-Afrikaner Stellenbosch beinvloed.

Maak 'n opvolg-bydrae