
Suid-Afrika se nuwe immigrasie-regulasies het talle onkant betrap. Die regulasies is selfs as “ongrondwetlik” bestempel.
Malusi Gigaba, die nuwe minister van binnelandse sake, sal glo binnekort moet ingryp om die probeleme rakende die nuwe regulasies op te los, het opposisielede gesê.
Immigrasiepraktisyns en ambassades ondervind glo probleme met die nuwe reëls.
Die nuwe regulasies, wat onlangs in die Staatskoerant gepubliseer is, bepaal onder meer dat buitelanders wat langer in die land vertoef as waarvoor hul permitte voorsiening maak, as ongewenste persone gelys sal word.
‘n Vrou is glo tans in Duitsland gestrand is omdat sy as ’n ongewenste persoon gelys is.
