’n Suid-Afrikaanse dokter wat sowat ses jaar gelede saam met haar gesin Australië toe geëmigreer het, is glo deur haar man, ook ‘n medikus, in haar bed vermoor.
Haar twee tienerseuns het haar dood in haar bed in dié land aangetref, het Beeld berig.
Dr. Leonie Geldenhuys (46) se seuns van 13 en 18 jaar oud het die polisie ontbied. Haar man, Jacobus (54), se lyk is daarna op ’n nabygeleë erf aangetref.
Die Bathurst-polisie in Wolgan Valley in Nieu-Suid-Wallis, het in ’n verklaring gesê Geldenhuys se dood word as verdag beskou, maar nie haar man s’n nie.
Die polisie het dit as ’n selfmoord bestempel. Jacobus het vermoedelik sy vrou doodgesteek.
Dr. Geldenhuys was ’n algemene praktisyn, maar haar man het sedert sy emigrasie nooit sy lisensie om te praktiseer, hernu nie.
Die Geldenhuys-gesin het in Rustenburg gewoon voordat hulle Australië toe verhuis het. Leonie het as ’n algemene praktisyn by die Platinum Health-mediese sentrum gewerk en haar man by die provinsiale departement van gesondheid.

Ek kan net die 2 kinders opdra in gebed en elke geliefde van die oorledene(s). Ander se boeke is duister.
eK WONDER NOU NET WANNEER GAAN DAAR WEER VIR N SLAG POSITIEWE NUUS DEURKOM OM MENS OP TE BEUR.
Ek het POSETIEWE NUUS vir jou!: Jou sleutelbord is nie stukkend nie – die “Caps Lock” is net aan!
Druk die heel linkerkantste sleutel – derde van onder af een keer. Dan kan jy weer in gewone letters tik. 🙂
Skaam jou, nou weet almal ek ken nie my sleutelbord nie.
Ek wil my mammie heeeee.
Heng dit is koud hier by ons innie kaap in. Dis so koud ek kan nie eers my “Caps Lock” kry nie. Jig.
Dolk sal nou moet begin prentjies teken vir jou!
Dit is alles goed en wel maar hy het nie geleer om mooi in te kleur nie.
Ek hou nie van SWART EN WIT prentjies nie. Dit mix nie mooi nie.
Ons los die inkleur vir jou en hoop jy gaan nie oor die lyne nie!! bwha ha ha ha.
OK , as dit julle houding is!
Toemaar, ek het JuliAss gesê hy moet jou hier kom help inkleur! Hy sal seker netnou daai bolwang gevreet hier wys! Al probleem die prentjie gaan NET ROOI wees!
nOU KLA JY OOR GOEIE NUUS! nOU WAT NOU? ;-))
NS Span daardie bewende “gums” in man! Jy kan ‘n rou, taai biefstuk mos lekker sagmaak – as jy hom so heen en weer tussen jou tandlose “gums” trek. (Hehehe!)
Dolk , jou “Caps Lock” is heeeeel links die derde sleutel van onder af. Iemand sonder tande het my netnou reggehelp, nou weet ek ok.
vra maar ek help graag. Terloops ek is n vegetariër.
(:-/)
Dankies man… Dolk en dOLK is dieselfde persoon (Sien die spelling – en Praag toegangskode…) – en ja, ek het verseker nog al my regte tande in my mond. 😉
Ek kan nie agter kom of jy humorsin het of gebelg voel of, dalk beide weerspieël nie… Verseker skerts ek DUIDELIK met jou.
Omnivoor.
DIT WAS NOU NIE MOOI NIE dOLK. Kan nie glo die regte Dolk sal so-iets vir Andy se nie. Of het ek my misgis met hom ?
So wragtig hier kritiseer jy alweer.
Ja
sy het wragtig haar mes in vir sekere mense, nog nie haar les gelees nie Joop, bemoeisiek as jy my vra. more vra sy almal weer verskoning.
VREDE MENSE, VREDE. Ai waar is my “Caps Lock” tog nou weer. Daarsy. Alles in n lekker luim. Dolk , nee ek lees jou mooi, niks problemsh hier by mykant. Ek geniet so n gedraakstekery. Dit is in elk geval beter as die bekgevegte wat soms losbars.
Mooi aand vir julle almal. Julle is spesiaal.
Die sleutelbord se tanne klap so dat die Cap Lock vanself aangaan!! wha ha ha haha, grapgat!
Hehehe!
En kyk hoe spel ek toe “positiewe” hierbo! Duidelik moet ek maar weg bly van “slegs hoofletters” woorde! 😉
Ja toe jy! Nee ek het gesien en toe cover ek vir jou maar neee nou gaan gee jy dit self weg!!