Elf mense is dood in ‘n busongeluk op die N1 naby die Capricorn-tolhek in Limpopo.
Die polisie sê die bus het in ‘n motor vasgery nadat dit ‘n vragmotor verbygesteek het.
‘n Polisiewoordvoerder, Hangwani Mulaudzi, sê vyf insittendes van die motor en ses buspassasiers is dood.
Beseerdes is na die Utsogwa-hospitaal geneem.
Volgens Mulaudzi is ‘n ondersoek reeds aan die gang. In September het ‘n bus en vragmotor verongeluk wat die lewens van twee mense geëis het op dieselfde pad.
Die ongeluk kom nadat 30 mense vroeër dié maand dood is toe vier voertuie gebots het by Kwaggafontein in Mpumalanga.
Twee vragmotors, ‘n bus en bakkie was op die Molotopad in ‘n kettingbotsing betrokke waarin 29 mense beseer is.
In September, is 24 mense dood toe ‘n vragmotor in ‘n minibus gepleog het in Pinetown, in KwaZulu-Natal. – Sapa
