Klopse nie op Tweede Nuwejaar gehou nie

klopseDie Kaapse Klopse-karnaval wat tradisioneel op Tweede Nuwejaar in Kaapstad gehou word, sal nie vandag plaasvind nie.

In die verlede is dit altyd op die dag na Nuwejaar gehou.

Die stad sê egter dié jaarlikse instelling is na Saterdag verskuif uit respek vir die Moslemsabat wat vanaand begin.

‘n Woordvoerder van die stad, Grant Pascoe sê meer mense sal sodoende aan die feestelikhede kan deelneem of kan bywoon.

Sowat 70 geselskappe vorm deel van die optog wat in Keizergracht begin, en daarna in Adderleystraat opbeweeg. Die optog sal die Bo-Kaap eindig.

Sowat 60.000 toeskouers word verwag.

Die Klopse het met die stadsraad ooreengekom om nie ANC-kleure te dra ter herdenking van Mandela se afsterwe nie.

Maak 'n opvolg-bydrae