
Suid-Afrika se nuwe immigrasie-regulasies het talle onkant betrap. Die regulasies is selfs as “ongrondwetlik” bestempel.
Malusi Gigaba, die nuwe minister van binnelandse sake, sal glo binnekort moet ingryp om die probeleme rakende die nuwe regulasies op te los, het opposisielede gesê.
Immigrasiepraktisyns en ambassades ondervind glo probleme met die nuwe reëls.
Die nuwe regulasies, wat onlangs in die Staatskoerant gepubliseer is, bepaal onder meer dat buitelanders wat langer in die land vertoef as waarvoor hul permitte voorsiening maak, as ongewenste persone gelys sal word.
‘n Vrou is glo tans in Duitsland gestrand is omdat sy as ’n ongewenste persoon gelys is.

“probeleme”
m.a.w. dan is daar 20 miljoen + persone wat nou n probleem het, al die kiessers van die ANC..
Waaroor is die ANC nou so bekommerd oor buitelanders? Hoekom het julle in die eerste plek die situasie laat ontwikkel?
Hulle het n perd opgesaal wat hulle stellig nie kan ry nie. Sommer n wille perd.
Sjoe, maar die lot kan darem baie werk vir hulself maak! Waaroor die bohaai, dit gaan dan nou al jollie sedert ’94, wat is NOU fout? Het seker besef die verhouding tussen belasting betalers en toelaag ontvangers ‘n problem skep?
Wat van buitelanders wat hier by ons op “permanente verblyf” is? Hulle het werk en besighede, maar as dit hier te ongemaklig word het hy sy paspoort en vlieg huis toe. Ek dink die regiering moet hulle laat besluit om Burgers van ons land te word, of ………. pak jou goed en.trek Verreira.