Nog inhegtenisnemings word verwag nadat ses munisipale werknemers van die Tshwanemunisipaliteit in Pretoria weens bedrog van miljoene rand in hegtenis geneem is. Die ses munisipale werknemers van Marabastad sal na verwagting Vrydag in die hof verskyn, nadat hul vlootbestuurafdeling vir miljoene rande se bedrog vasgevat is. Die Metropolisie se anti-korrupsie-eenheid het Donderdag die werknemers by hul
Leon Wessels dien, soos vele voor hom, die Britse Ryk
deur Dan Roodt [followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’] Hou van Dan Roodt se Facebookblad Leon Wessels se ongevraagde aanval op Afrikaans in Beeld waarin hy diegene wat op ons grondwetlike en internasionale taalregte aandring van “‘n buffelagtige gestamp en stoot” beskuldig, moet beantwoord word. In die eerste plaas behoort Wessels te let op die anglisismes
Lees verder: Leon Wessels dien, soos vele voor hom, die Britse Ryk
G7 val uitmekaar nadat Obama Rusland met oorlog dreig
Wêreldleiers van die G7 wat president Wladimir Poetin van Rusland uitsluit, het Woensdagaand in Brussel vergader te midde van aanduidings dat die sogenaamde Westerse koalisie besig is om uitmekaar te val. Die G8 wat oorspronklik Rusland ingesluit het, sou voorheen in Sochi na die Winterspele byeenkom, maar na die Amerikaans-gedrewe staatsgreep in die Oekraïene is
Lees verder: G7 val uitmekaar nadat Obama Rusland met oorlog dreig
Jeugliga hou optog na koerant-hoofkantoor
Die ANC Jeugliga gaan vandag ‘n optog hou na die kantore van die Mail en Guardian-koerant in Rosebank. Volgens die Liga is die koerant “een van die mediahuise wat bereid is om propaganda van ‘n teen-revolusie teen die ANC ter ondersteuning van die opposisie te bevorder”. Die koerant se redakteur Angela Quintal het in reaksie
Onderwyser wat swartes glo demone noem, geskors
Die Nasionale Kunsskool in Braamfontein het bevestig dat ‘n onderwyseres wat van rassisme beskuldig word, geskors is, het RSG berig. Die Graad Agt geskiedenisonderwyseres het na bewering aan leerders gesê dat swartmense demone is, en dat die regering misluk omdat swartmense aan die hoof daarvan staan. Die skool se beheerliggaam sê sy sal nie weer
Lees verder: Onderwyser wat swartes glo demone noem, geskors
Onder DA word Wes-Kaap dwelmnes
Onder die DA-bewind in die Wes-Kaap is dwelmmisbruik kommerwekkend aan die toeneem en daarmee saam ook misdaad. Terwyl Kinderbeskermingsweek landwyd gevier word, het dit aan die lig gekom dat dwelms die provinsie instroom. Die Wes-Kaapse minister van Gemeenskapsveiligheid, Dan Plato, het sy ernstige kommer uitgespreek oor die verspreiding van dwelmmisbruik onder kinders in kleiner gemeenskappe.
Teksboodskappe verbode in SAR
Teksboodskappe word tans in die SAR as ‘n veiligheidsbedreiging beskou. Enige een wat ‘n teksboodskap in dié land probeer stuur, kry van Maandag af ‘n boodskap wat lui: “SMS verbode”. Die regering van die Sentraal-Afrikaanse Republiek het selfoon-teksboodskappe verbied in ‘n poging om die konflik-geteisterde land te stabiliseer. Volgens die telekommunikasie ministerie word teksboodskappe gebruik
SA dokter in Oz vermoor
’n Suid-Afrikaanse dokter wat sowat ses jaar gelede saam met haar gesin Australië toe geëmigreer het, is glo deur haar man, ook ‘n medikus, in haar bed vermoor. Haar twee tienerseuns het haar dood in haar bed in dié land aangetref, het Beeld berig. Dr. Leonie Geldenhuys (46) se seuns van 13 en 18 jaar
Tien brand dood in gru-ongeluk
Tien mense het Woensdagaand doodgebrand na ‘n botsing tussen ‘n bus, ‘n vragmotor en ‘n derde voertuig op die R40 naby Witrivier in Mpumalanga. ‘n Woordvoerder van die provinsie se Departement van Gemeenskapsveiligheid, Joseph Mabuza, sê tot dusver het die ondersoek daarop gedui dat die vragmotorbestuurder beheer oor sy voertuig verloor en teen ‘n bus
Twee vermeende kinderverkragters vas
Die polisie op Beaufort-Wes het twee vermeende verkragters van twee minderjariges in hegtenis geneem. Die swart mans word verdink van die verkragting van ’n 10-jarige meisie en ’n 16-jarige seun. Hulle verskyn Donderdag in die hof. ’n Man van 20 en ’n tiener van 17 is Dinsdag in hegtenis geneem. Kapt. Malcolm Pojie, ’n polisiewoordvoerder, het
