Monaco se koninklikes besoek Mvezo

Johann Rupert en Albert van Monaco
Voor: Tutu, Johann Rupert en Albert van Monaco

Prince Albert en Prinses Charlene van Monaco het Woensdag Mvezo, in die Oos-Kaap, asook die omliggende dorpe besoek, het Mandela se kleinseun Mandla Mandela gesê.

“Die koninklike huis van Mandela is opgewonde om die Prins en Prinses van Monaco hier in Mvezo , die geboorteplek van Nelson Mandela te ontvang, ” het hy gesê in ‘n verklaring . Hy is die hoof in die gebied.

Die egpaar sou die gebied besigtig om maniere te vind hoe hulle kan help om die plaaslike bevolking op te hef. Die prins en prinses sal ook ingelig word oor dwelmmisbruik in die gebied.

Mandela het gesê tydens die feesseisoen is drie bejaarde familielede vermoor, na bewering deur hul kinders.

“In een geval het ‘n seun sy ouma doodgesteek en ons vermoed dat hy onder die invloed van dwelms was, wat een van die uitdagings in hierdie gebied is.”

Die prins en prinses sal op hoogte gehou word oor die rouproses van die swart koninklikes

Mandela is in Qunu begrawe op 15 Desember.

Winnie tree tot Mandela-erfgename se geveg toe

Winnie Mandela het die standaard gestel wat kopdoeke betref, wat Koos Bekker en Piet Croucamp nou volg
Winnie Madikizela-Mandela

Winnie Madikizela-Mandela het tot die geveg tussen oudpresident Nelson Mandela erfgename toegetree deur haar steun aan Mandela se oudste dogter te verklaar.

Sy sê koerantberigte wat beweer daar is gevegte binne die Mandela-familie is van alle waarheid ontbloot.

Sy sê daar is “geen debat” oor opvolging in die Mandela-familie nie, in weerwil van talle bewyse dat die familie stry oor Mandela se nalatenskap.

Mandela se gewese vrou het haar steun aan Mandela se oudste dogter Makaziwe toegesê in die geveg tussen haar en Mandela se kleinseun.

Madikizela-Mandela het die media in ‘n verklaring beskuldig van insinuasies wat ontwerp is om die familie in oneer te bring.

Sy het gesê gewoontereg en tradisie bepaal dat Makaziwe die hoof van die familie word. Volgens Madikizela-Mandela sal Makaziwe besluite neem met die steun van haar susters Zenani en Zindzi.

Sy sê Mandela se oudste kleinseun Mandla is deel van die volgende generasie, en sal hom daarom moet hou by Makaziwe se besluite.