Minstens R4 miljard se besteding by PRASA waaroor daar nou ernstige vrae is, sluit ook ‘n bedrag van R17 miljoen in wat blykbaar uit PRASA se koffers “verdwyn” het. ‘n Voorlopige opsomming van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika se geldsake wys dat die ouditeur-generaal (OG) in die 2014-’15-boekjaar reeds die meer as R17 miljoen wat betaal is vir die
Twee Duitse joernaliste van hoogverraad aangekla
Duitsland ondersoek ‘n saak van hoogverraad teen ‘n nuuswebtuiste wat volgens berigte berig het oor planne om staatsmeeluistering van aanlyn-kommunikasie te verskerp. Volgens die Duitse media is dit die eerste keer in meer as 50 jaar wat joernaliste van hoogverraad beskuldig word. Joernaliste Andre Meister en Markus Beckedahl is in kennis gestel van die ondersoek
Lees verder: Twee Duitse joernaliste van hoogverraad aangekla
Jong vrou oorleef plaasaanval
Landelike veiligheidstrukture wat in plek is het heel waarskynlik vroeg vanoggend bygedra dat ‘n jong vrou op haar plaas by Ficksburg fisiek ongedeerd van ‘n plaasaanval afgekom het. Hoof van die plaaslike veiligheidsreaksiegroep, Jordaan Marais, sê die jong vrou bly alleen op die plaas en het omstreeks 01:00 gehoor hoe haar huis se agterdeur oopgebreek
Polisiekantoor wat plaasaanvalle moet keer onbeman
Die waarnemende polisiekommissaris vir Noordwes, Jacob Tsumane het vandag die situasie by die Assen-polisiekantoor in die verre oostelike deel van die provinsie, sterk veroordeel. Dit volg nadat die kantoor Dinsdagmiddag glo onbeman aangetref is. Die stasie bedien hoofsaaklik landbougemeenskappe. Tsumane het vanoggend in ‘n verklaring gesê die stand van sake is onaanvaarbaar. Hy het opdrag
Lees verder: Polisiekantoor wat plaasaanvalle moet keer onbeman
FBI kla ISIS-lid van bomkomplot aan
Die Amerikaanse Federale Buro van Ondersoek (FBI) het Harlem Suarez (23) van Key West, Florida, aangekla vir sy planne om ’n bom versteek in ’n rugsak te laat ontplof. Hy is ’n selfverklaarde ondersteuner van die Islamitiese Staat (ISIS). Suarez het onder die owerhede se aandag gekom nadat hy ekstremistiese boodskappe op Facebook gepubliseer het.
Hongarye voltooi versperring teen migrante vinniger
Hongarye gaan die versperring wat hulle wil oprig teen die migrantestroom, vinniger voltooi. Honderde migrante haal treine by onder meer die Gevgelija-stasie op die grens tussen Masedonië en Griekeland. Hulle probeer om deur Masedonië en Serwië te reis en die Europese Unie via Hongarye binne te dring. Hongarye het aangedui dat ’n draadversperring om migrante
Lees verder: Hongarye voltooi versperring teen migrante vinniger
Obama sluit Afrika-besoek af met vermanings en kritiek
Pres. Barack Obama het Dinsdag weer ‘n woorde-aanval geloods teen Burundi se president. Die toespraak het aan die einde van Obama se besoek aan Kenia, die geboorteland van sy pa, en Ethiopië gekom, het AFP berig. Obama is die eerste Amerikaanse president in die geskiedenis wat die Afrika-unie (AU) kom toespreek het. Albei lande is
Lees verder: Obama sluit Afrika-besoek af met vermanings en kritiek
Gewapende rowers skiet bejaarde in maag
‘n 63-Jarige vrou is in ‘n kritieke toestand nadat sy Woensdag buite ‘n huis deur gewapende swart rowers in die maag geskiet is. ‘n Motoris, (40) wat verby die huis gery het en haar te hulp gesnel het is in die been gewond. Die voorval het ongeveer 1.25nm te McCullem Straat , Brakpan-Noord plaasgevind. Volledige
Wrakstukke moontlik van verdwene MH370
‘n Ondersoekspan van Maleisië is na die ooskus van Afrika gestuur om vas te stel of wrakstukke wat naby die eiland Reunion gevind is moontlik dié van die vermiste Vlug MH370 is. Maleisië het Woensdag gesê die span van ondersoekbeamptes sal help bepaal of die wrakstukke wel van die vliegtuig is wat verlede jaar oor
Duitser vermoedelik agter Somaliese bomaanval
Aanvanklike inligting in die voortgesette ondersoek na die hotelbom in die Somaliese hoofstad, Mogadisjoe, dui daarop dat die bomaanvaller waarskynlik ’n Somalies-gebore Duitse burger was, het AFP berig. Hy het met ’n vragmotor vol plofstof in die hotel ingejaag. DNS-toetse word nou op die oorblyfsels van die oorskot van die bomaanvaller gedoen. Regeringsbronne sê die
