LUR van Vervoer sorg dat Johannesburg lamgelê word deur taxi-geweld

Die polisie is in groot getalle in Soweto, Johannesburg, ontplooi waar ten minste vyf taxistaanplekke van vandag af gesluit sal wees.

Dit volg te midde van die voortgesette geweld en moorde oor roetes tussen die strydende taxiverenigings, Nanduwe en WATA.

Die Gautengse LUR vir Vervoer, Ismail Vadi het vroeër besluit dat die betrokke taxistaanplekke gesluit en roetes opgeskort word totdat ‘n oplossing gevind kan word. Die Metropolisie asook die Gautengse verkeerspolisie is in die gebied ontplooi.

Talle mense is ook reeds in die beseer. Die Gautengse departement van Paaie en Vervoer het vroeër aangekondig dat daar besluit is om die staanplekke en roetes vir ‘n maand te sluit. Dit raak die twee taxiverenigings Nanduwe en WATA.

Die taxi’s is geaffilieer by die Nancefield Dube West-taxi-vereniging (NANDUWE) en die Witwatersrand-taxi-vereniging (WATA).

Die sluiting is Dinsdag aangekondig ná ‘n geskil tussen die twee taxi-verenigings wat maande lank al woed.

Ismail Vadi het gesê hulle moet nou die lewens van onskuldige mense wat in die kruisvuur beland, red omdat die oorlog tussen die mededingende verenigings net verder uitkring.

Dit is duidelik dat Vadi geen beheer meer het oor die geweld nie en dit nou maar ‘n probleem van die hele stad gemaak het. Johannesburg lyk vanoggend soos ‘n spookdorp.

“Onlangs is twee onskuldige mense doodgeskiet,” het Vadi gesê en bygevoeg dat 30 mense in hegtenis geneem is van albei strydende groepe.

“Wetstoepassingsagentskappe ondersoek minstens 13 moordsake. As jy die sak knyp, maak dit die meeste seer,” het Vadi verklaar, kennelik onder die indruk dat geldsake die geweld regverdig.

Vadi het gesê dat hierdie besluit geneem is nadat swaar gewapende mans wat aan beide verenigings gekoppel is, in die teenwoordigheid van wetstoepassers gebots het.

“Hulle het die paaie in die Johannesburgse sakegebied onwettig geblokkeer. Die sluiting van die betrokke roetes begin 13 Julie tot 13 Augustus.”

Taxi-geweld eis motoris se lewe

‘n Motoris is in KwaMahlanga, oos van Pretoria aangerand en aan die brand gesteek ná ‘n skietery tussen hom en taxi-operateurs.

Volgens ooggetuies is die motoris na bewering deur die taxi-operateurs aan die brand gesteek. Die polisie het hom te hulp gesnel en hy is hospitaal toe gehaas.

Taxibestuurders het vroeg vanoggend na sporadiese aanvalle op hulle na die KwaMahlanga Taxivereniging opgeruk.

Verlede week is minstens vier mense in ‘n verbyry-skietery geskiet. Twee vroue is dood nadat hulle deur dwaalkoeëls getref is.

Daar word vermoed dat die geweld spruit uit geskille tussen strydende taxiverenigings.

Taxi-baas doodgeskiet

Die Noordwes-polisie het nog niemand in hegtenis geneem in verband met die skietdood van Jeffrey Mbambane (55), die voorsitter van die Groter Stilfontein Taxi-vereniging in Klerksdorp nie.

Mbabane is gisteraand deur ‘n onbekende persoon in sy huis doodgeskiet. Polisiewoordvoerder Paul Ramaloko sê Mbabane is een keer in die kop geskiet terwyl hy op sy rusbank gesit en televisie kyk het.

Ramaloko het aan OFM-nuus gesê die motief vir die misdaad is op dié stadium nog onbekend.

Taxigeweld by Ellisras

Geweld het tussen twee taxiverenigings uitgebreek Donderdag in Marapong naby Ellisras (Lephalale), het die polisie in Limpopo gesê.

Vier mense wat in hegtenis geneem is nadat sewe voertuie, ‘n huis en drie spaza-winkels in Limpopo aan die brand gesteek is, sal vandag in die Lephalale landdroshof verskyn.

Die vier is glo deel van ‘n groep taxi-operateurs wat hulself tot geweld gewend het.

“Ons het vanoggend ’n oproep van ’n gemeenskapslid ontvang wat gesê het iemand word in Marapong aangerand,” het ao. Frans Mokoena, polisiewoordvoerder, Donderdag gesê.

“Die gevegte was tussen die plaaslike taxiverening en die nuut gevormde meter-taxigroep.”

Twee mense uit elk van die organisasies is in hegtenis geneem, het Mokoena gesê.

’n Beseerde taxibestuurder is in ’n hospitaal opgeneem nadat sy voertuig met klippe bestook is.

Die polisie het meter-taxi operateurs beveel om hul ritte tussen Lephalale en die Marapong township, sonder die nodige permitte, te staak.

Vroeër het ‘n woordvoerder van die departement van Vervoer, Veiligheid en Skakeling, Mafenya Lediga gesê hulle gaan met die betrokkenes praat om die kwessie van bedryfspermitte op te los.

Taxi-gevegte in Lesotho spoel oor grens na SA

maseru-8Taxi-gevegte het die verkeer op die grens tussen Suid-Afrika en Lesotho tot stilstand gedwing.

Die oproer het oor die grens gespoel toe ‘n taxi uit Lesotho onder die klippe gesteek is. Motoriste kon laat Dinsdagmiddag steeds nie deur die grenspos beweeg nie.

Die polisie het versterkings na die grens ontbied terwyl gesprekke tussen taxi-bestuurders voortduur.

Minstens twee mense het skietwonde opgedoen en ‘n onbekende aantal het geringe beserings opgedoen in ‘n vars taxi-geweld in Lesotho se hoofstad, Maseru.

Pendelaars was verlede week gestrand gelaat toe privaat taxi- en busoperateurs besluit het om te staak weens ‘n gebrek aan veiligheid na aanleiding van die skietery.

‘n Taxi-bestuurder is glo deur een van die regering se buswerknemers geskiet.

Die privaat taxi-ondernemers het klein blokkades op die groot paaie gehou sodat die stad se regeringsbusse nie die roetes kon gebruik nie.

Geweld het uitgebreek en ‘n man is geskiet nadat geweerskote weerklink het en klippe na die polisie gegooi is.

Die taxi-oorlog in Lesotho is verskerp sedert die regering van premier Pakalitha Mosisili besluit het om die regering se busdiens te verbeter omdat die private operateurs glo volgens hom onbetroubaar is en die opposisie ondersteun wat die regering omver wil werp.

Die taxi- en privaat busoperateurs het intussen ‘n petisie aan die regering oorhandig om te kla onder meer oor die bykomende regeringsbusse op die plaaslike roetes sowel as vasgestelde tariefpryse, wat operateurs voel nie ooreenstem met die stygende koste van onderdele en brandstof nie.

Die situasie bly gespanne in die meeste hoofroetes na die stad , terwyl swaar gewapende polisie ‘n oog hou.

Taxigeweld ruk heeltemal hand uit

Taxigeweld in Johannesburg is besig om heeltemal hand uit te ruk, het die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad, Santaco, Woensdag gesê.

PhilipTaaibosch, die sekretaris-generaal van Santaco, het Woensdag gedurende ’n nuuskonferensie gesê die geweld spruit uit frustrasie dat die regering die rol van die industrie in die land verontagsaam.

Sowat 60 taxi-operateurs is sedert die naweek weens openbare geweld in hegtenis geneem.

“Terwyl die hele Suid-Afrika se aandag nou op Johannesburg gevestig is en verdere kommer voor die 2010 Wêreldbeker die lig gesien het, doen ons ’n beroep op die stad Johannesburg om terug te staan want die gevolge van hulle aksies is besig om uit te kring na ander dele van die land.”

Taaibosch het gesê die regering wat voortdurend versuim om saam te werk, gee aanleiding tot ‘n nasionale staking wat dreig om uit te breek.

“2010 word nie as ‘n platform gebruik nie. Ons ondersteun dit en sien uit daarna, maar indien dit gebeur dat die staking tot die Wêreldbeker voortduur, is dit nou maar so, maar dit word nie beplan nie.”

Taaibosch het gesê die taxi-operateurs is baie bekommerd oor voortdurende intimidasie en ongelukkig met al die “razzmatazz” ly die pendelaars daaronder.

“Dit is onregverdig. Dit is nie ’n polisiestaat nie. Dit lyk egter of ons een word,” het Santaco se uitvoerende lid in Johannesburg, Frans Mashishi gesê.

Mashishi het gesê lede is ook ongelukkig oor die feit dat hulle nie by enige vervoerreëlings van die Wêreldbeker ingesluit is nie.

99spravok.ruФильчаков прокурор