Departement van basiese onderwys verwerp wiskundeverslag

mathDie departement van basiese onderwys het ‘n verslag deur die Wêreld Ekonomiese Forum oor die land se wiskunde en wetenskap-syfers verwerp.

Die gehalte van Suid-Afrika se wiskunde- en wetenskaponderwys is die laaste uit 148 lande, volgens ‘n verslag Wêreld Ekonomiese Forum.

Die departement sê die verslag is nie geloofwaardig nie en is nie ‘n korrekte weerspieëling van die stand van onderwys in Suid-Afrika nie.

Volgens die verslag getiteld “Global Information Technology Report 2014” vaar SA swak in ‘n netwerkgereedheidsindeks (NRI).

Suid-Afrika vaar glo met “vaardighede” swakker as Haïti, Lesotho, Tsjad, Zimbabwe, Nigerië, en Kenia.

Dié indeks bepaal die toestand van inligting en kommunikasietegnologie. Daarvolgens is die gehalte van die land se wiskunde en wetenskaponderwys die swakste uit 148 lande.

Die departement sê egter dat die verslag nie sy bevindinge grond op enige wesenlike toetse wat deur leerlinge gedoen is nie en dat die forum ook nie inter-aktief by leerlinge betrokke was nie.

Daar is 10 verskillende sub-kategorieë waaruit die algehele NRI posisie bepaal word.