Die ANC in Gauteng kom vandag aan die beurt om sy standpunt te stel oor die omstrede etol-stelsel op die provinsie se hoofweë, het RSG berig. Die party sal voor die hersieningspaneel verskyn wat deur die Gautengse premier, David Makhura aangestel is. Die paneel ondersoek die sosio-ekonomiese impak van die stelsel op inwoners. Die ANC
Nuwe anti-Amerikaanse lede vir Veiligheidsraad
Die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies sal Donderdag bykomende lede verkies vir vyf setels in die raad van 15 lede. Die 193 lede van die Algemene Vergadering sal die nuwe lede aanwys wat op 1 Januarie 2015 hul poste sal opneem. Die verkose lande sal aansluit by die vyf permanente lede, Brittanje, China, Frankryk, Rusland
Jaarlikse voertuigdiefstal beloop R8,5mjd in SA
Sowat R8,5 miljard se voertuie is verlede jaar in Suid-Afrika gesteel. Van die 66 360 motors wat verlede jaar gesteel is, was 15% die gevolg van motorkapings, het die Suid-Afrikaanse buro vir versekeringsmisdaad (Sabic) Maandag gesê. Sowat R5 miljard se motors wat gesteel is, is land-uit geneem, het Hugo van Zyl, uitvoerende hoof van die
Lees verder: Jaarlikse voertuigdiefstal beloop R8,5mjd in SA
Nigerië talm met uitkenning van rampslagoffers
Die Suid-Afrikaanse regering het berigte ontken dat gespanne betrekkinge tussen Suid-Afrika en Nigerië ‘n probleem geskep het om die oorskot van slagoffers van ‘n kerkramp terug te bring. Die troebel verhoudinge tussen die twee lande is glo die oorsaak van vertragings om die liggame van Suid-Afrikaners wat in Lagos dood is, na die land terug
Jonathan Jansen wil geen Suid-Afrikaner as viserektor by Kovsies
In sy drif om die Universiteit van die Vrystaat van Afrikaners en selfs Suid-Afrikaners te suiwer, moedig die omstrede rektor, Jonathan Jansen, slegs buitelanders aan om vir die vakante pos van viserektor aansoek te doen. Dié pos het juis ontstaan omdat Jansen die bekwame dr. Driekie Hay sonder rede soos ‘n hond weggejaag het. Sy
Lees verder: Jonathan Jansen wil geen Suid-Afrikaner as viserektor by Kovsies
praag-webblaaie loop nou op splinternuwe apparatuur
Geagte leser, Nadat ons tegniese span oor die naweek baie hard gewerk het, kan ons aankondig dat beide praag.co.za en praag.org nou op ‘n splinternuwe en veel kragtiger bediener gehuisves word. Vroeg vanoggend was daar skielik ‘n probleem met die goedjies (widgets) aan die kant van en bokant die blaaie, maar mettertyd het ons na
Lees verder: praag-webblaaie loop nou op splinternuwe apparatuur
Malema ontken dat hy Namibiese byeenkoms sou bywoon
Die leier van die Economic Freedom Fighters (EFF) in Suid-Afrika, mnr. Julius Malema, het ontken dat hy die bekendstelling van die Namibian Economic Freedom Fighters (NEFF) se verkiesingsmanifes die afgelope naweek sou bywoon. Die bekendstelling het Saterdag by die UN Plaza in Windhoek, Katutura plaasgevind en is deur drie lede van die EFF bygewoon, het
Lees verder: Malema ontken dat hy Namibiese byeenkoms sou bywoon
Skietery op paaie in KZN eis 14
Die paaie rondom Ezakheni, Ladysmith het dié naweek in die Wilde Weste ontaard toe 14 swartes doodgeskiet is twee verbyry-skietaanvalle. Dit is nog nie bekend of dié voorvalle verwant is nie. In die eerste voorval het ’n Mercedes-Benz met vyf insittendes van Peters Road, naby Ezakheni, afgejaag in ’n poging om van ’n ander, onbekende
‘Wes-Kaap moet onafhanklike federale Bruin staat word’
Peter Marais, voormalige Wes-Kaapse premier en oud-burgemeester van Kaapstad, het by die Maynardville-jeugfees in Wynberg, Kaapstad, gesê bruines wil ’n onafhanklike federale Wes-Kaap hê. Die onderleier van die Bruin Belange Beweging (BBB) het aan Media24 gesê die opkoms van bruin nasionalisme is te danke aan die verslag van die Verenigde Nasies se gesant oor inheemse
Lees verder: ‘Wes-Kaap moet onafhanklike federale Bruin staat word’
Oproermakers sluit Goue Hoofweg
Die verkeersvloei op die Goue-hoofweg verby Lenasia is Maandagoggend weens oproer erg ontwrig. Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie (JMPD), het padgebruikers gemaan om alternatiewe roetes te gebruik omdat die situasie gevaarlik is. “In dié stadium kan ons nie sê wat die oorsaak van die protesaksie is nie. Motoriste moet die hoofweg vermy omdat
