Die Noordwes-polisie het nog niemand in hegtenis geneem in verband met die skietdood van Jeffrey Mbambane (55), die voorsitter van die Groter Stilfontein Taxi-vereniging in Klerksdorp nie.
Mbabane is gisteraand deur ‘n onbekende persoon in sy huis doodgeskiet. Polisiewoordvoerder Paul Ramaloko sê Mbabane is een keer in die kop geskiet terwyl hy op sy rusbank gesit en televisie kyk het.
Ramaloko het aan OFM-nuus gesê die motief vir die misdaad is op dié stadium nog onbekend.

Hmmm, soveel binnegevegte, g’n mens weet meer wanneer om die vleisie reg te kry nie.
Mooi man
Mooi man, wis mekaar uit.
Hy het gesit en TV kyk.
Dit is baie nadelig vir jou gesondheid om TV te kyk.