praag.co.za

Tag: Stilfontein

  • Kragtige aardbewing skud Suider-Afrika

    ‘n Kragtige aardbewing van 6,5 op die Richterskaal het ‘n yl bevolkte gebied in Botswana Maandagaand geskud. Geen sterftes is aangemeld nie.

    Die skudding was sowat 230 kilometer noordwes van Gaborone en was op ‘n diepte van 29 kilometer. Die skudding om 20 voor agt gisteraand is tot in buurlande gevoel.

    Verskeie berigte is ontvang dat die skudding duidelik in Gauteng gevoel kon word. In Johannesburg is twee geboue as voorkomingsmaatreël ontruim.

    ‘n Seismoloog van die raad van geo-wetenskap, Dr. Martin Brandt, sê die skudding om agt minute oor vyf, was inderdaad ‘n aardbewing. Brandt sê egter daar is nie rede tot kommer nie.

    Hy sê die aardbewing van 4,6 se epi-sentrum was in die Klerksdorp-omgewing in Noordwes. Dit is so ver as Welkom in die Vrystaat en Pretoria en Johannesburg in Gauteng gevoel.

    Noordwes se regering het bevestig dat ‘n aardbewing in die vroeë oggendure van Maandag 5.2 op die Richterskaal geregistreer het.

    Die aardbewing was 5 km onder die aarde se oppervlak en sy episentrum was binne 8 km van die Noordwes dorpie Stilfontein.

    LUR Galaletsang Gaolaolwe sê die provinsiale rampbestuur se span is gestuur om die situasie te evalueer.

    ESKOM het bevestig dat daar slegs ‘n kragonderbreking was wat reeds reggestel is. Die Kamer van Mynwese en die Departement van Minerale Hulpbronne het ook bevestig dat daar geen beserings was nie.

    Kragtige aardbewings in Suider-Afrika is ‘n seldsame verskynsel. Mosambiek het in 2006 deurgeloop onder ‘n skudding van 7,5 waarin vier mense omgekom het.

  • Taxi-baas doodgeskiet

    Die Noordwes-polisie het nog niemand in hegtenis geneem in verband met die skietdood van Jeffrey Mbambane (55), die voorsitter van die Groter Stilfontein Taxi-vereniging in Klerksdorp nie.

    Mbabane is gisteraand deur ‘n onbekende persoon in sy huis doodgeskiet. Polisiewoordvoerder Paul Ramaloko sê Mbabane is een keer in die kop geskiet terwyl hy op sy rusbank gesit en televisie kyk het.

    Ramaloko het aan OFM-nuus gesê die motief vir die misdaad is op dié stadium nog onbekend.

  • Onverwerkte riool spoel in Vaalrivier

    Die Matlosana-munisipaliteit by Stilfontein is glo besig om die Vaalrivier te besoedel met onverwerkte riool.

    Die rioolstelsel in Stilfontein is gebrekkig, of werk glad nie, en onverwerkte riool spoel in die Koekemoerspruit in wat direk in die Vaalrivier vloei.

    ‘n Klag is glo reeds by die Groen Skerpioene gelê.

    Die ANC-beheerde munisipaliteit se verantwoordelikheid om skaars waterbronne te beskerm, moet ‘n prioriteit wees het opposisiepartye gesê.

    Daar bestaan tans ‘n gesondheidsrisiko vir gebruikers van Vaalrivierwater.

  • Mynbou veroorsaak grootste skudding

    Suid-Afrikaners moet hulself voorberei op nog meer aardbewings.

    Die Raad vir Geowetenskap van Suid-Afrika het bevestig dat die Orkney-aardbewing op 5 Augustus nou die grootste myn-verwante seismiese gebeurtenis is wat ooit aangeteken is in Suid-Afrika.

    Dit het aan die lig gekom tydens ‘n seminaar van die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) oor aardbewings aangebied in Pretoria.

    Die skudding was gesentreer in Orkney, ‘n dorp geleë sowat 120 km suidwes van Johannesburg met ‘n hoë konsentrasie van diep goudmyne in die Klerksdorp-Orkney-Stilfontein-Hartebeesfontein (KOSH) area.

    ‘n Swart man, 31, het sy lewe verloor nadat ‘n muur ineengestort het in ‘n mynbou-nedersetting naby Orkney.

    ‘n Totaal van 600 huise in die Khuma-lokasie naby die episentrum, is erg beskadig en minstens 34 mynwerkers is beseer.

    Inwoners in Gauteng, KwaZulu-Natal, Mpumalanga, die Vrystaat en so ver as Botswana het die trilling gevoel.

    Die raad se Michelle Grobbelaar sê ​​die aardbewing het ‘n 5,5 gemeet op die Richterskaal, groter is as die 5,3 Stilfontein aardbewing van 2005.

    Sy sê die gebeurtenis het op ongeveer vyf kilometer onder die oppervlak plaasgevind.

    Wits Universiteit se seismoloog professor Ray Durrheim sê seismiese gebeure sal voortgaan om vir so lank as mynbou voortgaan.

    “Daar is mense wat opgelei is om te handel met aardbewings, maar kry ons een van hierdie seldsame gebeurtenisse, moet ons hulpbronne nie oorweldig word nie.”

    Hy sê rampbestuur agentskappe moet aardbewings in hul beplanning insluit.

    Durheim, en `n span navorsers het gevind dat meer as 90 persent van aardskuddings in Suid-Afrika aan goudmyne toegeskryf kan word.

    Durrheim sê mynbou oor meer as 100 jaar het bygedra tot die druk op die kontinentale plate. Volgens hom, kan groot aardbewings in `n stabiele kontinentale streek voorkom.

    Beeld het voorheen berig dat die episentrum deur die Amerikaanse geologiese opname (USGS) bepaal is en dat dit “enkele kilometer van Khuma, Orkney, Stilfontein en Klerksdorp” was.

    Dr. Herman van Niekerk van die departement geologie aan die Universiteit van Johannesburg wat in strukturele geologie spesialiseer, sê die fokuspunt van die aardbewing was “10 km onder die aardoppervlak, sowat 6 km van Orkney in Noordwes”.

    Die episentrum was in dié provinsie se goudveld, “maar het volgens Van Niekerk niks met mynboubedrywighede te doen nie” het Beeld berig.

    In 2005 het ʼn soortgelyke aardbewing ‘n woonstelblok in Stilfontein vernietig is.

    Strukturele skade aan geboue en huishoudelike artikels in die KOSH-area wat deur mynbou veroorsaak word beteken dat versekeringsmaatskappye nie eise uitbetaal nie.

    Versekeringsmaatskappye betaal wel vir skade wat deur natuurrampe veroorsaak word.