Israel se premier het ‘n beroep op wêreldleiers gedoen om nie die Palestynse regering van nasionale eenheid te erken nie. Dié regering sal na verwagting gevorm word met die militante groep Hamas.
Benjamin Netanyahu het gesê die regering van nasionale eenheid sal “terrorisme versterk”, want Hamas vra glo vir die vernietiging van Israel.
“Die internasionale gemeenskap moet dit nie omhels nie,” het Netanyahu aan die begin van sy weeklikse kabinetsvergadering gesê.
Die Palestynse president Mahmoud Abbas sê sulke vrese is ongegrond. Hy het gesê die regering sal saamgestel word uit apolities tegnokrate en sal Israel erken en afstand doen van geweld .
Die nuwe regering is bedoel om ‘n sewe-jaar verdeling tussen Hamas en Abbas se mededinger Palestynse beweging, Fatah te beëindig.
Alhoewel Hamas nie in die regering sal sit nie, het hulle ingestem om dit te steun.
Israel sê Hamas wat as ‘n terroriste-organisasie deur Israel en die Weste beskou word, kan nie ‘n rol in die regering van die Palestyne speel nie totdat dit afstand doen van geweld.
