Tien mense het Woensdagaand doodgebrand na ‘n botsing tussen ‘n bus, ‘n vragmotor en ‘n derde voertuig op die R40 naby Witrivier in Mpumalanga.
‘n Woordvoerder van die provinsie se Departement van Gemeenskapsveiligheid, Joseph Mabuza, sê tot dusver het die ondersoek daarop gedui dat die vragmotorbestuurder beheer oor sy voertuig verloor en teen ‘n bus en ‘n kleiner voertuig gebots het.
Die slagoffers is glo onherkenbaar verbrand in die ongeluk.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die bus was reeds in vlamme gehul toe noodwerkers op die toneel aankom en brandbestryders het lank gesukkel om die brande te blus.
Meiring het gesê 35 mense is beseer, waarvan 5 passasiers in ‘n kritieke toestand is.
Die beseerdes is na hospitale in die gebied geneem.
‘n Voorlopige ondersoek toon dat die vragmotorbestuurder beheer oor sy voertuig verloor het.
Die Mbombela-munisipaliteit in Mpumalanga het hulle meegevoel betuig met die familie van die slagoffers.
Familie van mense wat vermis word, is gevra om met die polisiestasie op Witrivier in verbinding te tree.

Word die vragmotors en busse gereeld gediens en onderhou ? Speel die oorskreiding van spoed ook ‘n rol ?
Waarvan praat jy Trip? Iets onderhou? By reels, regulasies en wetgewing hou? Hulle? Jy dink sekerlik aan die verkeerde land
Dit is reg ja. hulle het iewers die pad byster geraak en nou wonder hulle wat het gebeur. FOEITOG.
Het een van die bestuurders dalk opgevang op ‘n slapie wat hy op uitgemis het??? Of was een van hulle bietjie te “dors” vroeër die aand?
Watter soort waansin heers in ons padgebruikers? SA het seker al gevorder tot die eerste posisie in die wêreld wat betref padsterftes. Dit kan mos nie so voortgaan nie. Die regering en ander betrokke owerhede maak omtrent daagliks planne bekend oor hoe hulle hierdie slagting gaan vasvat, maar die resultate wys hulle slaan die bal mis oor wat die oorsake is en hoe om die tragedie werklik aan te pak.