Die dodetal vir 2013 se feesseisoen gaan die hoogste in die Suid-Afrikaanse geskiedenis wees. Die aantal sterftes kan so hoog wees soos 1736, sê ‘n bestuursvaardigheidspesialis Rob Handfield-Jones.
Handfield-Jones was Vrydagoggend op AM Live waar hy gesê het in 2008/2009 was die voorlopige dodetal tydens die feesseisoen 937.
Hy sê dié syfer kan met 15% styg tot 20% teen die tyd dat die 30 dae wagtydperk vir verkeersterftes afgehandel is.
Dit beteken dat 2013 se Kersfees die eerste feesseisoen kan word waarin meer as 2000 verkeersterftes plaasgevind het.
Jones sê die toename in die dodetal kan toegeskryf word aan die lisensiëringstelsel wat in duie gestort het.
Hy sê korrupsie en omkopery is een van die groot uitdagings in die lisensie-afdeling.
Jones het ook die skuld gepak op die Road Traffic Management Corporation (RTMC) vir sy gebrek aan leierskap en hy het ook ‘n beroep op alle motoriste gedoen om die reëls van die pad te gehoorsaam.
Druk verkeer word van vandag af op die land se paaie verwag met vakansiegangers wat terugkeer huis toe.
Volgens die Gautengse verkeersdepartement is verkeersbeamptes op die provinsie se paaie slaggereed vir die groot terugtog.
Die N1, N2, N3 en die N4 sal na verwagting druk besig wees.
Owerhede by die land se grensposte verwag die groot toeloop van vandag af.
Veral die Lebombo-grenspos naby Komatipoort op die grens na Mosambiek, sal na verwagting besonder besig wees en sal 24 uur beman word.
Sowat 600.000 Mosambiekse mynwerkers en vakansiegangers het die grens net in Desember oorgesteek.

Ten aanskoue van die foto hierbo geplaas, sou dit enigsins dien as afskrikmiddel indien daar orals op die hoofpaaie sulke foto’s aangebring word ?
Handfield-Jones het die situasie goed opgesom. Korrupsie, bedrog, wetteloosheid en verontagsaming van padreels is die hoofoorsaak van padsterftes.
***
Op ‘n ander noot – ek hoop en bid steeds vir Schumi se herstel en ook, baie geluk met die herdenking van sy geboortedag vandag !
n Mens mag seker nie se dat al hierdie ongelukke veroorsaak word deur onbeskaafde mense wat oor geen verantwoordelikheidsin beskik nie – en nooit n lisensie moes kry nie – so ek sal dit liewer nie se nie.
Met ons ryery hierdie Desember het dit my opgeval hoeveel voertuie langs die pad onklaar geraak het. Ongeveer 20 Des het ons 57 gevalle van onklaar voertuie van Pietersburg na Pretoria getel. 25 Des – 41 onklaar voertuie tussen Pta en Pietersburg. 26 Des 29 onklaar voertuie tussen Pietersburg en Pta. Ook een lelike ongeluk waar ‘n voertuig op sy dak in die teenoorgestelde kant van die snelweg beland het. Dit was ‘n nuwe voertuig. Die wat gestop het om die sypaadjie nat te gooi is nie getel nie
Wat my opgeval het was hoeveel daarvan pap bande was, oral was mense besig om bande te ruil op beide ou en nuwe voertuie – is daar so baie gemors op die pad? Is dit doelbesuste sabotasie? Die padoppervlak self lyk nie sleg nie so wat veroorsaak hierdie? (Daar was ook heelwat seker meer as 50% van die voertuie wat relatief nuut was – jonger as 2-3 jaar wat gestaan het.
Verder op die N14 tussen die N1 en R55 dam die water op – die dreinering van die N14 is daar verstop deur gras wat te na aan die pad te hoog groei – die water is omtrent so 100mm diep daar – as jy in die nag ry en so iets tref teen 120km/h wat is die kans dat jy beheer oor jou voertuig gaan behou?
Hoeveel dra die toestand van die paaie by tot hierdie situasie? Dit kan nie net bestuurders en onpadwaardige voertuie wees nie. Daar was ook weer omtrent 50% van die gevalle wat voetgangers was – Kyk hoeveel van hulle is deesdae op ons snelweë, en daar word niks aan gedoen nie.
So terloops – ek het vanoggend ‘n aanmanings sms van SANRAL ontvang maar nog niks in die pos nie. Toe skakel ek maar en vra vir ‘n afskrif van die rekening – toe wil hulle my adres weet – my antwoord was: “Kyk op julle stelsel. ”
Ja daar is baie bestuurders wat