Suid-Kapenaars gevra om uit te kyk vir vreemde items in die see

Die polisie in die Suid-Kaap het vakansiegangers gevra om uit te kyk vir vreemde items wat in die see dryf. Dié oproep volg nadat sakke wat vermoedelik met kokaïen ter waarde van R50 miljoen gevul is, op die strand tussen Mosselbaai en Klein Brakrivier uitgespoel het. Die polisie sê die sakke is na ‘n laboratorium

Lees verder: Suid-Kapenaars gevra om uit te kyk vir vreemde items in die see

Dodetal op paaie hoogste in SA se geskiedenis

Die dodetal vir 2013 se feesseisoen gaan die hoogste in die Suid-Afrikaanse geskiedenis wees. Die aantal sterftes kan so hoog wees soos 1736, sê ‘n bestuursvaardigheidspesialis Rob Handfield-Jones. Handfield-Jones was Vrydagoggend op AM Live waar hy gesê het in 2008/2009 was die voorlopige dodetal tydens die feesseisoen 937. Hy sê dié syfer kan met 15% styg tot

Lees verder: Dodetal op paaie hoogste in SA se geskiedenis

Vrae heers oor dood van Rwandese intelligensiebeampte

Vrae heers oor die dood van ‘n voormalige Rwandese senior militêre intelligensiebeampte, wat verwurg in sy kamer in ‘n spoghotel aangetref is, het die SABC berig. Kolonel Patrick Karegeya is op Nuwejaarsdag dood aangetref. ‘n Lid van die opposisieparty in die sentrale Afrika-land sê Karegeya is vermoor, maar die Rwandese hoë kommissaris in Suid-Afrika ontken

Lees verder: Vrae heers oor dood van Rwandese intelligensiebeampte

Lina Spies oor Flip Buys se Afrikaner

Ek het al kommentaar gelewer (Praag 8 Des) op Flip Buys se onlangse opmerkings oor die Afrikaner (Maroelamedia 4 Des). Die Burger en Beeld het heelwat later dit wys geag om Buys se teks te herpubliseer. Lina Spies het pas in ‘n brief daarop gereageer (Die Burger, 2 deser, p 13). Spies is ‘n gevierde

Lees verder: Lina Spies oor Flip Buys se Afrikaner

Natuurliefhebbers ontstoke dat olifantbul vankant gemaak is

Natuurliefhebbers is ontstoke oor die Nasionale Krugerwildtuin se besluit om ‘n olifantbul vankant te maak nadat ‘n paartjie aangeval is in hulle voertuig. Die aanval het by ‘n watergat by Pretoriuskop gebeur terwyl die twee die olifant afgeneem het. Die paartjie is ongedeerd maar die man is vir skok behandel. Die 30-Jarige Britse toeris is

Lees verder: Natuurliefhebbers ontstoke dat olifantbul vankant gemaak is

Fidel Castro se stryd teen die VSA in Afrika

Deur Madelein Jacobs Onlangs was Fidel se broer Raul Castro in Suid-Afrika vir die begrafnis van Mandela. Hier het President Obama sy blad geskud. VSA President John F Kennedy sou dieselfde gedoen het. JFK het op 23 Oktober 1963 gese: “… there is no country in the world including any and all the countries under

Lees verder: Fidel Castro se stryd teen die VSA in Afrika

Klopse nie op Tweede Nuwejaar gehou nie

Die Kaapse Klopse-karnaval wat tradisioneel op Tweede Nuwejaar in Kaapstad gehou word, sal nie vandag plaasvind nie. In die verlede is dit altyd op die dag na Nuwejaar gehou. Die stad sê egter dié jaarlikse instelling is na Saterdag verskuif uit respek vir die Moslemsabat wat vanaand begin. ‘n Woordvoerder van die stad, Grant Pascoe sê

Lees verder: Klopse nie op Tweede Nuwejaar gehou nie

Monaco se koninklikes besoek Mvezo

Prince Albert en Prinses Charlene van Monaco het Woensdag Mvezo, in die Oos-Kaap, asook die omliggende dorpe besoek, het Mandela se kleinseun Mandla Mandela gesê. “Die koninklike huis van Mandela is opgewonde om die Prins en Prinses van Monaco hier in Mvezo , die geboorteplek van Nelson Mandela te ontvang, ” het hy gesê in

Lees verder: Monaco se koninklikes besoek Mvezo

Poetin beloof ’totale uitwissing’ van terroriste

Die president van Rusland, Wladimir Poetin, het sy stilswye verbreek na twee dodelike selfmoordbomaanvalle voor die Winterspele in Sotsji. Hy het die stad Volgograd besoek nadat twee dodelike ontploffings deur vermeende Tsjetsjeense terroriste op agtereenvolgende dae die lewens van minstens 34 mense geëis het. Poetin het ook met die veiligheidsdiens en die minister van binnelandse

Lees verder: Poetin beloof ’totale uitwissing’ van terroriste

Moslemgeweld teister Afrika-vasteland

Moslemgeweld teister die vasteland van Afrika nadat minstens tien mense omgekom het na twee selfmoord-bomaanvalle by die Jazeera Palace-hotel in die Somaliese hoofstad, Mogadishu. Regeringsoldate is ook in die jongste aanvalle beseer. Verlede week is sewe mense in ‘n bomaanval op ‘n restaurant in Mogadishu dood. Die Islamitiese groep, al-Shabaab, wat glo verantwoordelik was vir die

Lees verder: Moslemgeweld teister Afrika-vasteland