Aansteeklike siektes en beserings dood byna die helfte van SA

Statistiek Suid-Afrika het ‘n verslag vrygestel oor die top 10 grootste oorsake van sterftes in Suid-Afrika, wat gebaseer is op doodskennisgewings wat deur die Departement van Binnelandse Sake bygewerk word.

Die voorste oorsake van natuurlike sterftes onder Suid-Afrikaners in 2015 was tuberkulose en diabetes.

Tuberkulose is verantwoordelik vir 8,3 persent van sterftes onder mans, terwyl diabetes onder vroue die voorste onderliggende natuurlike oorsaak van dood verantwoordelik is met 7,1 persent.

Tuberkulose word dikwels geassosieer met MIV/vigs. ‘n Aansienlike vermindering in die aantal sterftes aan tuberkulose is nogtans waargeneem, maar leefstylsiektes soos diabetes is aan die toeneem.

Die data wat gebaseer is op rekords van 2015, het bevind dat die grootste aantal sterftes wat daardie jaar plaasgevind het, onder mense tussen die ouderdomme van 60-64 jaar oud was, terwyl die laagste getal waargeneem is tussen die ouderdom van 5-9 en 10-14 jaar.

Volgens die verslag, was daar meer manlike sterftes as vroulike sterftes in 2015. Oor helfte van alle sterftes (55.5 persent) is toe te skryf aan nie-oordraagbare siektes.

Oordraagbare siektes is verantwoordelik vir 33,4 persent van sterftes, terwyl beserings die leidende geval van nie-natuurlike sterftes is, en verantwoordelik vir 11.1 persent van sterftes.

Die instelling se resultate het getoon dat ses van die top tien oorsake weens nie-aansteeklike siektes was, terwyl die ander vier aansteeklike siektes was.

Vyf beseer in Upington-ongeluk

Vyf mense is beseer in ‘n motorongeluk op die N14 by Upington waarin vier motors betrokke was.

ER24-woordvoerder, Russel Meiring, sê vier mans en ‘n vrou is beseer op die toneel gevind. Hulle het minder ernstige beserings opgedoen.

Nadat paramedici die beseerdes op die toneel behandel het is hulle afgevoer na die Upington-hospitaal vir verdere behandeling.

Die polisie ondersoek die ongeluk.

Padongelukke eis ekwivalent van drie Boeings wat neerstort

ongelukDie werklike dodetal weens padongelukke is pas bevestig: Die afgelope Feesseisoen het meer as 1.500 lewens op die paaie geëis.

Dipuo Peters, die minister van vervoer, het vroeër gesê die slagting op die land se paaie was die ekwivalent van drie Boeing 747’s wat in Suid-Afrika verongeluk.

“Stel jou voor wat sal gebeur as drie vliegtuie van die grootte neergestort het in Suid-Afrika. Dit sal ‘n katastrofe wees,” het sy gesê.

Peters het gesê die Departement van Vervoer en sy agentskappe is verbind tot Verenigde Nasies se doelwit om padsterftes teen 2020 te halveer.

KwaZulu-Natal was heel bo-aan met 307 sterftes, gevolg deur Gauteng met 302.

Drank en spoed was die hoofoorsake van die sterftes, het ‘n woordvoerder van die Padverkeersbestuurskorporasie, Thato Mosena, gesê .

Sy sê daar is 1.287 noodlottige ongelukke aangemeld, wat tot 1.537 sterfgevalle gelei het.

Die minste padongelukke het in die Noord-Kaap, waar die paaie minder besig is, voorgekom. Daar was slegs 49 sterftes.

Mosena het ook ‘n beroep op motoriste gedoen om die padreëls na te kom.

Dodetal op paaie hoogste in SA se geskiedenis

accident(P)Die dodetal vir 2013 se feesseisoen gaan die hoogste in die Suid-Afrikaanse geskiedenis wees. Die aantal sterftes kan so hoog wees soos 1736, sê ‘n bestuursvaardigheidspesialis Rob Handfield-Jones.

Handfield-Jones was Vrydagoggend op AM Live waar hy gesê het in 2008/2009 was die voorlopige dodetal tydens die feesseisoen 937.

Hy sê dié syfer kan met 15% styg tot 20% teen die tyd dat die 30 dae wagtydperk vir verkeersterftes afgehandel is.

Dit beteken dat 2013 se Kersfees die eerste feesseisoen kan word waarin meer as 2000 verkeersterftes plaasgevind het.

Jones sê die toename in die dodetal kan toegeskryf word aan die lisensiëringstelsel wat in duie gestort het.

Hy sê korrupsie en omkopery is een van die groot uitdagings in die lisensie-afdeling.

Jones het ook die skuld gepak op die Road Traffic Management Corporation (RTMC) vir sy gebrek aan leierskap en hy het ook ‘n beroep op alle motoriste gedoen om die reëls van die pad te gehoorsaam.

Druk verkeer word van vandag af op die land se paaie verwag met vakansiegangers wat terugkeer huis toe.

Volgens die Gautengse verkeersdepartement is verkeersbeamptes op die provinsie se paaie slaggereed vir die groot terugtog.

Die N1, N2, N3 en die N4 sal na verwagting druk besig wees.

Owerhede by die land se grensposte verwag die groot toeloop van vandag af.

Veral die Lebombo-grenspos naby Komatipoort op die grens na Mosambiek, sal na verwagting besonder besig wees en sal 24 uur beman word.

Sowat 600.000 Mosambiekse mynwerkers en vakansiegangers het die grens net in Desember oorgesteek.

Elf dood toe bus vragmotor verbysteek

busongelukElf mense is dood in ‘n busongeluk op die N1 naby die Capricorn-tolhek in Limpopo.

Die polisie sê die bus het in ‘n motor vasgery nadat dit ‘n vragmotor verbygesteek het.

‘n Polisiewoordvoerder, Hangwani Mulaudzi, sê vyf insittendes van die motor en ses buspassasiers is dood.

Beseerdes is na die Utsogwa-hospitaal geneem.

Volgens Mulaudzi is ‘n ondersoek reeds aan die gang. In September het ‘n bus en vragmotor verongeluk wat die lewens van twee mense geëis het op dieselfde pad.

 

Die ongeluk kom nadat 30 mense vroeër dié maand dood is toe vier voertuie gebots het by Kwaggafontein in Mpumalanga.

Twee vragmotors, ‘n bus en bakkie was op die Molotopad in ‘n kettingbotsing betrokke waarin 29 mense beseer is.

In September, is 24 mense dood toe ‘n vragmotor in ‘n minibus gepleog het in Pinetown, in KwaZulu-Natal. – Sapa

Twee padongelukke eis 22

In twee afsonderlike padongelukke die afgelope paar dae is 22 mensen dood en 25 ander beseer.

Na een kop-aan-kop botsing naby Bothaville in die Vrystaat Sondag, het 15 mense omgekom en 20 is erg beseer na ‘n hospitaal gebring.

‘n Minibustaxi het, in ‘n ander voorval, van ‘n brug af gejaag naby Rosslyn en op sy dak te lande gekom.

Sewe insittendes van die taxi is dood en nog vyf beseer.

Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend.

вылечить пародонтозтопкарго развод

10 dood in Kaapse taxibotsing

Tien passasiers is dood en nege ander is ernstig beseer toe 'n Toyota Quantum omgeslaan het nadat dit tussen Beaufort-Wes en Aberdeen in die Weskaap in 'n bus vasgery het, het die polisie vanmôre laat weet.

Blykbaar het die bestuurder van die taxi gepoog om die bus verby te steek toe hy omstreeks 10 nm. Sondagaand beheer oor die voertuig verloor het, het kaptein Malcom Pojie gesê.

Die taxi het omgeslaan voordat dit langs die pad tot stilstand gekom het.

"Onder diegene wat in die botsing omgekom het, is vier vroue, vyf mans en 'n seun. Ses ander volwassenes en drie kinders, waaronder 'n 10-maande-oue babadogtertjie en twee seuns van twee en 10, is met ernstige beserings hospitaal toe geneem," het hy gesê.

Die bestuurder van die Quantum is tussen die oorlewendes. Geen van die passasiers in die bus is beseer nie.

Pojie het gesê die polisie ondersoek 'n saak van strafbare manslag en het bygevoeg dat 'n padwaardigheidstoets op die bus vandag uitgevoer sal word.

купити конструктор леголобановский депутат