Onder DA word Wes-Kaap dwelmnes

tik2Onder die DA-bewind in die Wes-Kaap is dwelmmisbruik kommerwekkend aan die toeneem en daarmee saam ook misdaad.

Terwyl Kinderbeskermingsweek landwyd gevier word, het dit aan die lig gekom dat dwelms die provinsie instroom.

Die Wes-Kaapse minister van Gemeenskapsveiligheid, Dan Plato, het sy ernstige kommer uitgespreek oor die verspreiding van dwelmmisbruik onder kinders in kleiner gemeenskappe.

Kinders op die platteland in die Wes-Kaap is skynbaar besig om in verslawing te verval.

Plato sê kleiner dorpe soos Bredasdorp, Worcester en Knysna het die teikenmark vir dwelmhandelaars geword.

Volgens die jongste berigte is daar weens ‘n skerp styging in die getal tikverslaafdes ‘n toename in misdade soos moorde, verkragtings en inbrake buite groot stedelike sentrums.

Plato sê sy departement sal die gebiede wat geraak word, binnekort besoek.

15 thoughts on “Onder DA word Wes-Kaap dwelmnes”

    1. Ja soos ek ook gesê het met die storie van die plakkers wat uitgesit is, dit is nou die strategie van die ANC om die DA op elke gebied moontlik aan te vat en in onguns te bring. Dit is n kwaai maar miskien ook n nodige toets om te sien of hulle kan” uithaal en wys”. Die instroom kan ook maar voor die ANC se deur gelê word want hulle vry mos na die chinese en laat ander bevolkings groepe toe oor die grens, wat hulle nou skielik strenger wil beheer.
      Ek lag daaroor. Dit is mostert na die maal. Hulle het self vir hulle agterente n lat gepluk en moet nou maar die slae vat, en dit nie wegstoot na ander toe nie.

    2. Trip, ek voel hulle moet die agente en verspreiders al die dwelms in hulle besit binne een uur voer. As hulle oorleef is hulle verslaafdes en word gestuur vir rehabilitasie, indien nie, kry hulle wat hulle verdien – ‘n wrede chemies geinduseerde pyndood vir al die menselewens wat hulle verwoes.

  1. dat ‘breed’ komt kijken naar de ellende die dit regiem met quasi oppositie opbouwt en vergroot, heeft niemand wat aan en mondt uit in platvloers ramptoerisme.

    Deze rechtstaat is, door de houtgreep van de falende politiek, om bekende en immorele reden, niet genegen groepsaansprakelijkheid(aanspreeklikheid) door te voeren en laat zomaar drie of vier onverschrokken daders van de Anene Booysen slachting in Bredasdorp vrij. Dat schept zoals bekend en dus gewenst een precedent.

    Heeft niet elke burger de plicht hulp te verlenen i.p.v. een monsterlijke groepsverkrachting te faciliteren of eraan deel te nemen ?

  2. Dwelmverslawing in sy geheel sal seker nooit verhoed kan word nie, maar ja, hierdie euwel is besig om die Wes-Kaap te verlam. Al die owerhede stem saam dat drastiese stappe nodig is, maar dit blyk hierdie owerhede self is so haaks met mekaar dat hulle nie in staat is om iets konstruktief te doen nie. Die oplossing betrek baie entiteite en sal nie oornag gebeur nie, maar begin tog net asseblief met iets en vergeet van politieke speletjies te speel.

    1. Jaycee ek begryp nie heeltemal wat jy met politieke speletjies bedoel nie
      maar dit daargelaat.

      Die Feit van die saak is dat Die DA goed begin het en hoemeer swartes
      ingeleep is in die bestuur hoe meer het die DA agteruit geboer tot waarhulle
      nou op dieselfde breedtegraad is as die ANC regering.

      Dan die grootste probleem van die hele land is onbekwame onopgeleide
      onverantwoordelike ANC en nou ook DA regering. Die ANC het geen van hulle beloftes nagekom nie en die land se grense oopgegooi om dit wat hier is wat na die wettige burgers toe moes gaan nooit gerealiseer het nie.

      Dwelms is maar nog net n simtoom van die onbevoegdheid van die regering. In elkgeval voel ek vere vir enige dwelm verslaafde – mense word van kleinaf
      gewaarsku en nogtans gaan gebruik hulle dit, soortgelyk aan rokers en drinkers.
      Dit het niks te doen met politiek nie dit het alles te doen met twee hopelose
      onbekwame regerings – die DA en die ANC – met n oorvrete dik hopelose
      polisieringsmense, ek kan hulle nie polisie noem nie – en beloftes van werkskepping wat ek jou nou hier se noooooooit gaan realiseer nie.

      Ettienne Prinsloo jy kan sommer ook hier saamlees.

      1. Riempies, in breë trekke stem ek saam met jou. Wat ek met speletjies bedoel is dat beide die ANC en die DA poog om politieke munt uit hierdie mense-tragedie te slaan. Maar terwyl die twee groot honde baklei kom die sluwe “buitelanders”, van binne en buite SA en stap met die spreekwoordelike been weg – die been hier is veral ons Kleurlinggemeenskap wat eers links en regs deur ‘n vorige regering geklap en verneder is, en nou ‘n ANC/SAKP gebroedsel wat op hulle beurt nie ‘n flenter vir die Kleurlinge omgee nie. Dit skep die wonderlike geleentheid vir die vreemdelinge om hierdie gemeenskap uit te buit en met dwelmverslawing die Kleurlinge in ‘n amper meer kwesbare situasie plaas. Vir hulle gaan dit oor geld. Ek voel regtig jammer vir wat met die Kleurlinge gebeur, dis asof hulle nooit ‘n kans gegun was nie. En die owerhede wat moet help om hulle volwaardig op die been te bring, is te besig om hulle eie belange voorop te stel en die Kleurlinge moet weer eens aan die agterspeen suig. Ek glo mense wat onder haglike sosiale omstandighede leef sal meer vatbaar wees vir dwelmverslawing. Waar ek pertinent met jou verskil is dat ek wel omgee vir die dwelmverslaafde. Dankie vir jou antwoord en dat ek so bietjie gedagtes met jou kon wissel.

  3. Gee Praag nou voor dat die DA doelbewustelik dwelmverslawing bevorder? En vir watter rede nogal? Bring asb bewyse, dit is wat goeie joernaliste doen. Kaapstad, het massiewe probleme met die toestroming van mense uit ander dele van SA en Afrika, insluitend Nigeriers. Lg groep het misdaad hulle geloof gemaak. Daarbenewens is polisiering in SA pateties. Die bendekultuur bestaan al in Kaapstad van die dae van disrptrik ses. So asseblief, Praag, die skielike tekort aan objektiwiteit en eerlikheid is net te Naspers.

    1. Etienne hoewel ek met jou saamstem weet ons ook sulke dinge word baiekeer “toegelaat” – Wie vorm die ruggraat van die DA? Oorspronklik deur linksliberale engelse en jode begin – vir hulle is “alles geoorloof” behalwe “rassisme”. Die aussies hou doelbewus hulle inboorlinge verslaaf aan drank – die mense op die grond erken dit ook daar so hoekom kan so iets nie gebeur nie? Ek dink dit is baie laakbaar en my stand oor dwelmhandelaars is baie duidelik – doodstraf is al wat geld.

      Ek lees egter ook die artikel in die sin dat die DA ‘n vreeslike bohaai maak van hulle “goeie regering” maar die keiser is ook maar kaal as hierdie tipe van misdryf gedy in die gebied waar hulle in beheer is.

      1. Die dwelmepidemie kos miljarde agv werksverlies, sosiale verval, trauma en misdaad. SA is reeds ‘n distribusie spilpunt vir internasionale kartels. Die feit dat Kaapstad ‘n hawestad is help baie. SA polisiering is tot die been disfunksioneel. Om hierdie probleem te ondervang is ‘n nasionale strategie nodig. Die vermoee vanwee kaders en die wil van die sentrale regering ontbreek. Middel misbruik kom ‘n lang pad met die kleurlingbevolking saam, met die landswye verval van sedes, repek vir gereg, miskenning van die Christendom en inploffing van die gesinseenheid, het die probleem erg toegeneem. Hierdie is nie ‘n regionale probleem nie, dit is simptome van die totale verval van SA.

        1. Heeltemal reg – een van ons ministers se vroue was dan self betrokke by dwelmsmokkelary! Dit laat mens altyd wonder wie is nog betrokke of baat finansiëel by hierdie wandaad.
          Ek het self ‘n outjie gehad wat vakansiewerk by my gedoen het wat in hierdie nare gewoonte se kloue was – en dit is gegoede mense. Tog dink die jongmense dit is snaaks. Die voorkoms hiervan is veel groter as wat ons besef.

        2. Nou hang die rassistiese onderrok van julle DA dwepers alweer uit en dit nadat julle danksy die kleurlinge regeer! Skaam jy jou nie vir jou dubbele standaarde nie?. Zille se pedofiel vriende sal seker nie gepla wees oor dwelms nie. Vra maar vir ene Mark Lifmann wat mildelik tot die DA bydra

    2. Soos ek dit lees beweer die Praag berig nie dat die DA dwelmverslawing DOELBEWUS bevorder nie. Dit sê nie dat dwelmverslawing in die Weskaap toeneem DANKSY die DA regering nie. Dit sê, of impliseer duidelik, dat dwelmverslawing toeneem TEN SPYTE van ‘n DA regering of TERWYL ‘n DA- regering daar aan die bewind is. Aangesien ons nou praat van voorgee, gee jy voor die DA het GEEN verantwoordelikheid vir die toename van dwelmverslawing in die Weskaap nie? Waarvoor het die DA-regering dan verantwoordelikheid? Het iemand wat voorgee om ‘n regering in ‘n bepaalde gebied te wees dan nie verantwoordelikheid vir ALLES van openbare belang wat daar plaasvind, goed en kwaad nie.

Maak 'n opvolg-bydrae